Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Set se woord van dank

161 Toe beide die woorde van Abedam gehoor het, dank hulle hom van harte en die bodem van hulle harte spring oop en `n helder vlam van die ware liefde ontvlam. En so herken Set ook vir Abedam en sê daarop, vervul met innige ontroering:

[2] "O heilige Vader! Nou eers het ek uit `n nagenoeg meer as agthonderd jaar lange slaap ontwaak en sien nou baie duidelik geskets wat U oneindige Vaderliefde alles doen om U skepsels werklik te laat herleef en hulle selfstandig en vry te maak en hulle dan op te voed en te verhef tot U ware kinders, sodat hulle dan in die hoedanigheid, ook naas U, goeie Vader, iets sou kan en moet wees!

[3] Uit liefde vernietig U wêrelde voor hulle oë, sodat hulle hulle nietigheid en die alomvattendheid van U heilige liefde sal erken!

[4] U verberg Uself weer vir hulle, sodat hulle U sou soek en met die heilige soek die wêreld en haar verganklike bekoring sou vergeet!

[5] Wie U ooit onryp benader het, wys U saggies terug en plaas hom op `n goeie aardbodem, sodat hy des te vinniger ryp kan word en dan met velerlei vrugte belaai tot U sou kan terugkeer en U beloon hom ook nog daarby, omdat hy homself deur U oneindig laat bemin en met tallose liefdesdade van die lewe geduldig laat oorlaai!

[6] Reeds lank gelede bespeur en sien U die groot louheid van ons harte. Maar in plaas daarvan om ons welverdiend te straf, kom Uself ons sigbaar opsoek en het ons geleer en leer ons nog steeds deur heilige woorde en heilige dade, om Uself en dus ook die ewige lewe in ons te herken!

[7] Hemel en aarde en dus ook alle elemente stel U ter wille van ons, sigbaar in die meeste verbasingwekkende beweging en U laat selfs deur die ontstellende donder U groot liefde en erbarming aan ons dowe ore predik; en deur die mees felle, krakende bliksem wek U ons oë, in diepe doodslaap versonke, sodat hulle die werke van U oneindige Vaderliefde sal aanskou, ja sodat hulle U, Uself, sal aanskou, o heilige Vader!

[8] O Vader! Wie kan U ooit genoeg liefhê, wie kan U ook maar nouliks vir die helfte van `n duisendste deel bedank ooreenkomstig `n oneindig kleinste deel van wat `n kind betaam vanweë die kinderlike verpligting?!

[9] O goeie Vader! My hart, brei jou nou wyd uit, ja brei jou verder uit as die sigbare hemel! En jy, opnuut ontwaakte, heilige vlam van die ware liefde, vul my wyd uitgebreide hart van onder tot bo, sodat ek tog eindelik in staat is om U, o heilige Vader, vanuit al my kragte, ja bo al my kragte uit lief te hê!

[10] Nou eers kom as helder stralende sterre al die woorde in my op wat jy, Henog, in die Naam van die Vader so dikwels tot my gespreek het; ja, nou eers word alles vir my duidelik. Vanaf my eerste kinderjare voel ek dat in elke windjie wat met my hare speel, in elke doudruppeltjie wat my voete natmaak, ja in alles wat my ooit aanraak, ja selfs elke droom, `n werk van U oneindige liefde was, o heilige Vader!

[11] Aanvaar nou vir alles my dank, my opregte dank, wat ek U van nou af aan onophoudelik en vir ewig sal betuig in alle liefde wat my hart ook maar kan opbring, en met U barmhartigheid sal ek daartoe ook sekerlik, wel hoe langer, hoe meer in staat wees!

[12] O, as ek nou hardop sou mag roep, as ek U nou sou mag bekend maak! Waarlik, netsoos kort gelede toe die geraasmakende elemente my stem verdoof het, sou ek, o Vader, hulle nou graag met my lof aan U wil verdoof!

[13] Maar, o Vader, vergeef my as ek miskien te veel praat! Maar wie kan Sy liefde matig wie U, o Vader, herken het, en wie kan hier te veel doen?! Wie kan U te veel loof, wie kan U te veel dank?!

[14] Wie se hart kan homself ver genoeg uitbrei om die onuitspreeklike grootte van U erbarming, U geduld, U lankmoedigheid, ja, die oneindige grootte van U Vaderliefde op te neem?!

[15] O Vader, heilige, goeie, beste Vader! My hart is vir ewig totaal as dank aan U opgeoffer; neem dit barmhartiglik aan, ons aller liewe, heilige Vader! O, neem dit van ons almal aan! U wil geskied, Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205