Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Kain se moord op Abel

19 Die twee offeraltare van Abel en Kain het nie ver van mekaar gestaan nie; die hele afstand was sewe maal tien treë. Die vuurherd van Abel was teen die oggend en dié van Kain teen die aand geleë.

[02] Kain het nou gewaar, dat die rook van Abel opwaarts na die hemele gestyg het, terwyl syne na die aarde toe gedaal het, en Kain het in sy hart nydig geword; sy gesig het hy egter glad gemaak, sodat `n mens nie sy ergernis kon agterkom nie, Abel het vir Kain gebid het, omdat hy sy sluheid opgemerk het.

[03] Die Heer het Abel se smeekbede en vrome wens aangehoor. Sy Stem wat vol grimmigheid was, het aan Kain met `n sterk Stem gesê:

[04] “Kain, waarom het jy ontrou teenoor My geword en jou laat mislei deur die grimmigheid in jou hart, en waarom verdraai jy jou gesig en lieg jy met jou oë? Jy voer boosheid in die mou teen Abel! Is dit nie so nie? Ontken dit as jy kan!

[05] Ek het gehoor toe jy My son gevloek het en het die leë gerwe gesien waarmee jy My in jou traagheid en suinigheid afgeskeep het; en het ook verskeie kere gesien dat jy in jou groot luiheid, hoerery gepleeg het, aangesien jy byna nooit gedoen het wat Ek vir jou beveel het om te doen nie, voordat jy gemeenskap met jou vrou het nie. Sê My, is dit nie so nie?

[06] En sien, Ek het jou geduldig gade geslaan en het nie My Regterhand op jou laat val nie en het nie in My gewydheid kwaad geword vir jou nie! Daarom oorweeg My woorde en word vroom in jou hart en jy sal vir My aangenaam wees en jou offer sal weer aangeneem word; maar wanneer jy bly in die geheime besoedeling van jou hart, dan het die sonde voor jou deur vir haar `n rusplek berei en sal oor jou heers, en jy en al jou nasate sal slawe en knegte van haar word, en die dood sal oor julle almal kom.

[07] Daarom moet jy nie die oortreding volg nie, sodat sy nie oor jou kan heers nie, maar breek kragtig met haar en maak haar onderdanig aan jou, sodat jy kan vry word, - `n meester oor jou eie wil, wat vanaf die oorsprong boos is, omdat dit uit jou afkomstig is en nie uit My nie!”

[08] Kain buk toe af na die Aarde, asof hy sy skuld wil berou en gewaar aan sy voete `n slang, skrik toe hewig daarvoor, en het vinnig weer opgestaan, en wou na Abel vlug; die slang verstrik sy voete, sodat hy die plek nie kon verlaat nie.

[09] En die slang het sy kop opgetel en sy bek oopgemaak en sy dubbele tong beweeg en Kain geantwoord “Waarom wil jy van my af vlug? Wat het ek aan jou gedoen?! Sien, ek is `n wese net soos jy en moet in hierdie ellendige gestalte kruip; verlos my, en ek sal net soos jy wees en mooier as jou vrou Ahar, en jy sal net soos God word, sterk en magtig oor alles wat daar is op aarde!”

[10] En Kain praat met die slang: “Jy lieg; want toe ek jou in die gras gekry, verskeur en opgeëet het, het jy my bedrieg! En hoe moet ek jou woorde nou glo?! Destyds het ek baie swaargekry as gevolg van jou; daarom ken ek jou leuen en sal nooit jou stem glo nie. Het jy nie ook die woorde van JaHWeH van bo verneem nie?!

[11] Daarom, indien daar enige besef van die waarheid in jou is, verklaar aan my alles en oortuig my van die teendeel, sodat ek jou kan glo en aan jou wens voldoen!”

[12] En kyk, die slang sê weereens: “Dit alles is jou broer Abel se skuld! Hy wil die mag gryp om te heers, om vir jou, die eersgeborene, van jou reg te beroof, en alles sit hy so listig op tou, sodat hy selfs die Liefde van die God verblind, en vroom optree voor Haar oë, sodat Sy vir hom oor alles wat daar op aarde is, moet laat heers, en hy jou spottend kan vertrap met sy voete. Destyds, nadat jy my in die gras gekry en gedoen het, wat ek jou aangeraai het om te doen, sou jy `n heerser oor alles geword het, as dit nie was vir die geniepsige sluheid van jou fyn broer nie, wat vooraf agtergekom het wat met jou sou gebeur het; - hy kom toe onmiddellik na jou toe met huigelagtige broederliefde, asof hy jou wou help; ja, hy het jou ook gehelp, maar nie op die troon, wat net aan jou behoort nie, maar in ellende en totale nietigheid van jou verhewe wese, wat jy al lankal moes bespeur het.

[13] Sien, selfs oor dié kleinigheid was hy afgunstig teenoor jou, aangesien JaHWeH jou offer aangeneem het soos syne, en het hy deur sy skandelike, vleierige toertjies die swak wil van JaHWeH sodanig beïnvloed dat Hy jou offer verstoot en vir jou boonop nog `n growwe teregwysing laat toekom het.

[14] Dit was vir hom nie genoeg dat JaHWeH jou nie onmiddellik vernietig het nie. Kyk net na hom, soos wat hy nog so arglistig bid, om JaHWeH oor te haal sodat Hy dit aan jou moet voltrek, wat Hy tot nou toe, genadiglik nie gedoen het nie.

[15] En kyk, dit is die groot geniepsigheid van Abel, dat hy deur sy mees skandelikste, geveinsde huigelary, die Heer daartoe wil bring dat Hy, ten slotte in Sy blindheid, al Sy mag aan hom moet oorhandig, waarna hierdie Abel Hom van die troon sal afstoot. En sodoende sal God smag op aarde, maar Abel sal vir ewig `n heersende God op die troon van JaHWeH wees.

[16] Neem daarom nou `n besluit; dit is die laaste keer wat ek nog in staat is om jou van die nodige krag te voorsien, om vir jou en God te red! Gaan daarom vinnig na hom toe en praat strelende woorde met hom, sodat hy jou hierheen sal volg! Daarna sal ek sy voete en sy hande bind; jy moet dan `n klip neem en hom hard teen die kop slaan, waarna jy hom aan die dood sal oorgee, waarmee hy vir jou deur JaHWeH laat dreig het! Op die manier sal jy jou bevry van die andersins versekerde dood en sal die oë van die blinde Liefde van God oopmaak, wat deur Abel bedrieg is, en Hy sal vir jou `n heerser op aarde maak en wat die dood van die sonde onderdanig aan jou sal maak.”

[17] En op dié wyse, oorreed deur die besoedeling van sy hart, het Kain sy plek verlaat en na Abel gegaan en met `n strelende stem gesê: “Broer, broer, kom tog gou hiernatoe, en bevry my van die slang, wat my weereens ten gronde wil rig!”

[18] Maar Abel antwoord hom: “Dit wat jy glo eers moet gebeur, het reeds plaasgevind; maar wat jy van my verwag in jou verdorwen­heid, wil ek vir jou doen in my liefde. Die dood, wat jy dink jy vir my sal gee, sal oor jou kom; en my bloed, waarmee jy die aarde sal deurdrenk, sal tot God roep; en die klip waarmee jy jou broer wil vermoor, sal `n klip van aanstoot word, en al jou kinders sal daarmee verpletter word; maar die slang sal al die bloed op aarde laat besoedel, en die kinders van seën, sal om wraak skreeu oor jou bloed; en daar sal oor julle `n groot duisternis kom, en niemand sal die stem van sy broer meer verstaan nie, soos wat jy my stem reeds nie meer verstaan nie, aangesien jy jouself laat verblind het deur jou eie besoedeling deur die gedaante van die slang, in en om jou; wat daar was, is en ewig sal wees, naamlik die ware vloek van die regverdige oordeel van God!

[19] En sien, omdat die Heer my die plan van al jou geheime boosheid getoon het, en my op hoogte gebring het van jou groot woede, net so weet ek ook wat jy met my wil doen en waarom!

[20] O, jou blindheid sal duur tot aan die einde van alle tye, bring my dan daarheen as `n onskuldige slagoffer, en doen aan my vol­gens jou boosaardigheid in en om jou, sodat jou slang as `n ewige leuenaar bestempel sal word, en jy hierna self mag ervaar wie van ons twee bedrieërs is!

[21] En die skande wat jy JaHWeH aangedoen het, sal jou gevange neem en na die daad sal jou oë en ore oopgemaak word, sodat jy sal sien hoe JaHWeH my sal opneem na Hom toe, as die laaste offer uit jou hand, wat hom welgevallig is; want voortaan sal geen offer, maar die dood vir jou gegee word, waardeur jy jou broer geoffer het.

[22] En kyk, ek het al die mag oor jou en dit sou vir my maklik wees om jou te vernietig, soos daardie berg daar anderkant die rivier teen middernag!

[23] Ek sal die berg aanroep en sê: “Hier is ek, Abel, die geseënde van JaHWeH, vol van mag en krag van die Heilige Gees; daarom verdwyn in die niet, sodat Kain kan sien hoe groot sy leuen is!”

[24] En sien jy nou Kain, hoe die magtige berg verdwyn het uit sy bestaan deur die inwonende Krag van die Gees van die Liefde in my. Net so maklik sou dit vir my wees om jou ook te vernietig! Maar sodat jy kan sien dat daar in God geen swakheid is nie, en in jou broer geen skandelike heerssugtigheid nie, sal ek vir jou soos `n Lam ter slagting volg.”

[25] Kain neem toe vir Abel heel vriendelik aan die arm en sê: “Abel, wat dink jy van my?! Ek soek hulp, en jy wil my reeds vooraf beskuldig oor jou dood; kom dan en volg my na die plek waar die slang vir jou wag, en vernietig dit soos die berg en bevry my en maak jouself vry van die beskuldiging van die slang.”

[26] En Abel het hom kortweg geantwoord: “Wat is die verskil tussen jou en die slang?! - Dink jy, blinde mens, dat ek ook `n moordenaar van my broer is?! - Daarom volg ek jou en sterf vir die lewe, terwyl jy sal bly lewe vir die dood!”

[27] En sien, dit was Abel se laaste woorde aan Kain en van die lippe van Abel het geen geluid meer na die ore van Kain gedring nie; en so het hy Kain gewillig gevolg waarheen hy hom gelei het.

[28] Nadat hulle nou by die plek aangekom het waar die slang op Kain gewag het, die plek waar Kain se bose opset vorm gekry het, het hy die hande en voete van Abel gebind, het hom op die grond gegooi, `n groot klip geneem en die kop van Abel daarmee verpletter, sodat sy bloed en sy harsings wyd oor die aarde gespat het.

[29] En die slang het hom losgemaak van die voete van Abel, het die klip in sy bek geneem en dit voor die deur van Kain geplaas, en het in die sand onder `n doringbos weggekruip.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205