Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Kisehel se bekentenis

177 Toe die sewe dit van Abedam verneem het, dank hulle Hom vol berou en oorgawe aan Sy Wil en gaan daarna na die aangewese plek.

[2] Toe hulle dit na `n kort tydjie bereik, kom hulle vrouens en kinders na hulle toe, dit wil sê hulle seuns, wat geen jongelinge meer was nie, maar eweneens grysaards van etlike honderde jare oud, saam met hulle moeders.

[3] Omdat hulle bemerk dat hulle andersins opgewekte vaders treurig was, vra hulle wat tog mag skort, omdat hulle so treurig was.

[4] En Kisehel antwoord hulle met die volgende woorde: "Kinders, vra ons nie waarom ons vir die eerste keer opreg treur nie, maar kyk in die rigting van die môre en sien hoe heerlik die Adamsgrot nou weer daar straal! En tog weet julle almal en het julle almal julle hartseer en verbasing te kenne gegee, omdat julle vanmore vroeg met ons tog hierheen op haar plek `n groot hoop verstrooide klippe opgemerk het!

[5] Wat dink julle nou van hierdie saak? - Dink julle daaroor na!

[6] Ek sê vir julle, daar by die altaar naas Henog is die Een! Keer na die binnekant van julle harte, ja, keer in tot God JaHWeH Sebaot en soek die heilige Vader in die liefde van julle harte! En gaan aldus voorbereid vol eerbied na die altaar toe en daar sal julle vind, - luister!, - dit wat julle soek!

[7] En verlaat ons nou weer en volg my raad, dan sal julle gelukkig wees, ja gelukkig, gelukkig, onuitspreeklik uitermate gelukkig!"

[8] En nadat alle kinders en vrouens dit gehoor het, keer hulle na hulle vorige plek terug en durf, vanweë uitsonderlik diepe eerbied, nie na die heerlik stralende grot kyk nie, maar almal werp hulleself op die grond en loof en prys God se groot Goedheid, Mag en Heerlikheid. En hulle harte vul hulleself hoe langer hoe meer met liefde tot JaHWeH.

[9] Kisehel wend homself tot sy broers om die volgende aan hulle te sê: "Broers, wat gaan daar nou in julle harte aan, wat voel julle?

[10] Sien, ek sou wel uitmekaar kan bars van liefde! Ek word onweerstaanbaar na die altaar getrek! Waarlik, as ek nie so vermetel diep geval het nie, sou geen vuur my uit die omgewing kon hou nie! Ek sou deur hemelhoog oplaaiende vlamme wil dring tot Hom, ag, tot Hom, tot Hom!

[11] Maar my skuld, my groot skuld voor Hom, die Mees Heilige, hou my voete verlam! My siel beef en daar waar ek staan, wankel die aarde en ek kan nog nie na Hom toe, na Hom toe gaan nie!

[12] Diegene Wie ek nou bo alles bemin, Hom vrees ek nou ook bo alles! Ek is nie bang vir Sy oneindige Mag nie, wat my vir ewig te gronde kan rig nie, ook nie vir Sy toorn, wat my vir ewig kan vernietig nie en nie vir Sy grimmigheid, wat my vir ewig kan vervloek en doodmaak nie, maar ek vrees dat ek Hom te weinig liefhet!

[13] O waarom is ek dan nie totaal en al liefde nie! Waarom bestaan my beendere nie uit liefde nie? Waarom nie my hele liggaam nie?

[14] Ja, broers, die vuur van my hart moet eers al my beendere deurdring, my hele liggaam in liefde verteer, voor dit kan ek Hom nie nader nie en julle almal ook nie! Die regverdige is rein omdat hy die sonde nie ken en haar reeds vanaf die moederbors vermy het; maar ons het die sonde so lank geniet, dat dit uiteindelik vir ons voorgekom het asof dit volkome geregverdig was voor God!

[15] Die sonde het ons daardeur ook deur en deur verhard, sodat ons nie meer in staat was om ons totaal in liefde te omvorm nie; maar desondanks moet dit gebeur en wel opnuut vanuit die hart!

[16] Die vlam van die liefde in ons hart moet so heftig word dat sy ons sondige liggaam sal verteer en daar uit die as van die verteerde liggaam `n nuwe liggaam, volkome in staat tot liefde, sal opstaan; met daardie liggaam beklee, kan ons Hom eers nader!

[17] Ja, broers, vooraf sou ek Hom onmoontlik kan nader; want van alle sondige misdade beskou ek dit nou as die grootste, om Hom - die mees Heilige, mees Liefdevolle Vader, die Ewige, Oneindige God! - te min lief te hê en Hom in `n dergelike mees onvolmaakte liefde te nader!

[18] O broers, verstaan dit goed; want julle het dit saam met my ondervind en weet wat dit beteken: om Hom onwaardig te nader!

[19] Slaan daarom goed ag op hierdie woorde! - Waarlik, ewighede sal hierdie verskriklike indruk nooit uit my gees kan wis nie, netsoos ek daar staan: `n Sondaar voor God!

[20] O broers, dink daaroor na! Oorweeg dit, jy hele aarde; want dit is God, Wie nou deur jou gedra word!

[21] My lustelose tong stamel, die aarde beef, die son donder, nooit is God heeltemal te deurgrond nie! `n God is Hy, `n Heilige Vader, vir Wie julle prys!

[22] O hoe gewyd is jy nou, o aarde, dat die Voet van jou Almagtige Skepper jou nou aanraak!

[23] Hoe gewyd is jy nou ook, skone glans van die son! O son, slaan saam met my nietigheid daarop ag, wie Diegene is Wie Homself nou deur jou laat beskyn!

[24] O Vader, Heilige Vader! U kom na ons toe, na ons onwaardige sondaars, nie na kinders nie, hoewel ons onsself dikwels genoeg al verkeerdelik U kinders noem!

[25] Wie kan U oneindige erbarming verstaan, wie die omvang van U liefde?!

[26] O help my om Hom te loof en te prys, Hom, Wie na ons sondaars toe gekom het. Julle almal, my broers, julle kinders almal, jy aarde, jy son, en jy my baie sondige, ongevoelige liggaam! Help my om Hom te loof, julle almal, skepsels en engele; want Hy alleen is goed, Hy alleen is gewyd en Hy alleen is vervul van die Allergrootste Liefde, Mag en Krag!

[27] Aan Hom alleen kom alle eer toe, alle lof, al ons liefde nou en vir ewig! Amen."

[28] Na hierdie woorde word hy stil en val wenend op die grond neer - en al sy broers ook.

[29] En Abedam sê aan Henog: "Sien, netsoos hy, het nog niemand My gevind nie! Hy het weliswaar in sy blindheid gesondig; maar toe hy My herken het, het hy groter geword as almal wat hier is! Want sien, hy beskou homself as die allergeringste en mees onwaardige! Laat ons daarom na hom en sy broers gaan en hulle ophelp! Waarlik, Kisehel het nou vir My die heerlikste offervuur ontsteek; want hy het homself heeltemal deur die vuur van sy liefde laat verteer, omdat hy totaal en al liefde wou word! En Ek sê vir jou: Hy het dit geword!

[30] Daarom sal ons na hom toe gaan en hom oprig! Wat jy daar sal sien en hoor, het nog nooit by julle opgekom nie. Laat ons daarom gaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205