Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Hoe die ware liefde tot God moet wees

166 En Abedam vra verder aan Jared: "Jared, wil jy My ook, netsoos die vaders, vertel wat jy gedurende die tyd wat ons afwesig was, in jouself gevind het?"

[2] En Jared antwoord: "Sien, ek weet dat daar weinig of niks te vinde sou wees nie; daarom het ek ook nie gesoek nie, maar het voor en na die deurgestane angste gedurende die noodweer, myself getroos met allerlei drome. So stel ek myself die hoogs aangename toestand voor dat Asmahael sou gebly het en by my sou woon. O, hoe salig sou ek dan nie gewees het nie!

[3] Wederom droom ek: As Hy daarna as Emmanuel Abba maar tenminste tot by hierdie storm by ons sou gebly het, - hoe sou ons almal Hom dan nie jubelend tegemoet gekom het nie!!

[4] Vervolgens kom dit my in die droom voor, sou Emmanuel Abba opsetlik hierdie storm oor ons laat kom het, om ons liefde en vertroue tot en in Hom te beproef. En weer droom ek: Wie weet, miskien is Emmanuel in hierdie storm juis in ons midde en wel in die storm self?!

[5] En so vorm ek droom na droom. Weliswaar wou daar nêrens lig tot my kom nie, - maar dit word vir my wel meer lig en behaagliker om die hart.

[6] Want ek dag by myself: Wanneer ek van Hom, Wie my hart so vurig liefdevol omvat het, alleen maar kan droom soos `n jong vryer van sy pas uitverkore bruid droom, dan is dit immers tog al `n groot barmhartigheid, wat ek nie in die minste werd is nie!

[7] En sien, sodoende skep ek vir my die een saligheid na die ander en droom ek van die een uiters gelukkige toestand na die ander! En dit is alles wat ek dan ook gevind het! Wat sou ek ook anders moes soek en vind as alleen dit wat die Geliefde van my liefde my gee en ek voeg nog daaraan toe dat ek ook waarlik niks anders sou wil soek en vind nie! Maar ek glo ook stellig dat Emmanuel my eers met hierdie, my altyd uiters salige bevinding, wanneer ek volgens Sy leer hierdie aarde sal moet verlaat, nie sonder barmhartigheid sal aansien nie!

[8] Daarom wil ek my steeds verheug oor my God, my Emmanuel, my liefdevolle Abba!

[9] Sien, liewe Vreemde Man, soos reeds gesê, bestaan my onverganklike bevinding hieruit!"

[10] Met hierdie bekentenis van Jared hou Abedam Sy hand voor Sy oë en verberg `n traan vir hom. Eers na `n lang pouse haal Hy Sy hand voor Sy oë weg en sê ten slotte aan Jared:

[11] "Jared, staan op en kom na My toe! Want van nou af aan sal dit nie meer nodig wees dat jy droom oor Emmanuel, Wie jy so liefhet en Wie jou altyd lief gehad het nie; daarom het Asmahael Homself ook reeds by monde van die vaders voorgeneem om by jou te kom woon. Ja, jy sal nie meer van Hom droom nie, maar jy sal Hom altyd lewend onder die dak van jou huis hê!

[12] Jared, kom hierheen en wees nie bang nie; want sien, jou Emmanuel, jou Abba, jou Vader strek hier Sy arms na jou toe uit!

[13] Sien, Ek wil `n hemel bou, - wat die hoogste sal wees van alle hemele; maar daarin sal niemand toegelaat word wat My nie met hierdie bevinding daar tegemoet sal kom, waarmee jy My in stilte altyd tegemoet gekom het nie, netsoos nou!

[14] O jy, My Jared! Sien Henog, Methusalag en Lameg, julle almal woon onder een dak! Die liefde skei julle nie van mekaar nie en dus My ook nie van julle nie; en dus wil Ek ook by julle en al julle nakomelinge bly. Tot aan die einde van alle tye sal die nakomelinge van jou stam daaraan goed te herken wees, dat Ek altyd by hulle My intrek sal neem!

[15] Sien julle almal, so is dit met die regte liefde gesteld: In stilte verdraagsaam en niks anders as soekend na alleen die voorwerp wat die hart bemin nie. En as die hart dit gevind het, dan is sy gelukkig, bomate gelukkig, - al het sy die geliefde ook nie voor oë nie, maar des te meer in die hart!

[16] Wanneer die geliefde die stille, lydsame verlange van die liefhebbende sien, omdat hy vervul is van deemoed en dit nouliks waag om na die geliefde op te sien, - waarlik, dit is die wie se liefde ooreenkom met die liefde van Diegene wat hy bemin en wat hom reeds bemin het nog voor hy bestaan het!

[17] Wie sal doen wat Ek vir Enos aangeraai het, die sal lewe; maar woon sal Ek alleen in die huis van Jared! Amen."

[18] En ten slotte wend Abedam Homself nog tot Methusalag en vra ook vir hom: "Methusalag, jy weet nou Wie met jou spreek; maar daarom moet jy nie skrik om My ook jou bevinding mee te deel nie. En doen dit dus, as jy dit wil!"

[19] En Methusalag, deur oorweldigende eerbied gegrepe, sê ten slotte met `n sidderende stem: "O Heer en Vader, U Wie alle harte deursien en ons innerlike ondersoek, hoe kan U my dit vra, wat niks is ten opsigte van U nie?!

[20] Sien, ek ken myself nie; maar U ken my deur en deur! Indien ek nou voor U sou wil spreek, sou dit maklik kan gebeur dat, onwetend, `n onwaarheid oor my lippe sou kom!

[21] Hoe sou ek dan voor U te staan kom, O heilige Vader?! - Oordeel daarom oor my hoe U my bevind het; maar bly vol medelye en wees barmhartig met my!"

[22] En Abedam antwoord hom: "Methusalag, wat jy gesê het, het jy ook gevind; Wie jy gevind het, staan voor jou! Ek sê vir jou, jy woon ook in Jared se woning en daarin woon jy met My dus onder een dak!

[23] So moet almal soek; onder daardie dak sal almal woon! Diegene wat so sal soek, sal ook vind netsoos jy!

[24] Omdat jy My ook `n regter noem, sal jy die langste op aarde lewe; want sien, Ek is weliswaar `n regter vir alle skepsels, - maar die kinders sal hulle Vader geen regter noem nie! Voorts sal egter al diegene geoordeel word wat die Vader as regter sal aanroep! Die lang aardse lewe is vir jou dus `n klein geskenkie van die Regter, sodat jy voldoende tyd sal hê, om jou Regter weer as Vader te waardeer! Amen.

[25] En nou, kinders, dit is nie meer ver van middernag af nie; julle liggaam het rus nodig, laat ons onsself daarom te ruste begewe!

[26] Aan jou, My geliefde Jared, staan dit vry om te kies of jy hier by My wil bly of dat Ek met jou na jou woning trek en by jou oorbly!"

[27] En Jared antwoord: "O Vader, U liewe Vader, laat nou netsoos altyd U heilige wil geskied!

[28] By U is dit oral goed om te vertoef en my woning is oral waar U is; maar niemand moet deur my tekort gedoen word nie! U Heilige wil geskied! Amen."

[29] En Abedam antwoord hom: "Ja, jy het korrek gespreek; en daarom bly jy by My! Amen."

[30] En so gaan almal met harte vol dank en liefde ter ruste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205