Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Hanoch se goddelose regering

26 En wend nou julle blik `n kort rukkie terug na Hanoch en Ek sal julle nog kortliks toon, hoe dit daar net na `n tydsverloop van skaars dertig jaar uitgesien het.

[2] En sien, Hanoch het nou die mooiste vrou vir homself uitgesoek en daarnaas nog twee byvroue en het matelose ontug met hulle bedryf. Daardeur word sy verstand so vreeslik verduister, dat hy sy regering heeltemal vergeet; en die weinige gedagtes waartoe sy denke nog ter nouernood in staat was, was slegs nog maar gerig op `n goeie lewetjie, pragtige, sagte klere en hoe ryk hy is.

[3] As sy onderdane hom maar baie en goeie geregte van allerlei soorte vrugte bring en baie glimmende dinge vir sy huis en egte sagte kleding, gevlegde artikels van die fynste grassoorte wat aan die voet van die berge groei, dan was hy daarmee ook al volledig tevrede en laat daarby die wette en die regering vir hulleself sorg.

[4] Maar sien, toe merk sy onderdane dat hy lou geword het en hulle maak gebruik van sy blindheid. Toe merk sy dienare ook hoe die saak daar uitsien en hulle was so slim en so slu soos die slang self, en probeer daarom hulle meester voortdurend op alle moontlike maniere aan die slaap te sus en veroorloof ook op leuen­agtige wyse – as`t ware op aansporing van die inskiklike vors - en verskaf aan die onderdane, op aanmoediging, alle moontlike vermaaklikhede, as hulle maar baie vlytig hulle steeds, in aantal toenemende, gawes aan hulle aflewer.

[5] En sien, toe hierdie dienare nou sien dat hulle ongestraf kon doen wat hulle wil, begin hulle te regeer en gee wette aan die onderdane; ten eerste moes hulle die vors deur allerlei offers `n goddelike verering betoon en ten tweede moes die mooiste dogter van die een of ander onderdaan aan die vors gegee word; en die onderdaan wat die gelukkige gewer sou wees, word onthef van alle leweringsverpligtinge en hy sou sy huis in eiendom besit, hy sou toegang hê tot die huis van die vors en sou homself met sy dienare kan onderhou en hy sou elke jaar eenmaal sy vors mag aanskou en hom bedank vir so `n groot en vererende barmhartigheid.

[6] En sien, daarmee het die slang `n waarlike geniale streek uitgehaal, soos julle dit sê! Want nou begin die ouers hulle dogters merendeels tuis te hou en bestee almal baie aandag daaraan, dat hulle baie lieflik en mooi word, om daardeur miskien eendag die staat van vryheid te bereik. En so `n skoonheid kyk dan die gewone volk nie meer aan nie, omdat hulle dink dat hulle bestem was vir die vors.

[7] Maar wat gebeur daar nou deur die wedersydse bedrog? Niks meer of minder as die allerergste wat julle julle maar in julle diepste gedagtes kan voorstel, naamlik: Die dienare trek uiteindelik die hele regering na hulleself onder die sluwe voorwendsel, dat hulle, wat baie goed van die tongriem gesny was, aan die vors duidelik maak dat hy nou nie meer `n vors, maar `n God van die volk was en dat dit `n vernedering sou wees teenoor sy oneindige hoogheid en onuitspreeklike verhewenheid, wat nou goddelik was, om die aardwurms wette te gee. Die dienare wil uit onmeetlike hoogagting vir sy bo alles verhewe gewydheid hierdie vernederende saak op hulleself neem; en sodoende sou hy niks anders hoef te doen as slegs maar deur middel van `n wenk sy welgevalle of sy minagting te uiter en die skatte, wat hulle in groot hoeveelhede vir hom sou versamel, goedgunstig en barmhartig aan te neem.

[8] Origens mag hy homself slegs eenmaal in `n jaar aan die volk toon, waarby elkeen dan voor hom sou neerval en hom lêend in die stof aanbid; en indien hy dan een van die stowwerige wurms `n besondere barmhartigheid wou bewys, dan mag dit gebeur deur `n ferm trap met sy heilige voet op die kop van die wurm.

[9] En indien so iemand hierdie hoë barmhartigheid deelagtig mag word, byvoorbeeld vanweë die offer van `n mooi, aantreklike meisie, dan sou hierdie persoon dadelik van die aarde opgetel word en hy sou die goddelike verhewenheid van die meester van almal se mag en krag aanskou en sou daarna `n vry burger word van die heilige stad van die verhewe god Hanoch.

[10] En sien, hierdie listige beredenering van sy dienare streel sy egoïstiese ydelheid so veel, dat hy dadelik alles heeltemal inwillig. O, wat `n ontsaglike groot dwaas!

[11] En sien, nou het die dienare bereik waarna hulle al lank gestreef het, naamlik die wetgewing, bestrawwing en hiermee die hele regering, en so kom daar in plaas van één, tien vorste, wat ook nie die geringste onderskeid maak tussen mense, hulle broeders en die ander diere nie en hulle slegs maar onderverdeel in diere met verstand en diere sonder verstand. En slegs as een willekeurig met rede begaafde dier die een of ander sluwe, bose plan in hulle voordeel tot `n goeie einde gebring het, word aan hom die reg gegee om homself ook `n mens te mag noem.

[12] En toe hierdie tien vorste nou sien hoe hulle wette blindelings gehoorsaam word deur die diermense, - natuurlik as gevolg van die baie groot vrees vir die eindelose mishandeling, - kies elkeen van hulle geleidelik eweneens tien dienare uit die vrye burgers van die stad en verhef hulle tot `n soort adelstand, tesame met hulle vroue en kinders. Daarteenoor moes ewenwel hulle dogters, as hulle mooi en bekoorlik genoeg voorkom, vrywillig as hoere aan hulle gegee word. Hulle verwek kinders by honderde en duisende tegelyk, wat dan almal weer aan die diermense oorgelewer word om gevoed te word; en wanneer hulle volwasse is, word die manlikes eweneens by die diermense ingedeel, maar die vroulikes word weer as hoere gebruik, omdat hulle deur `n lis van die slang merendeels baie mooi en bekoorlik word. Hulle word dikwels reeds op hulle twaalfde jaar beslaap en word daardeur onvrugbaar gemaak. En as hulle dan na `n kort tydjie al hulle bekoring verloor het, word hulle uitgestoot na die diere en die moes vir hulle sorg en was "Huhorae" genoem, dit beteken by julle "mense wat die vee versorg".

[13] En sien, so gaan die mense meer as dertig jaar aan om op hierdie wyse te lewe. Toe egter, omdat die mense hulleself op hierdie ontugtige manier vermeerder het tot baie honderde duisende en hulleself wyd en syd oor die land versprei het en daardeur nie meer oorsien kon word nie, word met die arglose toestemming van Hanoch, hulle heeltemal kragtelose en daadlose god wat nooit ingryp nie, nog weer tien stede gebou en hulle word vernoem na die name van die tien vorste, en hierdie vorste heet:

[14] Kad (die dief), Kahrak (die hoë rentmeester), Nohad (die bedrieër), Huïd (die bose), Hlad (die koue), Uvrak (saad van die slang), Farak (die gruwelike), Molakim (die leuenaar), Uvrahim (die fyn vleier) en Thahirak (die groot sondaar).

[15] En sien nou, elkeen van hierdie stede word gebou volgens die voorbeeld van die stad Hanoch; en sodoende word daar ook in die middel van elkeen `n hoë kasteel (burg) gebou, gelyk aan die hoë woning van Hanoch en dit word omgewe deur `n muur en `n grag. En dink daaraan dat die mense toe geen werktuie gehad het soos harke, grawe, spitvurke en pikke nie; daarom moes hulle hulle hande gebruik en soos woelmuise met hulle vingers in die grond vroetel!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205