Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die oggendmaaltyd van die aartsvaders op die Sabbat.

169 En toe die Hoë Abedam dit aan die drietal sê, gebied Hy hulle om Hom te volg. Hy gaan voor en laat Henog en Lameg langs Hom loop. Te voet volg die bekende Abedam, met aan sy regtersy, Jared en aan sy linkersy, Methusalag. Agter hierdie drie volg Enos, Kenan en Mahalalel en eers agter die drietal sluit Kaeam en Jura, Bhusin en Ohorion hulleself aan.

[2] Toe hulle na `n kort stappie by Adam aangekom het, neem hulle almal hulle plek sodanig om Abedam in, dat hulle tot by Adam `n geopende kring vorm, wat deur Adam en Eva gesluit word.

[3] Omdat Set nie in die kring opgeneem was nie, gee Abedam diegene wat Hom omgeef te kenne dat hulle plek moes maak vir Set.

[4] En daar word dan ook onmiddellik aan Adam se sy plek vir hom gemaak. En so neem sestien persone nou, die Hoë Abedam ingereken, deel aan die oggendmaal, wat uit brood, heuning en melk bestaan, waarvan `n mens steeds sedert oudsher, die brood met die heuning neem en nadat dit opgeëet was, die vars melk drink.

[5] En so word die oggendmaal dan ook volgens hierdie tradisie gebruik.

[6] Maar waarom word die oggendmaal hier op die Sabbat vermeld? Die rede is nie ver te soek wanneer iemand bedink dat die hoogste, heilige Vader Self sigbaar aan die ontbyt deelneem te midde van die eerste mense van hierdie aarde en daarmee die grondslag gelê het vir die eerste geordende kerk/gemeente* op aarde. En net soos Adam en Eva alleen as die eerste mensepaar aangesien kon word, so kan die mensepaar nou ook as die eerste stigting van die kerk/gemeente van JaHWeH aangesien word; want nou met hierdie kerk is Juda verbind, wat in vele opsigte nog daaruit bestaan. En in `n Hoë bergstreek midde-in Asië, nie ver van die Himalayas nie, leef nog `n klein afgesonderde volkie baie streng volgens hierdie voorskrifte, net soos dit later deur die kinders van Noag in klipplate gegraveer is met beelde waarvan die latere Egiptiese Hiërogliewe slegs `n vervalste verbastering is. *(Hierdie woord "kerk" moet nie gesien word as dat dit enige verwantskap het met die bestaande hedendaagse kerk nie, maar dat dit eerder verwys na die "gemeente van die heiliges/gewydes" wat ook in Hebreeus "qahaal" en in Grieks "ekklesia" genoem word in die Skrifte)

[7] Tog mag die sogenaamde Sanskrit van die Gebern, Parsen en Hindoes nie as een en dieselfde skrif beskou word nie; want ook dit is ten eerste veel jonger en is, net soos die Egiptiese Hiërogliewe, van `n baie duister variëteit, vol met groot vergissings, waardeur dan ook hulle godsdiens wat daarop gebaseer is, `n gruwelike heidendom is.

[8] Sien, ook daarom word die oggendmaal hier vermeld, wat destyds ten behoewe van die grondvesting van die oerkerk byna net so gehou was, as, na die voleinding van die groot volkere dag, wat nagenoeg vierduisend jaar geduur het, die laaste groot aandmaal word gehou ter grondvesting van `n nuwe testament, dit wat `n nuwe kerk/gemeente van barmhartigheid en erbarming is, vervul van die ewige lewe en met gevolg dus vervul is deur God en met God!

[9] Maar nou genoeg oor hierdie historiese uiteensetting; en derhalwe gaan ons weer Adam se woning binne en sien en hoor wat daar alles na die oggendmaal gebeur het!

[10] Nadat die oggendmaal beëindig was en almal in hulle met liefde vervulde harte Abedam Emmanuel Abba bedank het, verhef die Hoë Homself terstond en rig die volgende woorde tot almal:

[11] "Luister almal wat hier aanwesig is en getuie was van hierdie nag en, slegs met uitsondering van Kaeam, ook byna gedurende die hele dag van gister! Hierby sal julle jul altyd herinner wie Diegene was, is en ewig sal wees, wat na julle toe gekom en Self aan julle die regte weg van die liefde geleer het en dus ook die ware, oneindige Wysheid uit Haar, - nie `n wysheid van die wêreld wat baie skadelik vir die hoof en nog skadeliker vir die hart is nie, maar `n ware Wysheid in die Gees van die Liefde en alle Waarheid uit Haar, wat alles die ware, vrye, ewige lewe is.

[12] Hierdie maaltyd moet julle dus ook in die vervolg hou voor julle `n Sabbatsoffer aan die Vader wil bring; want waarlik, Ek sê vir julle: Die offer sal nie aangesien word, totdat julle mekaar by die oggendmaal as ware broers en susters in My liefde en dus ook as kinders van een en dieselfde Vader in julle harte goed opgeneem het nie!

[13] So dikwels as wat julle in die ware, lewende liefde van julle hart tot My so `n maaltyd met mekaar gehou het, sal Ek ook in julle midde wees, - vir sommige wie se harte vir My sal brand, sigbaar, en vir die meer loues steeds onsigbaar.

[14] Ja, in My liefde sal julle tot alles in staat wees, - sonder My liefde egter tot niks! Want My liefde is `n vet, goeie akker, waarop julle gesaai is. Wie homself nie sal laat uitruk deur die vyand nie, sal weelderig opgroei en sal baie heerlike vrugte voortbring. Maar wie die wortels van sy liefdeslewe nie diep en stewig genoeg in die bodem van genoemde akkergrond gedryf het nie, waarlik, dit sal met hom sleg gaan ten tye van die terugkerende versoeking, wanneer die vyand van die liefde sal kom en sal probeer om die boompies uit die bodem van die akker te trek! Hy sal geen enkele een onbeproef laat nie; waar hy dan `n swakke sal aantref, sal hy dié wel spaar?

[15] O nee, hy sal dit tesame met die swak wortels uit die bodem van die goeie akker trek en dit dan laat vergaan, omdat die wortels geen lewensvog meer sal hê nie en die boompie dan sal verdor om ten slotte baie spoedig geheel en al in die dood oor te gaan. Want wie van julle het ooit gesien dat plante net in die lug ontstaan en gedy?!

[16] "Maar elke plantjie het ook lug nodig om te lewe!" sal jy sê. Met julle sê Ek dit ook; maar die grond is eerstens noodsaaklik, - sonder dit dien die lug geen doel nie!

[17] Maar die lug kom ooreen met die goddelike woord en die liefde van julle hart met die bodem waarin `n lewende gees gesaai is, omgeef deur `n lewende siel.

[18] Die saad van die ewige lewe in julle kan slegs deur die Heilige lug van die goddelike leer van nut wees as dit opgekom het en stewige en diep wortels gedryf het in die grond van die liefde tot My in julle hart. Wanneer dit nie eers gebeur nie, sê dan en beoordeel dit self: Sal dit, naamlik die lug, vir hom wat andersins vrugdraend moes ontwikkel, nie die dood bring nie?!

[19] Kyk, met gevolg het My woord weinig nut vir julle, as julle hart nie vol liefde is tot My en van daaruit vir julle broers nie, en die bodemlose, twyfelagtige wysheid van julle verstand is dan die dood van julle liefde!

[20] Maar as julle liefde, wat die gees tot voedsel moet dien, dood is, netsoos uitgetrekte boompies uit die grond van My liefde vir julle, waar aan die wortels alleen nog maar die verdroogde grond van julle liefde vir My kleef, waarvandaan sal julle saad dan of die nog maar swak uitgetrekte boompies, die voedsel van die lewe kry?!

[21] Laat die oggendmaal daarom `n sigbare teken wees ter aanmaning dat julle jul altyd aan die liefde moet vashou! En as en solank julle dit sal doen, sal julle ook die lewe by en in julle hê en dus ook My as oerbron van alle liefde, al die lewe en alle wysheid vanuit My!

[22] Skryf hierdie woorde diep in julle hart en handel onveranderlik daarvolgens, dan sal julle deur en deur lewend wees en nie vra: "Waar is die Vader?" nie en ook nie tot Hom roep: "Kom!" nie; want Hy sal by julle wees en in julle wees netsoos nou, dus ook vir ewig! Amen.

[23] En jy, Henog, gaan nou en berei jou offer; want daarvoor is dit tyd! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205