Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

`n Evangelie oor belediging

174 En toe Sethlahem homself weer by die offeraltaar bevind, te midde van Abedam, Henog, Jared en Abedam, die bekende, haal hy diep asem en wou deur `n verduidelikende aanklag sy hart lug oor die belediging wat die sewe hom aangedoen het.

[2] Maar die Hoë Abedam was hom voor en sê aan hom as`t ware vraend: "Sethlahem, waar is die sewe dan?

[3] Ek sien net vir jou. Hoe kon jy dit laat gebeur, dat jy die diens wat jy jouself voorgeneem het, glad nie uitgevoer het nie?!

[4] En in stede daarvan om die sewe hierheen te bring, kom jy alleen en boonop met `n beledigde hart vol bitter klagtes!

[5] Wat moet Ek nou met jou maak? - Ek sê jou, as jy jou op jou sewe broers wil wreek, skryf dan hulle skuld in die sand! Maar indien iemand jou in sy hart kwaad wil doen, seën hom, asof hy jou eersgebore seun was, dan sal jy `n waarlik onsterflike kind van die ewige liefde wees en jy sal vol barmhartigheid en vol liefde wees en alle wysheid uit haar sal jou deel wees!

[6] Sien, wat baat `n denkende gees jou, as jy die liefde nie het nie?! Ek sê vir jou, jy sal ewig in die duister rondtas! Want ook al sou jy duisend jaar lank die verre gebergte aanstaar en soveel daaroor nadink dat jy met jou gedagtes `n gat in `n klip sou boor, - sê My, sou die gesteldheid van die blou vertes vir jou duideliker word daardeur?!

[7] Ek dink, nie in die minste so nie! Indien jy egter in plaas van die lang, koue dinkery, jou hart laat ontbrand vir die blou vertes, sal jy dan nie so gou moontlik op pad wees om `n paar netso verlangend gestemde vriende te kies, en dan `n reis na die onbekende vertes te onderneem nie?! En as jy daar aankom, sal jy dit dan daar so aantref, soos die honderdduisend blinde gedagtes wat jy vooraf vir jouself wysgemaak het?!

[8] Sal elke gedagtelose blik daar jou nie meer onthul as hier in duisend jaar tallose sogenaamde vlymskerp gedagtes nie?!

[9] Kyk nou dus watter groot voordeel die liefde het bo alle gedagte wysheid!

[10] Wie die liefde het, dit wil sê, die suiwer liefde tot God, die Vader van alle mense en die Skepper van alle dinge, en uit hierdie liefde al sy broers en op die regte, reine wyse ook sy susters liefhet, die het alles; ja hy het die ewige lewe en alle duidelik helder, heilige wysheid, nie `n donker wysheid van wêreldse gedagtes, wat vir niks anders dien as alleen om die lewende mens geleidelik ryp te maak vir die dood en uiteindelik heeltemal dood te maak nie!

[11] Maar indien jy korrek deur die liefde tot die ware, lewende wysheid wil kom, waarlik, dan moet alle aanklagte teen jou broers eers uit jou hart wyk en ook alle ingebeelde wysheid! As dit nie gebeur nie, dan sal jy steeds sodanig in die duister rondtas, sodat jy nie eens in staat sal wees om te onderskei wie jy voor jou het nie, `n mens of `n ewige, Almagtige God en dit is by jou reeds in `n hoë mate die geval.

[12] Beraadslaag daarom vooraf in jou hart! Vergeef jou broers, ook al het hulle jou hoe sleg behandel, dan sal Ek ook jou dwaasheid vergewe en jou genees tot `n ewige lewe!

[13] Maar indien jy jou vererg omdat jou broers anders dink en praat as jy, waarom hou jy dan nie terselfdertyd rekening daarmee dat jou gedagte sewe harte verbitter nie, terwyl die sewe maar net met jou te doen het nie?!

[14] Kyk, een hou hier, een hou daar,

lei dit ooit tot enige gewin?

Maar sit jy saam met een van sin,

en woon daar ook liefde in,

dan is daar ook al gewin!

En al is daar nie veel waarheid in,

dan het dit tog nog hierdie sin:

tog bly Ek jou naby daarin.

Is dit dan nie `n groot gewin?!

 

[15] Gaan daarom nou nog `n keer na jou broers toe! Vra hulle om vergewing en wees hulle toegeneë; dan sal hulle maklik te beweeg wees om hierheen te kom en vir die ware, ewige lewe te wen wees !

[16] Die trotse sal jy nimmer vir jou wen deur terug trots te wees nie, - nie eens jou eie kind nie! Want jy sê vanuit jou wysheid immers self dat jy ontdek het dat twee kragte van gelyke aard nooit een kan word nie, want die een werk die ander teen en probeer dit tot niet maak; daarom kan twee klippe nie die plek van een enkele klip inneem nie.

[17] Kyk, is dit nie jou lering nie?! En Ek voeg nog daaraan toe, dat die leer korrek en volkome waar is.

[18] Maar het jy nooit daarop gelet wanneer die swakker klip wyk vir die sterkste nie?! Watter een volg nou die ander en watter een word vervolgens die leier van die ander en ten slotte die grondslag self?

[19] Waarlik seker nie die groter een nie, wat die swakker een van sy plek verskuif nie, maar die swakker een, wat die groter een ontwyk! Sien, dit is ook wysheid!

[20] Gaan daarom nou na jou broers toe en doen dieselfde; dan sal jy ook hulle leidsman en meester word volgens die beter begeerte van jou hart! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205