Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Abedam, die Hoë, en die vyf soekendes na die lig. Nie ondersoek nie, maar liefhê lei tot lewe

165. Gelyktydig met die vier vroeër genoemdes, bereik die oorblywendes van die sewetal die woning van Adam, stap binne en vind daar die vyftal in `n goeie stemming by moeder Eva.

[2] Toe hulle die woning binnekom, stap Abedam onmiddellik op die vyftal af en sê aan hulle: "Sê My nou wat julle gevind het gedurende die tyd wat ons afwesig was! En watter uitwerking het My Woord op julle gehad? Het dit julle vernuwe of het julle by jul ou sienswyse gebly? Sê dit nou vir My vanuit julle harte!"

[3] En eerste spreek Enos oor homself: "Ek het in my `n lig gesien; dit was kragtig en geweldig verlig. Ek wou weet waar dit vandaan gekom het en sien, die lig gaan uit en ek sien die binneste van my liggaam nie meer nie!

[4] Daarop vra ek aan my hart waar die lig Sigself verberg. En my hart bly swyg en ek vra dit vir die tweede en vir die derde maal, maar my hart bly stom en tot nou toe het dit stom gebly!

[5] Sien, dit was alles wat ek gevind het! `n Swygende hart, dit is alles - saam met die gedoofde lig!"

[6] En Abedam antwoord hom: "As jy in plaas van ondersoek, Diegene liefgehad het wat jou sedert ewig liefgehad het, sou jou hart nie stom geword het nie, maar sou jy die lig en die woord daarin gekry het!

Maar jy wou alleen maar weet, - en sien, die kennis is vir die lewe wat die geur van verrotting is vir die lig! Deur hierdie walm doof jy die lewe en daarmee ook sy lig in jou hart, daarom word dit duister in jou en word jou hart stom!

[7] So sal nog baie gaan op die aarde! Wie egter sal wees netsoos jy, vir hom sal dit moeilik wees om weer die lewe en sy lig te verkry!

[8] Maar wil jy lewe, hou dan op met jou ondersoek om te weet, vul egter in die plek daarvan jou hart met liefde, dan sal jy met die terugwen van die lewe ook die lig in voldoende mate daarby verkry!

[9] As alle mense hulle kennis sou byeenbring, sou hulle God daardeur ook maar `n haar beter leer ken?!

[10] Watter verskil is daar tussen iemand wat die wette bestudeer en iemand wat dit in ag neem?

[11] Word die student nie doodgemaak deur die verwarring van die wette nie - en kom diegene wat die wette in ag neem, nie juis deur die wette tot lewe nie?!

[12] Jy sou aan My kan sê - "Maar moet `n mens dan nie eers die wet in sy kennis opneem, voordat dit moontlik word om dit na te kom nie?!"

[13] Ek sê vir jou, jy het gedeeltelik gelyk; maar, om jou tot die ware lig te lei, wil Ek jou `n gelykenis vertel en jyself sal daaruit leer en dan oordeel:

[14] Gestel dat jy twee dienaars sou hê wat jou dien: Die een sou homself, as jy hom werk sou gee, oor die gegewe opdrag op wetenskaplike wyse die hoof breek en sou die hele dag niks anders doen as bestudeer wat jou opdrag wel sou beteken en wat daarin verborge sou wees nie.

[15] Maar die ander wil nie veel daaroor nadink nie, maar begin dadelik uit liefde vir jou, jou wil in die daad omsit.

[16] Sê my eers, watter een van die twee dienaars sou jy behou het en inwy in baie van die geheime en wense van jou hart?

[17] Sekerlik nie die wetenskaplike ondersoeker van jou wil nie, maar wel diegene wat altyd jou wil sou doen!

[18] Meen jy nou dat dit by God anders is? O nee, sê Ek jou, by God is dit presies net so, want Hy waardeer ook geen ondersoekende nie, maar altyd maar net `n gees wat uit liefde werksaam is!

[19] Doen jy nou ook so, dan sal jy lewe en sal jy in `n minuut meer van die groot Heer en Vader ervaar as met al jou wysbegeerte in duisend jaar!

[20] Sluit dit in jou hart en handel daarvolgens! Amen."

[21] Verder sê Abedam aan Kenan: "Toon jy ook jou hart vir My! Wat het jy gevind?"

[22] En Kenan antwoord: "Waarlik, ook met my gaan dit nie beter as met vader Enos nie! Ook vir my oë vlieg dinge verby wat daar uitsien as geweldige ligtende bliksems; maar ek kon hulle nie volg nie. Te vinnig versink hulle agter die verre horison en dan bedek die digste duisternis die aardbol. Ek moes daarop met groot angs bemerk hoe ontoereikend en hoe erg langsaam menslike kragte is om `n verbytrekkende lig in te haal!

[23] Maar om my hart te vra, beteken so veel as om `n klip te ondervra! Wie kan weet wat daarin verborge is? Vir my gee dit geen antwoord nie!

[24] Ek was immers wel aanwesig toe Emmanuel Abba ons geseën het; maar Sy seën moes by my, netsoos my vroeër aanskoue lig, verbygetrek het, sonder om meer as net my oë aan te geraak het!"

[25] En Abedam antwoord hom: "Netsoos dit met jou gaan, so sal dit op `n tyd met baie en vir baie lank gaan, omdat ook hulle die dood in die wêreldse wysheid sal vind. Hulle harte sal soos klip word. Hebsug sal die gevolg wees. Dit sal nyd, inhaligheid en doodslag met homself meebring, en die gierige sal `n mens in sy steeds ten eie bate aangewende spaarsaamheid `n held van die deug noem. Dan sal groot armoede baie se lot wees en die dood die lot van nog meer!

[26] Maar as jy wil lewe, doen dan dit wat Ek vir Enos aangeraai het! Amen."

[27] En verder vra Abedam aan Mahalalel: "Wat het jy dan wel in jou gevind? Deel dit aan My mee!"

[28] En Mahalalel antwoord: "Waarlik, met my gaan dit nog slegter as met my vaders! Hulle het tenminste nog `n lig gesien, - ek egter niks anders as oral nag nie, ja niks meer as `n koue nag nie!

[29] Ek is deur en deur dor en leeg. Waar ek ook maar klop, klink dit hol en leeg. En toe ek na die hemel opkyk, sien ek dat dit brons was en geen straal van ook maar die allergeringste hoop op `n meer helder lewe, deurlaat nie.

[30] Ek ween oor die groot armoede in my eie hart; maar die sand van my woestyn verslind ook die trane en nou kan ek ook nie meer huil nie en lyk geheel en al soos `n klip.

[31] Sien, dit het ek gevind en ondergaan dit tans nog tot op `n klein verligting na, wat ek nou in U nabyheid bespeur!"

[32] En Abedam antwoord hom: "Netsoos wat dit nou met jou gaan, sal dit eens in die allerlaatste tyd, met onnoemlik baie gaan!

[33] Maar jy is gelukkig dat jy die groot benoudheid in jouself herken; want `n dergelike erkenning is ook `n groot lig. Die ander wat later kom, sal hulle dood egter nie herken nie. As `n boomstam in die woud gesterf het, sal die wurm binne-in die stuk knaag en hy sal nie merk wie hom tot ewig vernietigende stof knaag nie!

[34] Hulle sal soveel erts uit die berge grawe dat hulle metaalweë sal maak; maar oor hierdie vaste en regte weë sal min, ja besonder min wandel wat sou wil wees netsoos jy nou is. Mag daar êrens ook nog `n lewende uit vele duisende opstaan, dan sal dié selfs in die kort tyd `n harde stryd hê om onder die dooies staande te bly!

[35] Maar hulle wat sal wees soos jy nou is, sal die lewende slegs in soverre herken as wat jy My nou herken. En vele woorde van lewe sal dan nie soveel uitwerking op hulle hê soos `n Woord nou aan jou nie.

[36] Maar van hierdie drie is jy die gelukkigste in jou spaarsame lig; want jy sal spoedig `n goeie boodskap kry!

[37] Handel jy ook netsoos Ek vir Enos aangeraai het, dan sal jy volop lewe en lig hê! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205