Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die vyf dogters van Zuriël

180 En dadelik begeef hulle hulleself na die kinders van Kisehel wat, deur bomatige groot eerbied aangegryp, nog vooroor op die aarde lê en opreg in hulle harte bid en My keer op keer loof.

[2] Toe hulle ook weldra daar aankom, gaan die Hoë Abedam dadelik na hulle toe en spreek tot hulle:

[3] "Staan almal op, kinders van Kisehel en van Kisehel se broers tesame met die moeders! Want Ek, voor wie julle buig, het Self na julle toe gekom, gehul as julle gelyke en wil nou dat julle sal opstaan tot die lewe van liefde uit My!

[4] Waarlik, diegene wat opstaan wanneer Ek hulle roep, sal opstaan tot die lewe en sal die dood nooit, ja ewig nooit smaak nie!

[5] Maar wie My roep nie sal volg nie, dié sal vir goed bly lê! Staan daarom nou verheug en vry op! Amen."

[6] En onmiddellik staan hulle almal op en ween oorweldig van vreugde; want hulle herken dadelik Diegene wat hulle laat opstaan en loof en prys Hom met hulle van liefde vervulde harte.

[7] Daaronder bevind hulleself ook vyf meisies, wat agterkleindogters van Kisehel was. Hulle was van `n besondere skoonheid, en op `n leeftyd van dertig tot veertig jaar het nog geeneen van hulle `n man gehad nie, ofskoon hulle wel `n groot aantal aanhangers gehad het. Want hulle beskeie, vrome vader het hulle geleer om My te soek en alleen vir My lief te hê. As hulle dit sou doen, het hy dikwels aan hulle gesê, sou JaHWeH hulle wel op die regte tyd voortreflike mans gee, waaraan hulle groot vreugde sou beleef, miskien selfs seuns uit Adam se hoofstam.

[8] (Want dit was deur hulle, wat nie daartoe behoort het nie, veel hoër aangeslaan as `n keiserlike kroonprins van vandag.)

[9] Deur so `n goeie leer gelei, bemin hierdie vyf meisies JaHWeH hoe langer hoe meer, ondanks hulle, vir die oertyd, nog baie prille jeug.

[10] Ek laat hulle daarom van tyd tot tyd My liefde baie diep voel en daardeur was hulle dan ook op `n onopvallende manier geheel op My, hulle JaHWeH, verlief en begeer nooit om hulle harte van My af te wend nie, maar hulle groot verlange na My groei van dag tot dag, ja dikwels van uur tot uur.

[11] Hulle hou ook van mekaar en was byna onafskeidbaar en wel so, dat die een gedoen het wat die ander ook doen, en die ander doen wat die een doen.

[12] Alles wat hulle ook maar bekyk, bekoor hulle; want hulle sien in alles `n dierbare aandenking aan hulle Enigste Geliefde.

[13] In die besonder as hulle een of ander nuut, baie besondere blommetjie vind, moes dit baie beslis deur My vir hulle bestem gewees het! Maar dan raak hulle ook weer heeltemal buite hulleself; onmiddellik pluk hulle dan met groot, van liefde sidderende eerbied die blommetjie en haas hulleself daarmee vol vreugde na hulle vader en laat hom sien watter wonderskone geskenk hulle heilige Geliefde hulle alweer geskenk het. Daaroor verheug hulle vader homself dan ook in Hoë mate en dank My ook altyd diep in sy hart, dat Ek sy liewe kinders van baie onkuise benadering deur manlike wellus behoed het. En na die volbringde dank dra hy hulle weer aan My op en bid My vurig om vol barmhartigheid en erbarming met My liefde die harte van sy dogters nog meer tot My te trek, watter versoek Ek onder hierdie omstandighede sekerlik nie onvervuld laat verbygaan het nie.

[14] En so word hierdie vyf meisies suiwer in My liefde grootgemaak en was daardeur ook steeds mooier en verrukliker en liefliker, geestelik, sowel as liggaamlik. Ja, hulle skoonheid was so groot, dat alle huidige aardse skones, ten opsigte van hulle, nie eens `n klein doudruppeltjie sou uitmaak nie, ook al sou hulle tot `n geheel verenig kon word; want vanweë hulle groot liefde tot My, laat Ek hulle ook, vir sover dit liggaamlik maar moontlik is, waarlik volslae hemels mooi word, daarom was hulle ook deur iedereen "Die mooie kinders van die liefde" (Allurahelli) genoem.

[15] Na hierdie voorafgaande beskrywing, kan elkeen homself enigermate `n idee vorm hoe hierdie vyf meisies se gemoed was, toe hulle in Abedam Hom Wie hulle so vurig bemin, JaHWeH, sien.

[16] Indien hulle vader hulle nie teruggehou het nie, sou hulle hulleself vurig op Hom gestort het.

[17] Omdat Abedam hulle lang beproefde liefde verseker baie duidelik sien, sê Hy aan die vader van die meisies:

[18] "Luister, Zuriël, diegene wat na My toe wil kom, behoort jy nie teë te hou nie! Of is Ek nie Diegene Wie jy jou dogters as Enigste leer geleer liefhet nie?! Laat hulle daarom na My toe kom en hou hulle nie teë nie!"

[19] En die vrome Zuriël lei onmiddellik, vervuld met die grootste eerbied, sy dogters na Abedam, kniel voor Hom neer (want dit was sy eerbiedige gewoonte om te kniel as hy tot My bid) en hy sê:

[20] "O JaHWeH, Allegewydste Vader van alle mense en Skepper van alle dinge, sien my barmhartig aan en hoor die gestamel van my mond!

[21] Sien, diegene wat ek U reeds vanaf hulle kindsheid elke uur opgedra het en wie se harte ek met U barmhartigheid na U toe gelei het, o JaHWeH, hierdie geskenk aan my bring ek U, ek, die mees onwaardige, nou weer terug as `n na my beste wete so rein moontlike offer, gepaardgaande met die innigste dank uit my hart, omdat U my die mees onwaardige, waardig bevind het om my so `n heerlike gawe toe te vertrou!

22 Ek hoop dat ek U `n welgevallige offer aangebied het!

23 O JaHWeH, wees my arme sondaar barmhartig en betoon medelye aan my! O JaHWeH, U heilige wil geskied vir ewig! Amen."

[24] En die Hoë Abedam antwoord Zuriël: "Luister Zuriël, blind en stom was die gawe toe hulle deur My hand in die skoot van jou vrou gelê was en onrein en onsuiwer aanskou hulle die lig van die aarde! Volgens My wil het jy hulle gereinig met alle vlyt van jou hart en het vir My vyf sierlike lewensboompies gekweek, wat baie spoedig in My hof die heerlikste vrugte sal dra, - wees daarvan verseker!

[25] Die jongste sal Ek vir die totale aarde seën en haar nakomelinge sal die groot einde van alle dinge sien. Deur die ander sal ewenwel die kunssinnige werke van die gees geseënd wees; want daar sal tye kom, waarin jy die kunste nodig sal hê en sy sal `n seën wees vir diegene wat haar wys sal benut, - maar sy sal ook `n oordeel wees vir hulle wat haar ten eie bate sal aanwend.

[26] Jy, Zuriël sal die dood in ewigheid nie smaak nie! Sien, nou het Ek jou gees vrygemaak van die vlees, sodat hy Heer sal wees in sy vleeslike huis en daar na goeddunke kan uit- en ingaan; maar jy sal jou huis nie heeltemal verlaat alvorens Ek jou sal laat roep nie.

[27] Ek sê vir jou: In die ryk van die lig van liefde sal jy eens met jou hele gesin die mooiste woning hê, waarlik, nog mooier as alle sigbare hemele en groter as hierdie; maar bly nou met jou gesin by My! Amen."

[28] En Abedam spreek verder tot die vyf wat Hom liefhet, as`t ware vraend: "Allurahelli! Hoe geval Ek julle? Is julle tevrede met My? Het julle My so voorgestel, soos julle in julle liefde vir My, My tekens in die velde gesoek het?"

[29] En die vyf, wat nouliks durf opkyk, antwoord met van liefde bewende stemme: "O Ewig, Enige Voorwerp van ons liefde, U deursien immers ons harte; vir so `n barmhartigheid van U is ons tog veels te onwaardig!

[30] O JaHWeH, U alleen, U totaal alleen is immers ons Hoop, U alleen die Geliefde van ons harte!

31] Hoe het ons dit dan verdien dat U Uself deur ons so laat bemin? Alleen dit al erken ons immers in alle deemoed reeds as die grootste seën!

[32] O JaHWeH, as ons U slegs mag aanraak en op ten minste alleen maar U hand teen ons harte mag druk!"

[33] En Abedam staan hulle toe om na Hom te kom en laat Homself deur hulle omarm en sê aan hulle:

[34] "Na Eva is julle die eerste wat My mag aanraak! Waar julle My egter reeds omhels het, wil Ek ook julle omsluit met die hand wat eens hemel en aarde gevorm het en julle tot die ewige lewe kus met die mond, wat eens, netsoos nou, alle dinge laat ontstaan het!

[35] Bly daarom ook by My en volg My nou na Adam op die oggendhoogte! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205