Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se rede vir sy val

40 En toe Adam dit van Set, Enos en die vrome Henog verneem het, was hy baie verheug, omdat hy sien hoe ver My liefde bo die liefde van alle mense verhewe is. En hy verwonder homself nie weinig toe hy daardeur gewaar word dat My liefde selfs in die diepte van die vloek na die gladde addergebroedsel afgedaal het. En hy spreek, daaroor ten diepste geroer, die volgende kort rede uit. Die toespraak was daarna nog lank beroemd en het tot aan die sondvloed bewaar gebly, dit was egter nie opgeteken nie, maar het homself van mond tot mond versprei. Dit rede lui soos volg:

[2] "O my kinders! Maak julle oë wyd oop en omvat die uitgestrekte vlaktes van die aarde, wat nou, sover julle blik reik, reeds byna oral besaai is met my geseënde kinders! Kyk omlaag in die diepte en oorsien al die donker, uitgestrekte dale en sien in die rigting van die oggend-verte `n baie hoë, steeds brandende berg! Omvat die hele aarde as julle dit kan doen en kyk na my, die eerste mens van hierdie aarde, - ja, wat sê ek, sien my as die een wat eerste sou moes wees, wat in die gees al die geskapenes as skepsel voorafgegaan het en wat wou sterker straal as die sentrum van die sonne en groter wou wees as God! En God het my die mag van Sy gewydheid getoon en ek was verdoem en was in die oneindige dieptes van God se see van toorn gewerp en was daar deur die oneindige dieptes van die een toorn na die ander geslinger. Ja, daar kon toe wel ewighede na ewighede verstreke gewees het; maar daar was desondanks in die wye onmeetlikheid geen plekkie meer te vind, waar ek iewers in die groot niks `n rusplek kon vind nie.

[3] En toe ek so van die een oneindigheid na die ander steeds verder en verder val, ewig, ewig deurentyd, toe begin ek die grootte en die oneindige en ewige voortdurende mag van God in te sien en my ydel strewe het vir my duidelik geword.

[4] Maar ek dink by myself: "Wat se nut het die insig nou? Ek is te ver verwyderd van God en Hy kan onmoontlik meer iets van my weet nie; want in die eindelose niks heers niks anders as ewige godvergetenheid nie. Ewig het ek van toorn na toorn geval, waar eindelose vuurstrome voortdurend teen my voorhoof geslaan het en breë vlammetonge aan my ingewande gelek het en my meer verbrand het as wit, gloeiende bronsplate. Nou het ek selfs ewighede diep onder hierdie strome van toorn gesink. Waar is die vertoornde God nou en waar is ek? Hier heers orals `n leë, oneindige nag!"

[5] En sien, toe sulke gedagtes van berou homself in my afwissel, gewaar ek opeens `n wese wat na my lyk en wat my agterna sweef vanuit die ewige hoogtes. Die wese bereik my bliksemsnel, gryp my met `n magtige hand vas en kyk my aan met `n sagte glimlag en sê: "Lucifer, jou arme gevalle gees, ken jy My?"

[6] En ek antwoord: "Hoe sou ek jou kan herken in die duistere niks, sonder skepsele?! Kan jy my egter vernietig en gelyk maak met dit wat nooit was nie; nie is en nooit meer sal wees nie, doen dit dan en ek wil jou by voorbaat dank, sodat jy na my vernietiging nie sonder dank sal terugkeer na jou, vir my, onbekende hoogtes uit die oord sonder enige wese!"

[7] En luister, die wese sê: "Hoor! Ek sal jou nie vernietig nie, maar jou behou en jou langs onbekende weë daarheen terugvoer vanwaar jy vol sondige hoogmoed weggegaan het!"

[8] En ek sê: "Doen wat jy kan, maar dink aan die grootte van God se toorn! Want ek was groot en is tot niet gedoem; - mag jy op enigerlei wyse groter wees as ek, bedink daarby dat God ewig en oneindig is vol van vlammende woedende toorn!"

[9] En die wese antwoord: "Het jy dan nooit ook die liefde in God gemeet nie? - Sien, ook al is die toornvloede groot, Sy liefde reik selfs nog daar, waar die diep strome van toorn vir ewig onder die eindelose some van die oneindigheid verdroog is en waar `n tweede oneindigheid begin!"

[10] Daarop antwoord ek: "Sien, toe ek nog `n vors van al die lig was, was `n dowwe vlammetjie aan my getoon. Dit sou ek moes aanbid; want dit sou die ewige liefde van God wees. In my stralende prag kon ek dit nie glo nie en beskou my ver verhewe bo die dowwe vlammetjie. En sien, toe word ek vanuit my verligtende verhewenheid deur boosheid gegryp. Ek het nog hewiger ontvlam en wou met my lig die vlammetjie geheel en al vernietig; maar toe omvat die goddelike toorn my en ek was hierheen geslinger in hierdie ewige duistere leegte, wat ek eers na ewighede bereik het."

[11] En kyk, toe sien ek opeens die vlammetjie bo die hoof van die wese swewe en die wese spreek my weer aan: "Lucifer, herken jy My nou?" - En ek antwoord: "Ja, Heer, ek herken U; U is God se Liefde en U reik verder as sy oneindige vloed van toorn. Sien my aan in U barmhartigheid en gee my `n vaste plekkie, sodat ek rus mag vind in hierdie ewige leegte!"

[12] En sien, toe rol daar `n traan uit die helder oog van die ewige Liefde in die duister ruimte van die ewigheid en word tot `n groot water. En die Liefde blaas oor die groot water in die diepte en die waters verdeel homself en uit die water ontstaan tallose druppels. En die vlammetjie bo die hoof van die ewige Liefde neem op dieselfde oomblik in omvang toe en ontsteek die druppeltjies en dit word tallose groot sonne; uit die sonne sprei in die warmte van die ewige Liefde planete, en uit hulle hulle mane.

[13] En sien, vanuit die middel van God se traan dryf hierdie aarde na my toe en die Liefde seën haar en blaas op haar en die aarde bloei soos `n tuin en was glad, mooi en vlak; maar daar was nog geen lewende wese te gewaar nie. Maar die Liefde sien die aarde aan en op die vaste land sowel as in die lug, eweneens soos in die seë en ander waters, wemel dit van allerlei soorte lewe.

[14] Sien, dit sien ek alles en dit is deur die besondere barmhartigheid van die Heer vir my nou volledig duidelik en is ek daarvan bewus. Toe die aarde nou ooreenkomstig die ewige ordening geleidelik aan en volgens die wil van die liefde van God so bewerk was, rig die Liefde haar oë omhoog na God en sê:

[15] "Laat, U heilige magte van die Vader, Ons die mens maak en hom `n lewende siel gee, sodat hy wat geval het, `n rusplek mag vind en homself sal verootmoedig voor U en My en voor alle magte van Ons gewydheid!"

[16] Toe donder dit uit die met vuur gevulde ewige ruimtes en die donder was die stem van God en slegs die Liefde het hierdie stem verstaan. Sy vorm daarop uit fyn leem, kyk hier, hierdie voete, wat my reeds negehonderd jaar dra en my hande en - kortom, soos ek voor julle staan, so het die ewige Liefde my gevorm!

[17] En toe staan ek daar. Maar ek was nog dood en daar was nóg lewe, nóg beweging in my te bespeur. Toe buig die ewige Liefde Haarself oor hierdie dooie vorm en blaas met die lewende asem `n lewende siel deur die neusgate in sy innerlike organe; en sien, toe kom ek tot lewe, soos ek nou is, die eerste mens van die wye wêreld. Ek het die groot skepping bekyk en het geen vreugde aan haar ondervind nie; ek het moeg geword vir my wonderbaarlike bestaan en ek kon nie begryp hoe, wanneer, as wat, waarom en vanwaar ek gekom het nie; want my met lewe besielde vorm kon die skeppende ewige Liefde nie sien nie.

[18] En sien, toe laat die ewige Liefde die gestalte in sy eerste slaap versink en sê vir my: "Sien hier, jou rusplek! Trek binne-in die hart van hierdie lewende woning; want vir jou het ek haar goed voorberei. In haar sal jy `n vol beskrewe bord vind, waarop die wil van God met groot vurige strepe opgeteken sal wees; daarop moet jy jou besin en jou eie wil wegneem en in die plek daarvan die wil van God opneem!

[19] Sien, dit is die onbekende weg waarlangs Ek julle wil terugvoer! Kyk nooit na julleself, maar steeds na die teks van God; dan sal julle met My ewig lewe en vanaf `n troon oor die oneindigheid heers! Maar o wee, as julle nog eens val; dan sal die Liefde selfs nog tot vloek vir jou word en Ek sal die mense `n ander gees gee, wat in die eerste plek van My sal uitgaan, - maar jy sal dan opnuut die rusplek van ewigheid tot ewigheid moet verlaat en jy sal nooit `n ander tyd gegee word as die ewige vuur in die toorn van God en in die vervloeking van die Liefde nie!

[20] Bedink daarom wat dit beteken! Die toorn van God kan versag word, indien die Liefde tussenbeide kom; maar indien die Liefde self `n vloek oor julle laat kom, wie sal julle dan wel beskerm teen die ewige woede van die Godheid en wie sal die middelaar tussen die toorn van God en julle wees? Ek sê julle; niks anders as die oordeel en die verdoemenis nie! Want jy is `n werk van God vanuit My. Waar is egter die wese wat God se heerlikheid sou kon aanraak? Want of `n werk sal ontstaan volgens die wil van die vrye mag van die ewige gewydheid van God; want daarom word aan julle `n vrye wil gegee, sodat jy die wil van die ewige mag van God in jou sou kan herken. Of anders, as jy dit egter nie wil nie, is daar niks aan jou geleë nie en dan sal jy die oneindige mag van God leer ken wanneer Hy jou sal verban in die ewige brandende nietigheid.

[21] Want by God is geen enkele wese van enige belang nie en daar is by Hom ook ten ewige dae niks in geleë om miljarde sulke geeste, soos wat jy een daarvan is, te skep nie; want Hy is by magte om op elke oomblik tallose miljarde nog groter geeste as jy te voorskyn te roep en om hulle daarna weer vir ewig te vernietig, as hulle nie ooreenkom met Sy ewige heerlikheid nie!

[22] Bedink daarom, wat God is en wat Hy wil en wat jy is en wat jy met die aan jou verleende vrye wil sal wil maak, sodat die groot heerlikheid van God in jou openbaar sal mag word en sodoende ook in almal wat uit jou sou voortgekom het en in jou en saam met jou geval het!

[23] Sien die wye graf van die aarde en ook al die tallose sterre­wêrelde! Ek neem van jou die groot las af van die gevalle geeste wat saam met jou geval het en lê dit nou in die aarde en in alle sterre, en daar sal geen stoffie nutteloos rondswewe nie, dit sal tot sy tyd gekom het, `n lewende wese in homself verberg wat aan jou gelyk is.

[24] En sien, toe neem die Liefde die gees en lê dit in die slapende gestalte; en dit geval die gees goed in my, want hy sien dat hy goed geberg was en dat hy van so `n groot las wat hy so lank moes gedra het, bevry was; maar nou word hy in die lewende woning gedra, wat die ewige Liefde berei het.

[25] En toe ek op hierdie manier één geword het met die gees, sien, toe wek die ewige Liefde my. Ek ontwaak en staan soos `n enkele mens in die aangesig van die gehele onmeetlike skepping en sien niemand anders as myself, die gras van die aarde en haar struike en kruie en ook die verligtende son aan die verre, blou uitspansel nie. Toe word ek bang. Ek het die plek verlaat en na geselskap gesoek en vind ook nie één wese wat na my lyk nie.

[26] En toe ek moeg geword het van die gesoek, val ek weer op die aarde neer en `n soet slaap oorweldig my. En sien, in hierdie slaap het ek die volgende droom: In die middel van my hart sien ek `n oneindig bekoorlike wese en die wese in my spreek tot my:

[27] "Bekyk my en sien hoe mooi en bekoorlik ek is en hoe ek `n vorm soos die van joune het en wat goed kan oorsien! Ook al was my gestalte eens slegs `n groot lig wat sy strale deur die eindelose ruimtes stuur en haarself verloor in so `n bomatige grootte, tog kon ek nooit my eie vorm aanskou nie, maar ek was self lig, waarin tallose vorme hulleself onthul. Die vorme, waarin ek my oneindig vermenigvuldig sien en waarin ek my goed voel, is my ontneem; maar in die plek daarvan is nou self vir my `n vorm gegee en hierdie vorm is mooier as al my vroeëre lig, en ek het so `n welgevalle aan myself in hierdie vorm gehad, dat ek `n groot vreugde aan myself gekry het en myself liefhet en ek was deur jou bemin, en het `n groot begeerte in my tot myself gehad en kon jou na my toe trek wanneer ek wou, en jy moet altyd die aantrekkingskrag van my begeerte volg!"

[28] En sien, ek het in my werklik `n groot welbehae aan myself gehad. En toe ek so in die behae steeds vaster en vaster slaap, sien ek `n ligte hand dwarsdeur my heen gryp tot in die middel van my hart wat my tweede ek vashou. Die hart verset haarself aanvanklik, maar was spoedig deur die magtige vingers van die Liefde van JaHWeH oormeester; want die ligte hand was die hand van die ewige Liefde.

[29] Vinnig breek die magtige vinger van God `n rib van my tweede ek af, gryp in die binneste, haal `n wurm uit sy binneste en sluit ten slotte weer die plek waar die magtige vinger van die Heer homself `n weg gebaan het om die beminnende selfbegeerte weg te neem. Daarna sien my tweede ek egter nie so bekoorlik meer daaruit as voorheen nie; sy vorm was aan myne gelyk en ek ondervind nie meer die aantrekking daarvan nie, maar ons beide word deur die ewige Liefde aangetrek. Toe sien ek hoe die gees in `n sluimering geraak het en in hierdie sluimering los hy homself op en gaan in my gehele liggaam oor en ons word volkome één.

[30] Terwyl ek nog daaroor droom, sien, toe word ek opeens deur `n sagte stem gewek en hierdie stem was die stem van die Heer wat sê: "Adam, seun van die aarde, ontwaak en kyk na jou helpster!" - En ek sien Eva voor my en het uitermatig baie vreugde gehad; want ek sien my tweede ek wat uit my getree het en hierdie vreugde was die eerste liefde wat ek, die eerste ongebore mens, ondervind het en ek sien vir die eerste maal my geliefde vrou. En my liefde was suiwer in die rein skoot van die ewige Liefde van God in alle volheid van die eerste lewe!

[31] En kyk verder, ek het drie dae en drie nagte geleef met sulke soet gevoelens. Maar toe ondervind ek opeens `n sekere leegte in my en ek weet nie wat ek daaruit sou moes uitmaak, of wat daarvan moes kom nie!

[32] Om my hart ontstaan `n woesteny en my mond word droog; en sien, toe staan die ewige Liefde opeens voor my, wat my vol sagtheid en liefdevol aansien. Sy het oor my geblaas en versterk my en sê: "Adam, kyk, jy het honger en jy verlang na iets om te eet en te drink en jou liefde, wat "Eva" sal heet, nie minder nie. Kyk na die struike, wat Ek nou sal seën; eet die vrugte daarvan ter versterking van julle liggaam en van julle siele. Maar van die boom daar in die middel in die tuin mag julle nie eet nie, voordat Ek nie weer sal terugkom en julle en die boom sal seën nie; want op die dag dat julle van die boom sal eet, sal die dood ook by julle intree. Julle sal weliswaar in versoeking kom; maar wees tot drie maal toe standvastig, dan sal julle die wurm van die dood, wat aan die boom knaag, ten gronde rig. Jy sal Eva reinig en jouself en haar en almal wat uit julle voortkom, `n volledige vry, salige, ewige lewe in God besorg.

[33] Sien, daarom maak Ek die tyd, sodat julle beproewing slegs kort sou duur, - maar die deur stryd verkreë lewe duur vir ewig!

[34] Sien, jy hoef nie met `n vreemde mag te stry nie, maar met jouself; want Ek het alles aan jou ondergeskik gemaak, maar slegs jouself kon en mag Ek nie tot onderdaan maak nie, sodat jou lewe jou eie kan word. Daarom, minag nie die maklike gebod nie en verhef jou bo jouself, sodat jy ewig mag lewe!

[35] Sien, van oorsprong is die wurm die bose in julle en dra die angel van die dood in homself; byt daarom nie in die angel van die wurm, wat ek vóór Eva uit jou hart geneem het terwyl jy geslaap het en daaruit het Ek Eva gevorm, wat jy liefhet omdat sy uit jou liefde ontstaan het en haar vlees ontstaan het uit jou begeerte en in haar bly die wortel van die dood, wat jy tot lewe moet wek deur jou gehoorsaamheid!

[36] Geliefde Adam, sien, Ek, die ewige Liefde van God, uit wie al die lewe stroom, vra dit van julle: Bederf nie vir My die groot werk wat Ek aan julle verrig het nie! Jy weet immers welke lang tyd van die tye daar vervolgens verloop het, sedert Ek julle gevang het tydens die ewige val van die lewe na die dood! Sien, daar sou wel een miljard aardse jare verstreke kan wees, as daar toe reeds tyd sou bestaan het en Ek deins niks terug om jou, liewe geskape broeder, te red nie; maar omdat Ek al soveel gedoen het, doen jy dan nog die minste en gee in julle aan My My geliefde broeder terug, sodat ons vir ewig in God, ons heilige Vader, weer één liefde mag word. Amen".

[37] En sien, toe verlaat die Liefde my. Ek eet en drink egter en versterk my - tot ongehoorsaamheid! O kinders, luister, ek het nie die ewige Liefde gehoorsaam nie!

[38] Die aarde kan julle die grootte van my wandaad vertel; want daar het nie een klip op die ander gebly nie en die oneindigheid was met die groot geweld van God se toorn vervul!

[39] Ek het my verberg en bitter trane van berou geween; en die ewige Liefde versmaad nie my trane nie en die trane van Eva was aangenaam vir Haar. O kinders, luister, die Liefde maak alles weer goed! Ek faal weer op `n Sabbat en ween luid oor my verdorwenheid. En sien, die Liefde stuur `n engel en laat my uit die tuin van verleiding na `n land lei, wat Set nog baie goed ken, in `n land om te verbeter, maar ook `n land van treurigheid toe weer in `n land van vreugde. Want toe ek die vloek van Kain wegneem, wat deur my angel van die dood verdorwe was, omdat hy ontstaan het uit die sap van die appel wat deur die wurm van die dood besoedel was, toe gee die Liefde van die Heer vir my my liewe Abel-Set. En nou honderd jaar gelede het die nuwe engel van die ewige Liefde van die Heer ons hierheen gelei, in die land van die erkenning van God en Sy ewige waarheid, waar Abel die swaard geplant het en die rooi en wit bessies van die struik gepluk het!

[40] Sien nou, kinders, wat die onmeetlike Liefde van God alles vir my en vir julle tesame gedoen het, nog doen en ewig sal doen! Wees daarom vrolik as die ewige Liefde ook die kinders van Kain besoek; maar niemand van ons mag daarheen trek sonder die uitdruklike gebod van die Heer nie, want die aardryk daar bestaan uit die uitwerpsels van die wurms! Daarom, as die Heer iemand nie vooraf geseën het nie, laat hy dit dan nie waag om daarheen te gaan nie! Want al die slegte skuil nou in die vroue van die diepte; daarom, verontreinig julle nie met hulle nie! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205