Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Begin en oorsaak van die verval van die kinders van die Hoogte

39 En sien, daarop verlaat hulle die stamvader en gaan heen en hierdie skatte kry byna te veel plek in hulle harte, so erg selfs, dat daar vir My maar baie weinig ruimte oorbly, wat deurgaans natuurlik volstrek nie meer volgens My ordening was nie. En so word dit mettertyd steeds donkerder in hulle harte en hulle word steeds sinliker en sinliker. En hulle kinders het ook so geword en spoedig was daar ook weinig onderskeid meer tussen hulle en die Hanochiete nie.

[2] Daar dit die kinders van Adam opgeval het, dat hierdie vroue buitengewoon mooi was, vra hulle aan die twee, waar hierdie vroue vandaan gekom het.

[3] Hulle antwoord: "Uit Hanoch se diepte; daar is nog baie duisende wat uit die bloed van Kain ontspring het! Gaan daarheen, verkondig die Naam van die Heer daar en dieselfde loon sal julle deel word. Hored het daarheen gegaan en was beloon; ons het daarheen gaan en die loon het ons op die hart gebind!" - Hulle vra na Hored en beide antwoord: "Broeders, ons liefde het ons deur haar geseënde soetheid blind gemaak; daarom weet ons nie welke kant hy opgegaan het nie. Maar ons dink dat hy die weg van Ahujel en Aza geneem het en julle weet, dat julle nie vroeër daarheen kan gaan nie, alvorens die son tagtig maal op- en ondergegaan het nie; maar julle het weinig daaraan om hom sy geluk te beny, maar daar is alles aan geleë dat julle die wil van JaHWeH uitvoer en heengaan en in Hanoch Sy heilige Naam met krag laat weerklink, en julle loon sal julle nie weerhou word nie."

[4] En hulle wat dit verneem het, hulle aantal was sewe, begewe hulleself na die diepte. Ons sal ewenwel vroeër nog `n blik in die diepte van die dal van Hanoch werp en hulle daar inwag, nog voordat ons hulle daar oral laat optree en hulle daar, as nie uit My Naam geroepenes, met wêreldse oogmerke sal laat handel.

[5] Sien, Lameg het nou niemand meer gehad om hom te troos nie. Niks het hom aangespreek nie; die musiek het sy gewete laat sidder en hy hoor in die sagte trillings slegs die laaste sug van sy vermoorde broers en die toon van die fluit sny deur sy kliphart. En dus vervloek hy Jubal, dat hy sulke ellendige dinge oproep, wat hom by die klank van elke toon nie net sewe-en-sewentigvoudig dood nie, maar gedurig vir hom `n duisendvoudige dood berei. Om die rede, wat steeds weer sy gewete so verskriklik verontrus, moes Jubal die hof verlaat en hy mag homself nie meer laat sien het nie, as sy lewe vir hom verder nog iets werd was.

[6] Ook sy mooiste besittings - al was hulle uiterlike hoe aantreklik - was nie meer in staat om hom ook maar die geringste genoegdoening te verskaf nie, daarom verskeur hulle hulle klere en ween en treur. Toe Lameg dit sien, gaan hy na hulle toe en sê: "My Ada is weg en my Zilla is nie meer daar nie; wat moet ek met julle maak? Gaan na die velde en werk, sodat julle maag in Hanoch nie leeg word en julle nie aan my hof ten gronde gaan nie; want ek het niemand meer nodig as net myself nie. As ek nog mag besit, dan sou die son, die maan en alle sterre voor my woede buig; maar sedert Tatahar het ek swak geword en daarom is ek nie meer in staat om selfs deur die baie teregstellings; wat volgens my regverdige wette uitgevoer was, weer my verlore mag te herstel nie. Daarom wil ek alles verwyder en slegs wees met my weinige knegte en raadslede en orige dienare, en ek wil my regering slegs tot my stad beperk. Laat al die ander maar wetteloos en voëlvry wees en wie ooit my hof sal benader, sal met die dood bestraf word!

[7] En staan nou op, sodat julle nie die eerstes is wat die oordeel sal ondergaan nie; en laat niemand dit waag om my ook maar met één woord te antwoord nie, as hulle nie wil dat ek my woede met hulle bloed verkoel nie!"

[8] En sien, dadelik verdwyn hy en die meisies gaan weg. Hulle was dertig, almal van `n buitengewone skoonheid in die leeftyd van twintig tot veertig jaar. Toe hulle buite kom, gaan hulle op die grond sit en pleeg oorleg onder mekaar wat hulle nou wel te doen staan, - en hulle kon nie tot `n bevredigende besluit kom nie. En sien, terwyl hulle oor alles en nog wat pieker, merk hulle opeens dat sewe groot, baie kragtige manne om hulle heen staan en hulle skrik erg deur die onverwagte verrassing. Maar toe die manne hulle verleentheid opmerk, spreek hulle hulle as volg aan en sê:

[9] "Vrees nie, jong, mooi kinders, want aan julle sal geen kwaad geskied nie. Ons kom nie uit Hanoch om julle terug te stuur en te dood nie, maar ons kom van bo van die berge en wil julle red; en as julle jul onder die belydenis van die goddelike Naam van JaHWeH deur ons laat seën, wil ons julle, versterk deur die liefde van God, die bo alles magtige Vader van ons vader Adam, tot ons liewe vroue neem. Maar daarvoor moet julle ons volg na die hoogtes waarheen Naëhme die groot Hored gevolg het en waarheen Ada en Zilla, die vroeëre vroue van Lameg, die skrikwekkende broedermoordenaar, homself met genoegdoening in die veilige arms van beide die broeders Aholin en Jolliël begewe het."

[10] Toe staan die meisies op en sê: "Ons is dertig en julle is slegs sewe; as elkeen van julle, soos ons eens gehoor het, maar één vrou mag neem, dan is dit die vraag wat ons, die orige drie-en-twintig, aan julle sy sal doen?"

[11] En die sewe sê: "Dit is nie soos julle dink nie! Alhoewel daar in die begin slegs één man en één vrou deur die almagtige liefde van JaHWeH geskape was, soos ons nog deur die onder ons lewende stamvader Adam vertel is, is dit tog aan ons, kinders van God, toegestaan om vier, ook vyf en nog meer vroue te neem ten behoewe van die voortplanting. Het daarom maar geen beswaar nie, laat julle seën en volg ons!"

[12] En sien, nadat die meisies dit verneem het, word hulle buitengewoon vrolik en volg die manne te voet. En toe hulle nou die hoogtes heeltemal bestyg het, wis die sewe nie hoe hulle hierdie skatte van die liefde onder mekaar sou verdeel nie. Hulle val neer en smeek My om raad. - En sien, daar kom Set nader gestap en sê: "Staan op en versoek God nie met `n meinedige hart, deur die Heilige te vra hoe julle `n onrein vangs onder mekaar sou kan verdeel nie, maar gaan na Adam en berou daar julle geweldige misstap en deel dan die vroue, nadat hulle deur vader Adam geseën is, aan julle broeders uit, sodat julle geregverdig voor God mag verskyn; want julle weet dat God gewyd is en dat Sy land nie ontwy mag word deur ongehoorsaamheid en deur die geilheid van julle ydele harte nie!"

[13] En sien, na hierdie teregwysing gaan die sewe met die jong vroue, deur Set gelei, na die woning van Adam en vind hom en Eva wat tot My bid en sug, langs Enos ("die prediker van My Naam"), wat `n seun van Set was en aan die sy van Henog ("die wil van JaHWeH"), die baie vroom seun van Jared. Set meld onmiddellik aan vader Adam wat daar gebeur het en versoek hom om erbarming te hê met die nakomelinge van Kain om daardeur die ordening wat deur die sewe versteur was, weer te herstel.

[14] Adam sê egter: "O my liewe seun Abel-Set, - ja, jy is `n getroue ewebeeld van my vrome Abel; jy is, net soos hy, heeltemal volgens my sin vervul met liefde en dit verheug my baie! Hy seën uit liefde die moordenaar en jy soek seën vir die bloed van my vyand!

[15] O, wees duisendvoudig geseënd, jy deur God gewekte saad en seën met hierdie seën so die diep ontwyde bloed en deel dit uit aan die kinders! En as dit die Heer behaag, dan mag elkeen net een van die maagde neem en nie één meer nie, en dan nie hier in die land van JaHWeH bly nie. Hulle moet dertig dae lank in die rigting trek van die streek waar die son ondergaan en hulleself daar in die diep dale vestig en hy mag nie tot die vaders, wat hier woon, kom voordat die son honderd maal haar kringloop volbring het nie; want jy, my liewe Abel-Set, vervul van JaHWeH se barmhartigheid, weet tog immers hoe gewyd die oord is, waar Sy heilige naam so dikwels deur iedere mond genoem word, waar julle offeraltaar staan, waar deur Enos ook die heilige Wil van die allerhoogste, heilige Vader gepredik word en waar Henog die heilige Wil baie nougeset vervul. Handel daarom in die heilige Naam van JaHWeH en in my naam, wat `n heilige naam is, omdat ek dit as eerste ongebore mens deur God se heilige hand geskape, uit Sy baie heilige mond ontvang het!

[16] Laat die liefde julle lei en die barmhartigheid julle ewig begelei! Amen!"

[17] En sien, Enos en Henog begelei vader Set uit die hut van Adam na buite. En Eva ween van vreugde, omdat hulle sien dat Adam so gelukkig was en sê: "Adam, wat gee dit my tog altyd `n vreugde as jy eg gelukkig is! Maar wanneer ek in myself terugkyk, dan word ek weer treurig as ek ondervind, hoe groot my skuld is en hoeveel boosheid reeds daaruit voortgekom het; - hoe moet dit dan wel by die nakomelinge van Kain daar uitsien! O God! Hoe is ek nie `n groot sondares nie!"

[18] Maar Adam antwoord haar troostend: "Geliefde vrou, jy, my tweede ek, jou treurigheid is altyd korrek en vir die Heer welgevallig. Wees daarom rustig van hart en bedink dat ons sonder God tot niks in staat is nie; maar met God kan ons alles doen, dit het Henog ons geleer. Daarom kan ons sonder God ook nooit volledige rus vind nie, daarom ook sal ons alles aan die Heer offer. Sien, Hy is magtig, wys en vol liefde en Hy sal ook die korrekte middel vind om dit weer reg te maak, wat deur ons krom getrek was. Wees daarom onbesorg; die liefde van die Heer sal op sy tyd alles weer in orde bring! Amen."

[19] En sien, toe dank die aartsmoeder Adam en hy seën haar vir die laatste maal in My Naam en leef daarna nog tien jaar, - en sy nog dertig.

[20] Set doen nou wat Adam hom aangeraai het. Die sewe begin egter te huil omdat hulle moes weggaan. En Set betreur dit in sy hart en val neer en smeek My in sy hart, terwyl hy sê: "O JaHWeH! Sien die trane van hierdie kinders brand in my gemoed en tog is my liefde slegs haat vergeleke met U oneindig erbarming! Toon my deur die mond van Henog wat ek moet doen; of laat my net soos Abel sterwe, sodat ek die trane van die te verbanne kinders nie sal sien nie! O JaHWeH, verhoor soos altyd ook hierdie keer my smeking! Amen."

[21] En sien, Henog kyk op na die hemel en Ek open sy mond en hy begin te spreek en sê: "Ek het my oor op die aarde te luister gelê en het die liefde van Set duidelik verneem. Laat dit so wees, dat die sewe die maagde gee aan hulle dertig broeders wat geen vrou het nie; maar hulle moet nog tien jaar kuis lewe, dan mag hulle bly; indien nie, dan moet hulle voor My aangesig vlug, soos wat Adam dit vir hulle gesê het! Amen."

[22] En toe die sewe dit verneem het, word hulle harte opgewek en vrolik en hulle prys en loof God vir so `n groot barmhartigheid en bring die maagde met blydskap na hulle broeders, begelei deur Set, Henog en Enos.

[23] Maar toe die broeders hierdie maagde in die oog kry, skrik hulle en weet nie wat daarvan sou kom nie en hulle weier om hulle aan te neem. Maar omdat Ek die bereidwilligheid van die sewe bemerk, spreek Ek deur die mond van Henog:

[24] "Ek het by die sewe `n onbaatsugtige hart opgemerk, wat genoegdoening daarin het om aan hulle broeders vreugde te bring; behou daarom die meisies, wat geseënd is vir julle hart; vir elkeen vier en vir die twee oudstes elkeen vyf; maar die gebod van die kuisheid moet gehou word! Amen."

[25] En sien, Set, Enos en Henog seën hulle en verlaat hulle, terwyl hulle My Naam prys en hulle gaan heen en vertel dit aan Adam.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205