Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Kisehel se gebed van berou

178 En dus gaan hulle na die plek waar die sewe op hulle aangesigte lê. Baie spoedig daar aangekom, wag hulle volgens die Wil van Abedam `n rukkie en luister na Kisehel, wat daar op die grond lê, al biddend die volgende gesprek voer:

[2] "O ek, hoogs armoedige, diep gevalle sondaar! Wat het ek gedoen? Voor God het ek gestaan en spog met my oneindige groot dwaasheid, wat ek as logiese wysheid genoem het en in myself letterlik aanbid het!

[3] Sy erbarming toon my slegs `n vonkie van Sy oneindige Wysheid wat eens hemel en aarde georden het en selfs my, die mees ellendige wurm vervul van ondankbaarheid en ongehoorsaamheid, so wonderbaarlike bestaan gee, - en ek lê onmagtig in die stof!

[4] Wat sou daar van my geword het, as Hy my meer as `n vonkie van Sy oneindige, ewige, ondeurgrondelike wysheid sou getoon het?!

[5] O, hoe sou ek dan meteens tot niet gegaan het, asof daar nooit iets van my bestaan het nie!

[6] Maar Sy onmeetlike goedheid, Sy oneindige liefde, Sy onbegrensde erbarming neem my my onuitspreeklike brutaliteit nie kwalik nie. In plaas daarvan om my volgens wat ek is, onmiddellik met die ewige vernietiging te straf, wat ek vir elke oomblik van my onwaardige bestaan, gedurende my hele lewe honderdvoudig verdien het, vergeef Hy my my onuitspreeklike skuld en stuur my hierheen, waar ek Hom in myself moet soek en herken en dan weer na Hom toe moet teruggaan!

[7] Ek, die grootste, mees onwaardige sondaar moet na Hom teruggaan?! O aarde, open jou liewer en verslind my met huid en haar! Want ook al het ek volgens my gevoel, heeltemal vol liefde vir en tot Hom geword, - kan ewighede my sonde sodanig delg asof ek nooit voor Hom sou gesondig het nie?

[8] O heilige Vader van beter kinders! Nee, nee, - dit kan, ja, dit mag nie gebeur nie; want U, goeie Vader, U is immers gewyd, uitsonderlik gewyd! Hoe kan ek dan nog weer en nog swaarder voor U sondig?

[9] Dit is genoeg, ja vir ewig genoeg, dat ek een keer voor U gesondig het, toe ek blind was en nie in staat was om U te herken nie! Hoe sou `n mens hierdie sonde wel moet noem, indien ek, as `n welbewuste sondaar, voor U aangesig sou verskyn, terwyl ek as `n stowwerige wurm, U, o heilige Vader herken het?!

[10] O wat `n ontsettende gedagte! Ek, `n sondaar voor God, - nee, nee, o heilige Vader, U is immers veels te goed en sal my arme sondaar tog nie so ontsaglik swaar wil straf nie?!

[11] Weliswaar sou ek wel die hardste straf verdien het, - maar wanneer ek nou weer dink, hoe onuitspreeklik lief ek U nou het, sodat ek selfs in elke vesel liefde ondervind, asof daar duisend harte in sou wees wat volledig aan die brand is van liefde, dan sou dit my verdiende straf tog ophef, omdat ek daardeur alleen maar die eindeloos magtige drang in my hart sou kan volg! Daarom wil ek hier my groot dwaasheid beween! En al was ek volgens my kennis die aarde nog nooit tot nut gewees nie, dan sal my trane haar bodem tog nou bevogtig! Wie weet of daar nie êrens `n dorstige grasworteltjie homself daarmee sou kan verkwik nie, - maar miskien ook sterf deur die wrede trane van `n groot sondaar?!

[12] Ja, ja, edel worteltjie, my sondige warm trane van berou het niks seën in sigself nie; want sy vloei uit die see van my misdade, waardeur sy jou wel dodelik kan verstik! En daarom wil ek dan ook op die sand, op die dorre, warm sand my trane laat vloei en nie opstaan voordat ek geen traan meer het nie of totdat die regverdige, heilige God en Vader `n bode na my toe mag stuur, wat aan my my welverdiende straf sal oordra!

[13] Ja, met `n straf van ewige verbanning na die uiterste hoek van die aarde sal ek beter daaraan toe wees, as hier op hierdie heilige plek, waar ek my te onwaardig voel om te wees!

[14] O stille eensaamheid, waar is jy, sodat ek jou mag vind en in jou aan my sonde sterwe, ja vir ewig geheel en al sterf, deur geen getuienis van my groot ellende gadegeslaan en betreur nie!

[15] Ja, ja, nou eers het ek dit goed gesê: Niks kan my sonde voor God versoen as alleen die dood nie, om vir ewig op te hou bestaan! Want wanneer die dader nie meer is nie, dan het sy sonde immers ook met hom tot niet gegaan. En so het vir diegene wat nie meer bestaan nie, immers ook alles met hom opgehou!

[16] Maar as daar moontlik vir God eendag geen vernietiging sou bestaan nie, - wat dan?! Kan God ooit iets vergeet?!

[17 Dit wat in God se onvernietigbare, ewige geheue voortbestaan, kan dit ooit vergaan?!

[18] Is ons dan wel iets anders as vrye uitbeeldings van God se ewige herinnering aan God Self nie?!

[19] Wie sou homself ooit uit hierdie ewig magtige herinnering van God kan uitwis?!

[20] O God, Groot, heilige Vader! Eers nou sien ek in hoe volslae nietig alle mense en alle wesens ten aansien van U is; slegs U alleen is alles in alles!

[21] Ook sien ek nou in, dat ons mense almal, sondaars en regverdiges, teenoor U tot niks in staat is nie; U alleen is alles in alles!

[22] Wie is regverdig voor U, o heilige Vader, wat is sy verdienste daarby? Niks, - alles is immers slegs U groot erbarming!

[23] Wie `n sondaar voor U is, wat is hy? `n Armsalige niks voor U, omdat hy iets wou wees en nie eers by homself bedink dat hy niks voor U is nie!

[24] Wat is dus nou die verskil tussen `n sondaar en `n regverdige? Ja, nou sien ek dit helder voor my: Die sondaar is `n groot dwaas, omdat hy dink en doen asof hy vanuit homself voor God iets sou wees; maar die regverdige erken sy niks en dit wat hy is, is louter erbarming van God, van die heilige Vader.

[25] Dit is die lig van die regverdige; maar die nag van die sondaar is sy groot waan!

[26] O groot, heilige Vader, ek sien nou maar al te helder in, dat ek my vir ewig nêrens vir U kan verberg nie; want U is immers oral alles in alles. Maar ek sien ook in, dat U barmhartigheid ook oneindig is! O word daarom nie toornig vir my in U gewydheid nie, maar wees my arme, blinde sondaar in U oneindige, vaderlike mildheid, barmhartig en genadig en laat, indien dit U mag behaag, U heilige Wil oor my kom en my, as dit moontlik sou wees, slegs die allergeringste wees onder diegene oor wie U erbarming gekom het! O heilige Vader, U heilige wil geskied! Amen."

[27] Daarop swyg hy en ween baie, sodat sy trane op die aarde val en sy broers ween saam met hom.

[28] Maar ook Sethlahem en die res, insluitende Henog, was so getref, dat hulle almal saam begin te ween; want die woorde van Kisehel het `n onverwagte groot lig by hulle almal ontsteek.

[29] Abedam laat hulle verstaan, dat dit meer beteken as tienduisend voluit brandende offeraltare.

[30] In sy hart sê Sethlahem aan homself: "O arme broer! Ek alleen is skuldig aan jou groot nood! Het ek dit tog maar vooraf geweet, dan het ek my deur jou eerder in stukke laat skeur as om jou so iets aan te doen!

[31] O Abedam, heerlike, mees liefdevolle Vader! Erbarm Uself tog oor hom!"

[32] Maar Abedam antwoord hom: "Wees nie besorg oor jou broer nie, maar daaroor, dat jy net so word soos jou broer! Want waarlik, Ek sê vir jou: As iemand nie word soos hy nie, as hulle wat so bly, gering bly in die Ryk van die ewige lewe!

[33] Verstaan dit en bekommer jou nie meer oor die lewendes nie! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205