Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die Heer en Ghemela

182 Die vyf meisies, wat die Hoë Abedam nog steeds vashou, was soseer in die liefde van hulle harte versonke dat hulle niks gemerk het van dit wat afspeel nie.

[2] Omdat Abedam `n welbehae het in so `n volledige oorgawe van hulle geheel suiwer harte, raak Hy hulle nou nogmaals aan en roep hulle met `n sagte stem, waarby Hy die volgende woorde tot hulle rig:

[3] "Allurahelli, My geliefde dogters en bruide van My liefde tot julle, ontwaak nou ook uit jul suiwer liefde vir die net so suiwer barmhartigheidslig uit My en skenk eers bietjie aandag aan waar julle jul bevind en sê My daarop hoe die omgewing vir julle voorkom en wat julle daarvan dink!"

[4] En dadelik staan die meisies op en begin bedees om hulleself heen te kyk. Nadat hulle taamlik lank rondgekyk het, ontdek hulle eers dat hulle hulleself op Adam se oggendhoogte bevind.

[5] Maar nou was hulle dan ook heeltemal sprakeloos. Elkeen van hulle wou graag begin te praat om van alles aan die Hoë Abedam te vra; maar geeneen van hulle kon `n gepaste begin vind nie. Maar omdat Abedam hulle natuurlike verleentheid sien, kom Hy hulle dadelik te hulp en sê aan die jongste:

[6] "Jy verbaas jou daaroor, netsoos jou vier susters, dat julle, sonder om dit te weet, hierheen gekom het, nie waar nie?!

[7] Maar dink eers aan die storm van die afgelope nag, wat so skielik stil geword het, waarna alles weer teruggekeer het in sy voorafgaande ordening, behalwe die see, wat moes terugtrek om vir julle `n vrugbare land agter te laat, wat julle baie spoedig sal nodig hê, wanneer julle aantal verveelvoudig sal word, en op die, nog rondom in gindse verre verte brandende berge na, sodat die binneste van die aarde wyer en holler gemaak sal word ter opname van die teruggetrokke see en ter opname van die wesens wat My haat en ontvlug, sodat hulle daar met die versonke see kan huil, en saam met die grootste seemonster wat saam versonke is, in die diepte van die toorn van die aarde, en wat leviatan heet, kan tande kners!

[8] Sien, verder is alles immers weer net so onbeskadig soos dit deur alle tye heen was!

[9] Maar omdat so `n storm, deur My wil versterk, selfs deur Set tot bedaring gebring kon word, hoeveel te meer moet alles nog vir Myself moontlik wees!

[10] Maar nie ter wille van julle laat Ek dit hier gebeur nie, maar alleen ter wille van jul vrome, My onderdanige vader, omdat hy in die ydele vrees verkeer dat julle deur julle liefde vir My, die weg van My voete sou belemmer.

[11] Maar Ek strek My hand uit en verplaas julle almal hierheen. Toe julle vader sien dat ons onsself reeds op die plek bevind, begryp hy eers volkome dat niks My kan hinder op My weë nie.

[12] Aan julle, My geliefde bruide en dogters, vertel Ek daarom die rede van die voorval, sodat julle in staat sal wees om uit hierdie betroubare en noodsaaklike mededeling lig te skep en, as julle totaal uit julle slaap ontwaak, in staat sal wees om in te sien dat ook die vrou vir liefde en lig, maar nie maar net vir stille liefde en daarnaas vir die duisternis deur My geskape was nie! - Begryp julle My woorde?"

[13] En die jongste van hulle aan wie dit gevra word, antwoord: "O JaHWeH, hoe moet ek U dank?! Sien, nou het alles lig in my geword! Ek begryp U heilige Woord; ja, ek sien myself as`t ware geheel en al en ek voel nou ook so lig!

[14] Ag, hoe voel ek nou oneindig behaaglik! Hoe is U tog nie buitengewoon goed nie, o JaHWeH!

[15] Maar my geheel en al enigste geliefde JaHWeH, sê my tog: Voel my susters hulleself ook so behaaglik en goed soos ek voel? En sien hulle hulleself ook so deur en deur helder verlig soos ek myself met en deur U barmhartigheid sien?"

[16] En Abedam antwoord haar: "O, kyk hulle maar aan en jy sal weldra sien, dat hulle by My niks tekort kom nie!

[17] Wie by My is netsoos julle nou, die is reeds van alles voorsien!

[18] Sien, My geliefde Ghemela, Ek hou soveel van jou, asof Ek buiten jou in die wye oneindigheid niemand meer sou hê wat Ek sou kan liefhê nie! Maar sien, so is dit nie; want die oneindigheid bevat tallose wesens wat My net so liefhet soos jy en dus bygevolg ook deur My weer so bemind word soos Ek jou bemin, - en iedereen wat van My ontvang, het aan dit wat hy van My ontvang het, vir alle ewighede der ewighede meer as genoeg!

[19] Netsoos jy nou tevrede en gelukkig is in jou suiwer liefde tot My, sal almal wat My alleen liefhet, op hulle manier volkome, en dan deur My ook al hulle broers en susters, net soos deur My, volkome bemin word!

[20] Liewe Ghemela, sodat jy `n baie klein deel mag sien van wat hulle self alles oor My liefde verheug, pluk daardie blommetjie wat juis voor jou voete op jou wag!

[21] En sy breek dadelik die blommetjie by die stingel af en toon dit aan Abedam. Hy raak dit aan en blaas in Ghemela se oë en sê daarna aan haar:

[22] "Vertel met eenvoudige woorde aan almal wat ons omring wat jy nou sien.

[23] Nou, wat sien jy alles op jou blommetjie? – Moenie bang wees om dit te vertel nie; want jy behoort immers vir ewig aan My en sal nooit My groot liefde vir jou verloor nie! Dus, wat sien jy alles?"

[24] En Ghemela begin, skaam van liefde, as volg te spreek: "O groot, meer as Heilige, meer as Heerlike JaHWeH! Wat is dit? - O wonder, wonder bo wonder! - Dit is tog geen blom nie! Wêrelde, - ongelooflike groot wêrelde is dit!

[25] Wie kan hulle oneindige hoeveelheid tel?! Die een oortref die ander in nooit vermoede heerlikheid! Watter onbeskryflike prag omring hulle!

[26] En - o JaHWeH, onuitspreeklik heerlike Vader! - ek sien ook nog allerlei soorte lewende wesens! Hulle aantal is oneindig! Ek sien groot waters in en op die oppervlakte van hierdie tallose wonderlike wêrelde; ook hulle is vervul met talloos baie lewe! En sien, tallose styg voortdurend op uit hierdie wêrelde en tallose keer weer vol prag terug na hierdie wêrelde!

[27] O JaHWeH, JaHWeH! Ek kan nie meer spreek nie; die wonders word steeds meer, groter en verrassender! O JaHWeH, hoe gewyd en goed moet U wees! O my - JaHWeH!"

[28] Hier was sy nie meer in staat om verder te spreek nie, want die te groot wordende wonders verstik haar stem en sy val in onmag aan Abedam se bors.

[29] Maar Hy vang haar in Sy Arms, wek haar dadelik weer op en vra haar vervolgens: "Ghemela, dit het jy sekerlik nie agter die blommetjie gesoek nie!?

[30] En sien, tog is dit so en vanuit My nog eindeloos baie anders! Eenmaal by My in My ryk sal jy dit nog veel beter kan sien en daar­van geniet!

[31] Sien vir hoeveel Ek by so `n blommetjie al te sorg het, dink jou nou die oneindige wêreld van hemelliggame en geeste in!

[32] En tog het Ek jou lief asof Ek niks anders as jou alleen het nie!

[33] Begryp jy My nou ietwat beter?! O, Ek sê vir jou, jy sal jou Geliefde in die ewigheid hoe langer hoe beter leer begryp en ken! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205