Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die voorgeskiedenis van die Sjinese Volk

37 Voordat ons nou na Hanoch sal terugkeer, moet Ek julle noodsaaklikerwys nog ietwat van naderby oor die bewoners van Sjina inlig. Onthou en weet dan dat ten eerste, wat die afmetings van die groot kinders van My liefde uit Adam ontspruit het, betref, julle voorstelling verkeerd is, as julle daaronder die liggaamlike grootte verstaan; dog seshonderd ses-en-sestig duim is die getal wat My volledige liefde in die mense aangee. Die duim gee die maatstaf aan van die goeie wat uit die liefde tot My voortkom; daarvan is daar seshonderd vir My, dan sestig vir die naaste en ten slotte ses vir homself. En die maat van die vrou is gelyk aan die goddelike maat in die man; dog in die naasteliefde en die eieliefde van die vrou is `n verskil van ses-en-sestig en vandaar moet die vrou wat dit betref die man in alles volstrek gehoorsaam wees. Daar die vrou uit die eieliefde van die man gevorm is, kan sy haarself ook slegs in die man bemin, as haar liefde opreg sal wees; en omdat sy die man se naaste is, is ook haar naasteliefde allereers op die man gerig, en vandaar die verskil.

[2] Origens was beide, net soos al die kinders van Adam, liggaamlik beduidend groter as die baie verswakte kinders van Kain en hulle het baie magtiger, kragtiger en sterker spiere, are en inwendige organe gehad.

[3] (N.B. Die ooreenkoms van die getal van die mens met die getal van My teenstander berus daarop, dat by die laaste juis die omgekeerde die geval is, om die mees afskuwelike wese in My oë te wees.)

[4] Sien nou, hoe Sihin die eerste was wat sy gemoed na My toe gekeer het; ook was hy die mees volgsame seun van hierdie ouers en het selfs vol sorg ook die ander tot gehoorsaamheid gebring; daarom sê Ahujel, terwyl hy hom eers in My Naam seën, in die teenwoordigheid van Aza en al die res:

[5] "Sihin, ek seën jou in die Naam van my en julle God! Die land sal jou naam dra. Neem jou mooiste suster tot vrou en bring met haar in alle geseënde kuisheid kinders voort, net soos die kinders van God en noem hulle "Seuns van die hemele" en "Dogters van die aarde"; en as my groot geslag deur die liefde van God van die aarde weggeneem sal word, laat dan julle nakomelinge liefdevolle, wyse leiers wees vir die nakomelinge van julle broeders!

[6] Soek die liefde, en die wysheid sal vir julle gegee word en julle stam sal nie uitsterwe voor die einde van alle tye nie; want die Heer sal baie takke aan julle stam maak, sodat julle naam tot aan die einde van alle tye sal voortlewe.

[7] Aan julle is nou slegs één vrou gegee; maar in die loop van die tyd sal die manne in alle kuisheid, vanweë die verwekking van die geslagte, ook meer vroue neem; dog hou julle ver van alle hoerery en `n ongeseënde geslagsdaad. En as julle dit alles in ag sal neem, sal julle volk reeds na duisend jaar soos die gras op aarde en soos die sterre in die hemel word.

[8] Ek, met my weinige nakomelinge, sal julle nog seën en vyfhonderd jaar lank lei; maar dan is julle aan die beurt tot aan die einde van die tye. Maar die tyd moet julle meet aan die rypheid van `n vrug, wat in die tyd van één omloop van die aarde om die son vyfmaal ryp word. En so dikwels as wat julle `n ding leer ken het, kyk dan in julleself; daar sal julle `n teken vind en met die teken moet julle die ding altyd beeldend aandui. Julle handelinge moet uitgedruk word deur verskillende daarby passende lyne en die voltooiing daarvan deur punte. Op die manier moet julle alles opteken wat julle in die toekoms nog van ons sal hoor, leer en ervaar, en julle moet ook tot aan die einde van die tye julle kinders op die noodsaaklikheid daarvan wys as toekomstige groot getuienis oor die bose slanggebroedsel. Amen."

[9] Dog sonder skade aan die vryheid van gees, het die volk ook nie altyd heeltemal dieselfde gebly nie. Volgens die berekening, ongeveer honderd-en-twintig jaar na die sondvloed, groei die nakomelinge van Sihin eweneens tot `n belangrike volk aan en raak dikwels verwikkeld in allerlei twiste en vorm op die manier partye, wat in hulle gebruike en godsdienste verskil. Sommiges beweer dat slegs die eersgeborene in staat was om leiding te gee; ander sê dat om as eerste gebore te word, geen uitnemendheid inhou nie, omdat vroulike eersgeborenes herhaaldelik voorkom, - vandaar dat die bekwaamheid om leiding te gee altyd aan verstandiger harte opgedra sou moet word. Ander uit die volk gryp dit weer aan en sê: "As dit slegs maar oor die hart gaan, waarom sou dan die besonne hart van `n jonger broeder ook nie in staat wees om leiding te gee nie?" Maar sommiges verwerp weer alles en sê: "Soos dit in die begin was, so sal dit tot aan die einde van die tye bly!" Ander sê dat mens oral en altyd God om raad moet vra en nooit eiemagtig moet oordeel en handel nie. Daarop werp ander weer teë: "As dat so is, dan kan elkeen immers dit doen, waarom dan ook nog een of ook meer leiers?" - Ander sê weer dat God homself nie aan elkeen openbaar nie, sodat die mense mekaar nie sal kan ontbeer nie. Daarop antwoord ander weer: "Dan moet elke siener dus tog onderrig wat hy verneem het en die leiding aan God toevertrou; waarom dan een of meer leiers?" Ander merk weer op: "Maar wie gee ons die sekerheid dat so `n siener en leraar wat bo ons wil staan, ook wel altyd God se woord spreek?" Ander sê wederom daarop: "Ja, wanneer mense die lerare nie meer onvoorwaardelik kan en mag glo nie, dan het ons leiers en lerare immers sinloos geword!" En meer van dergelike grapmakery, waardeur daar dan ook `n massa sektes gestig word en die ryk daardeur in baie verskillende bestuurs- en onderwys-groeperinge verval, en so gaan die versplintering voort tot in die jaar 3700 nadat Adam in die lewe geroep was. Totdat dit selfs by julle beter geskiedskrywers die meer bekende bouer van die Hehu-Tsin"s linie (beskermende muur), Tschi-Hoang-Ti (wyse alleenheerser oor die volk) genaamd, optree. Hy begin vurige predikinge vir die volk te hou en voorspel, dat `n groot volk, nie ver van die landsgrense, hulle in die geheim sou verken het; en as hulle hulleself nie almal tesame sou verenig om langs die hele ryk `n hoë en dik muur op te bou nie, die volk massaal en kragtig binne sou val en hulle almal op `n bose wyse sou ombring.

[10] Hyself sou van My die mag hê, om solank die inval teë te hou, totdat die muur klaar sou wees; egter slegs gedurende tien jaar, waarin hulle almal ywer moes aanwend om so spoedig moontlik die groot, heilige werk volgens My geopenbaarde wil te volbring, anders sou dit sleg vir hulle daar uitsien.

[11] Nou kom al wat hande het, bymekaar en die muur was in agt en `n halfjaar voltooi en het `n lengte van meer as agthonderd-en-sewentig duisend manslengtes, die breedte was nege manslengtes en die hoogte negentien manslengtes. En dit was al om die honderd lengtes voorsien van `n tien lengtes hoë wagtoring, waarin honderd man onafgebroke, mekaar afwisselend, moes waghou. Dit het weliswaar gladnie so lank geduur nie, omdat hierdie valse profeet homself aan die volk ontmasker het deurdat hy al hulle godsdienstige voorskrifte versamel het en wat nie vir sy ware despotiese gees bevorderlik was nie, laat verbrand en vernietig het.

[12] Daardeur geluk dit hom om die groot ryk, wat vóór hom baie verdeeld was, slegs weer deur geweld te verenig en dit sestig jaar lank as `n egte oorweldiger te beheers. Sy seun, wat dieselfde naam gehad het, het lou en toegewend geword; maar dié se seun, die opvolger van beide hierdie oorweldigers, het die bloedige vervolging van die vromes begin, waarmee sy grootvader reeds begin het, om dit op nog onmensliker wyse voort te sit en daarvoor moes hy by `n algemene volksopstand vir die groot misdaad met sy lewe betaal.

[13] Die ryk verval toe weer in baie dele, tot eindelik in die jaar van die wêreld 3786]. Totdat Liehu-Pang (`n straatrower) `n leër van gelykgesindes byeenbring, en as veldheer alles onderwerp en homself ten slotte as alleenheerser (keiser) en seun van die hemel, op die troon geplaas het. Soveel as maar moontlik was, het hy ou, nog êrens verborge geskrifte en sages versamel, reël die gods-diens, stel priesters aan wat oor die heiligdom moes waak en skei die volk in bepaalde klasse of kastes, waarbinne mense moes bly op straf van die dood.

[14] Hiermee stig hy die sogenaamde hemelse ryk of die groot dinastie (Han) en brei selfs verby die muur aansienlik in `n weste­like rigting uit. En so bly die ryk voortbestaan tot in die vierde eeu voor die groot menswording van My Woord, waarna daar wederom `n groot splitsing plaasvind, waarby `n groot deel van Tartarië en Mongolië verlore was. Dit val daardeur uiteen in drie ryke, wat mekaar bestry en so `n ryk noem mense Tschenkue en nog later, in die vierde eeu, na die groot menswording van My Woord, sterf die geslag uit. Die ryk kom terwille van die volke en die priesters in dieselfde hemelse gedaante onder `n Mongools-Tartaarse heerser wat homself in die omgewing van die Baikalmeer opgerig het en hy bevind homself nog tot vandag toe onder dieselfde leiding, wat meer te verdra is.

[15] Daar het julle nou kortliks die hele geskiedenis van Sjina. Laat diegene wat moeite het om dit te glo daarheen reis en homself oortuig; maar dit sal met hom nie baie beter gaan as wanneer hy na Japan sou reis nie. `n Lantern op `n helder verligte dag help die blinde ook nie; hulle wat sien het genoeg aan die lig van die son!

[16] Nou, aangesien ons op hierdie manier ons veertien mense, wat `n skoling deurgemaak het, goed versorg het, keer ons vir `n kort tydjie nog na Hanoch terug en kyk nog ewe na die dwase handel en wandel van Lameg; en as ons tot aan die tyd van Noag dan heeltemal genoeg daarvan gekry het, dan sal ons nog `n kort besoek aan die stamvader Adam bring en sal daarna dadelik die sluise van die hemel oopmaak. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205