Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Onskuld en skaamte. Terugkeer en ontvangs van die Bodes.

186 En toe Ghemela so `n heerlike vertroosting van Abedam verneem, word sy so bomate vrolik, dat sy nog op die arm van Abedam letterlik begin te huppel en te spring en wel so, dat sy in haar roes van vreugde selfs haar skaamte vergeet en daarom haar vader Zuriël haar toeroep, om haarself nie so erg te ontbloot nie en goed te dink, Wie dit was wat haar dra.

[2] Maar Abedam berispe die ongeleë teregwysing van Zuriël se kant en sê aan hom:

[3] "As jy My ken, waartoe dien dan jou besorgdheid? En sou jy My nog nie herken het nie, laat jou dan liewer deur jou dogters teregwys, sodat ook jy My ken netsoos hulle My leer ken!

[4] Sou jy dan miskien jou volkome onskuldige kinders die slang van ontug wil laat sien en in die plek van hulle volkome onskuld hulle die besorgde gewete van die wêreld wil gee?!

[5] O kyk, watter groot dwaas is jy! Wie kan haarself dan in My hande verwerplik en onbetaamlik gedra?!

[6] Wees daarom in die toekoms verstandiger! - En jy, Ghemela, laat jou maar nie onderbreek in jou vrolikheid nie; want dit is die volheid van die ewige lewe uit My in jou en dit het ook nog nooit die mees reinste engel ondergaan soos jy nou nie. Huppel en spring jy maar vrylik; want in My hande is dit goed om te huppel en te spring!"

[7] En Abedam omhels en liefkoos Ghemela nog ewe en sê toe aan haar: "Sien, My heel rein geliefde, van alle kante begin mense ons nou te nader omdat Ek vanmôre verligte bodes na hulle gestuur het; sodat ons nie hulle naywerige afguns sal opwek en hulle geen aanleiding tot geheime ergernis wil gee nie, omdat hulle My nog nie ken soos jy en almal hier aanwesig My ken nie, sit Ek jou nou weliswaar sigbaar weer op die grond neer, maar onsigbaar vir vleeslike oë, dus in die gees en in alle Waarheid, bly jy in die hande van My ewige liefde! Amen."

[8] Met hierdie woorde druk Abedam haar nog eenmaal aan Sy hart en sit haar toe baie sag op die grond neer en wel naas Sy voete. En reeds kort daarna kom die uitgestuurde aankondigers van die offer en die verligting volgens die Woord van Abedam naby en val neer voor Abedam en aanbid Hom vanuit die diepste van hulle hart; en agter hulle volg onafsienbare skares hulle goeie voorbeeld.

[9] Na `n kort pouse laat Abedam hulle opstaan en sê aan hulle: "Julle het eerlik en trou gewerk; want die vrugte van julle dade volg julle na, daarom beleef Ek ook `n groot vreugde aan julle en laat julle daardeur nou totaal vry om vir julleself `n loon van My te vra. En hoe julle wens ookal mag wees, dit sal dadelik in vervulling gaan; dus maak jul hartewens bekend!"

[10] En almal begin luid te roep: "Heer, heilige God, ons mees liefdevolle Vader, ons Emmanuel Abedam! Waarvoor moet ons U nog versoek, terwyl ons U het, U, ewige liefde, U, ons heilige Skepper en Vader?!

[11] Wat sou selfs die vurigste eieliefde nog kan bedink wat meer sou wees as U?!

[12] Sien, ons het in U immers al die hoogste loon vir ons, alleen U bo alles liefhebbende harte ontvang in so `n onmeetlike oorvloed dat ons die buitengewoon heilige loon sekerlik nie in die geringste verdien nie, ook al sou ons ewighede aanmekaar U daagliks nog onuitspreeklik meer kan dien as op hierdie môre! Ja, selfs ons ewighede lange, mees vlytigste diens sou tog slegs `n ydel niks wees ten opsigte van die oneindige grootte van hierdie onuitspreeklike, allergewydste vooruitbetaling, wat daaruit bestaan dat U Self, Mees Liefdevolle, heilige Vader, besluit het om na ons, wurms in die aardse stof, neer te daal en ons almal te vervul met U Liefde en U Allergewydste barmhartigheidslig, hoewel ons voor dit alles, volledig onwaardig was en dit nog is!

[13] O, die aarde sou ons almal in wye en diep, vlammende klowe moet verslind, as in ons, naas U, ook maar die geringste begeerte sou oorbly, ofskoon ons U, o Emmanuel vir die verlof om te mag spreek, ewig nooit genoeg sal kan bedank nie!

[14] Vir wat sou ons U kan vra?! Weet ons dan wat goed en nuttig vir ons sou wees?!

[15] Maar deur U barmhartigheid weet ons almal, dat alleen U vir ons die mees noodsaaklikste is. Maar ons het U tog immers al!

[16] Vir wat sou ons dan nog kan vra?! Ja, daarom kan ons U vra, dat U ons nooit sal verlaat nie! Word hierdie wens van ons ingewillig, dan het ons oneindig meer as wat ons vurigste wensende harte in alle ewighede der ewighede sou wil en kan bedink! Dus alleen daarom vra ons U, - maar nie as loon vanweë ons armsalige verdienste nie, maar alleen vanweë U erbarming en U Vaderliefde!

[17] O Emmanuel! Vergeef ons egter ook selfs die verlange, omdat ons almal voor U blind is, en nie weet wat ons doen nie! Wat U alleen maar welgevallig kan wees, is U heilige wil; en laat dit nou geskied, netsoos altyd en ewig, U heilige wil geskied! Amen."

Aanhangsel

Sien, Ek wil julle almal by julle naam noem:

H1BV1TSLGDSG (hoofstuk3:12)

Wat hierdie tien letters betref, wat van die begin af tot nou toe nie verstaan is nie, is eerstens die heil van die son en maan nie daarvan afhanklik nie, en die sterre vervolgens gaan ook hulle weg sonder dat hulle hulleself deur die onbegrip oor hierdie tien letters van hulle weg sal laat bring. Maar elkeen van julle weet dat vir die ewige lewe slegs een ding nodig is; wie daarop let en daarna streef, het vir sy gees die beste deel gekies, - al die ander kom daar op die regte oomblik as `n vrye gawe toegevoeg by. En so sou ook elkeen van julle die klein geheim reeds lankal kon ontsluier het, as hy homself daarvoor ernstig en in die volste vertroue in sy hart tot My sou gewend het. Maar in plaas daarvan het julle wel dikwels reeds nagedink, verreweg meer met julle verstand as met julle hart en daar lê dit dan ook aan dat julle die maklike geheim nog nie begryp nie, - en wel omdat dergelike dinge nie gegee is vir die verstand nie, maar enkel en alleen vir die hart en vir die gees!

Maar sodat, wat betref suiwer geestelike sake, julle nog baie onverstandige harte nie nog langer die swak verstand as `n blinde najaer sal uitstuur as verkenner in die geestelike domein nie, wat hom nog nooit enige vet buit opgelewer het nie, maar altyd slegs `n half vergane aas, wil Ek julle nogtans, met die onder hierdie tien letters aangeduide simboliese vriende, nader bekend maak; luister dus en begryp dit goed!

HI dui die Hel aan of die vlees wat die siel toebehoort; die getal 1 beteken die Hovaardigheid, Heerssug en die Hoogmoed van die hel in elke mens en dus ook in julle. Maar die hel is die mees intieme vriend van elke aardse mens, deurdat sy hom alles verskaf wat sy natuur streel en hom met allerlei liggaamlik behaaglike prikkels vervul.

Wil Ek nou `n mens in My ryk opneem en hom opvoed tot die ewige lewe, dan moet Ek ook sy vriendskap opneem, waarvan die mens, solank hy op aarde leef, nie in staat is om homself volledig daarvan te skei nie; daarom moet ook die sonde, as verwant van hierdie vriend, voor My oë as volledig gedelg verskyn, want anders is `n verdere opvoeding van julle gees nie denkbaar nie en onmoontlik. Met andere woorde gesê: As Ek julle wil behou, moet Ek ook My heilige Vaderhande om julle huishel vou en sodoende julle saam met julle tot nou toe nog baie intieme vriendin in My skoot opneem. – Daar het julle nou die eerste letter, waarvan ek die betekenis tot nou toe vir julle verswyg het en wel om baie wyse redes.

Die daaropvolgende B beteken alle moontlike Begeertes, wat weer uit H voortkom. Dat die begeertes ook vriende van die mens is, ingevolge sy sinlike natuur en almal deur My gegryp, verhoog en in iets edels verander moet word, as die menslike gees genees wil word tot die ewige lewe, is tog wel baie duidelik en vanselfsprekend?!

VI dui die Vernuf (rede) aan, gepaard met die Verstand, netsoos die wêreld of die hel dit aan die uiterlike natuurlike mens gee. Dat hierdie wêreld heersende egpaar benewens die hel in die grootste guns staan van elke mens, hoef nouliks van naderby vermeld te word; want alles laat die mens eerder vaar as sy beste en intiemste huisvriende. Hoewel `n mens ook menigmaal juis met sy ander wêreldse vriendskappe nie heeltemal tevrede is nie, het hy egter teen hierdie twee byna nooit of maar hoogs selde `n bietjie in te bring.

Maar as Ek die mens tot My wil verhef, bly daar niks anders oor as om ook aan hierdie mees intieme huisvriende van hom volledig amnestie te verleen. Ek meen dat dit wel eens baie verhelderend vir julle kan wees, omdat ook julle nog baie waarde aan hierdie ou huisvriende heg, ofskoon julle ook goed insien hoe ver `n mens met hulle in die land van die gees kan kom!

Die T dui op die met die verstand tegelykertyd opkomende Talent, waardeur die mens tot allerlei glorieryke hoogtes gevoer kan word, waarop die S (Selfsug) by voorkeur tuis is en met hierdie die L, die Leedvermaak, - suiwer huisvriende van die mens van hierdie wêreld wat Ek ook saam moet opneem, as Ek sy gees wil red!

Uit hierdie twee kom die troue Gehegtheid aan alle wêreldse glorie voort en die Drang om steeds hoër in die guns van die wêreld met haar voordele op te styg en soveel as maar moontlik is homself bo sy gelyke te verhef, waartoe hom sy vriend T die weg gebaan het. Dit is wederom vanselfsprekend dat by die opname van wat betref die gees van die mens, beide vriende G en D nie kan agterbly nie en vanweë die terugkeer en die ware geestelike veredeling, saam opgeneem moet word; en as alles reeds opgeneem is, kan ook beide laastes, die S en G, synde allerhande Vleeslike Sinlikheid, wat by elke mens legio is, en ten slotte wat ook aan iedereen welbekende, wêreldse, mateloos dom gebruike, netsoos mode, komplimente, ens., nie agterbly nie.

Sien, dit is dan die hoofwerk, die genoemde vriende en broers in julle, asook in My kneg, waartoe iedereen egter gereken word. Julle moet dit in julleself hardop verkondig, dat Ek My hande na hulle uitgestrek het en hulle kwaad afgewas het, die sonde verwyder en hierdie met die ware belange van julle gees in ooreenstemming gebring het, sodat julle nou, as julle wil, totaal ongehinderd op die getroue aangegewe weg van die lig en van die lewe kan voortwandel. Maar julle wil, ondanks alles, aan hierdie ou vriende van julle meer trou bly as aan My. As Ek julle, sonder julle toedoen, hierdie groot barmhartigheid en Heilige Vaderlike guns bewys, dan is julle vry daartoe. Ook daarvan sal die heil van die son en die maan nie afhang nie en die sterre sal nie verdwaal op hulle weg nie! Want julle weet tog immers dat daar vanuit My vir die gees geen moet bestaan nie! Omdat Ek reeds soveel vir julle gedoen het, is Ek ewenwel van mening dat julle ook die weinige sal doen, naamlik My voortaan steeds sterker met julle liefde aanhang en julle broers nie in die steek sal laat nie!

Ek sou julle die tien vriende van julle aardse lewe in die vlees wel reeds vroeër kon verduidelik het as dit vir julle heilsaam sou wees, maar omdat Ek goed ingesien het dat hierdie ou vriende van julle in julle innerlike kragtig alarm sou maak, as Ek meer as net hulle beginletters voortydig aan julle sou bekendgemaak het en dat alleen deur middel van die kneg, het Ek `n nadere aanduiding tot nou toe uitgestel. Omdat julle dit nou het, is dit tans aan julle oorgelaat om baie ernstig daaroor na te dink en julle by die verlangde opdrag uit die hoofwerk, soveel as wat dit vir julle moontlik is, aan die hand van hierdie tien letters, julle regte instelling bepaal, want solank julle die nadere betekenis van hierdie letters nie ken nie, doen Ek vir julle dit wat Ek deur middel van My kneg van die knegte self en van elkeen van julle verlang en nog verlang. Maar omdat die geheim nou aan julle onthul is, is julle self verplig om hierdie opdrag aan julleself te vervul, omdat julle andersins nie volledig geskik vir My ryk kan wees nie; want hier is die saak om die hand aan die ploeg te slaan en julle nie daarby terug te trek nie. Maar Ek het julle steeds langs ander weë getoon wat in die natuurlike mens aanwesig is en wat hy te doen het om die natuurlike mens geleidelik aan in die geestelike om te sit; en daarom kon julle die huidige onthulling tot nou toe wel ontbeer en julle het daardeur niks tekort gekom nie en kon, sonder bedenkinge, op die regte weg voortwandel, dit wat ook in die vervolg die geval sal wees, as julle getrou ag gee op dit wat Ek julle getrou aanwys om na op te let.

Maar veral: Hou julle vas aan die liefde; sy sal julle nie verlaat nie! Alles kan vergaan, alleen die liefde bly ewig. Waar sy woon, daar is alles; want die liefde omvat alles en is oral die grondslag van alles wat bestaan. Wees daarom nie kleinmoedig nie, nie treurig nie, nie nors nie, maar wees in alles dapper, opgewek, blymoedig en gewillig van verstand, van gemoed en van gees; want dan sal julle die maklike weg loop en die poorte van die hemelryk sal steeds wyd oop voor julle oë wees, waardeur julle dan weinig moeite sal hê om julle hiervoor onthulde wêreldse vriende, veredel in My ryk binne te lei nie, dit wat die vurigste liefdeswil is van Diegene wat julle hier deur die kneg hierdie groot barmhartigheid bewys.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205