Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Oor die koms van die Heer

46 En sien, toe vader Adam sy rede beëindig het, staan Henog vol eerbied op en begin tot die vaders te spreek. Maar voor hy werklik begin, keer hy sy liefhebbende hart in stilte tot My en bid My om die barmhartigheid dat dit hom nou vergun sou mag word om te spreek oor My liefde en die gewydheid van My Naam, onuitspreeklik vir elke tong, omdat dit so gewyd is.

[2] En ek gee hom ook dadelik waarvoor hy My gebid het en sy stem maak Ek so welluidend soos suiwer brons, en so spreek hy `n rede uit vol waardigheid en lieflikheid, en voor en na hom het geen menslike tong woorde gespreek wat soos hierdie geklink het nie, tot op Moses en alle profete wat eweneens met Henog se tong en uit dieselfde gees gespreek het. Dit rede lui as volg:

[3] "O vaders! Die groot barmhartigheid van God, ons allergewyde Vader, het onder ons gekom soos `n verkoelende luggie, ontvloei aan die verre môre. Ja, die heilige, ewige Vader is onder ons! Jy, aartsvader Adam, sal miskien sê: Henog, luister, dit kan nie waar wees nie; want die Heer het vir my gesê: "Julle sal My nie meer sien nie, maar Ek sal `n engel aanstel wat julle sal lei, voer en beproef tot aan die tyd wat vir My welgevallig is!" Maar vader Adam, gestel dat een van die manne `n swak vrou sou hê, wat op `n sonnige môre die van liefde verblydende gesig van die haar diep beminnende eggenoot sou verduister het omdat sy hom nie in die vertrek wou volg nie, sodat hulle die seën van God sou ontvang, waarna die son sou opgaan en uit God die aarde seën met die helder strale van God se barmhartige liefde! As die eggenoot dan hierdie ongehoorsaamheid aan die liefde bemerk, sal hy sê: "Vrou, wat moet ek met jou doen, wanneer jy God se barmhartigheid en krag in my verafsku en jou bo God se seën verhewe voel?! Sien, ten einde te voldoen aan God se gewydheid in my krag, verlaat ek jou en jy sal nie `n seën ontvang alvorens dat die son jou seweduisendmaal aangesien het nie en jou steeds biddend in trane van berou aangetref het! Dan sal ek in my plek iemand stuur, sodat hy jou in my naam sal seën; en as jy `n nuwe mens geword het, sal ek terugkom en jou van ver af aansien of jy dit werd geword het, dat ek jou met my seënende krag sal aanraak. Die herinnering aan my sal jou omring en op jou akker sal dorings en distels groei; maar die saad waaruit `n spruit uit God sou kon gekom het, sal dan nie meer binne-in jou wees nie!"

[4] Nadat die eggenoot dit gesê sou hê, sou hy sy vrou verlaat. En as die vrou dan `n dergelike heilige erns sou bemerk, sou sy haarself op die grond werp en begin huil en weeklaag oor haarself en haar onvergeeflike ongehoorsaamheid teenoor haar eggenoot se heilige krag uit God en sy sou haarself van treurigheid in die stof van die aarde wentel. Omdat die eggenoot nou die groot erns van die berou van die vrou sien, sou hy by homself sê: "Sy het `n geweldige berou oor haar sonde en het geen raad en weet nie wat sy moet doen teenoor my strengheid wat `n beskerming vorm vir die heilige, vanuit God by my behorende krag, en haar gekerm laat die stem van my afgesant verstom. Daarom sal ek die harde woord in my hart breek en my slegs deur my baie toegewende liefde laat lei en vóór die tyd na haar toe gaan en haar troos en ek wil haar aanraak en haar trane afdroog en haar weer as my vrou aanneem!"

[5] Maar die vrou, wat haarself byna blind gehuil het, herken eers geleidelik die groot barmhartigheid van haar eggenoot, staan ten slotte op en kyk oorgelukkig en verbaas na die gelaat van haar man. Die man vermaan haar dan en sê: "Vrou, jy lyk verbaas dat ek my woord gebreek het, maar sien, my liefde het my my woord laat breek en my strengheid ontferm homself oor jou, omdat jy dit so gemagtig het deur jou berou, en so het ek vóór die gestelde tyd na jou toe gekom om jou weer in my hart op te neem!"

[6] O sien, vader, hoe hierdie eggenoot uit groot liefde sy woord sou breek en sy hardheid sou vergeet ten gevolge van die groot berou van sy vrou. So pleeg ook God, ons allergewyde Vader, uit onmeetlike groot liefde reeds baie dikwels woordbreuk en hou Homself nie aan Sy geregtelike gestrengheid nie, en Sy toorn is die toorn van `n duif ten opsigte van die boetvaardiges; maar Sy liefde is soos `n kragtige fontein wat die wêreldsee ononderbroke voed!

[7] O vaders en ook jy moeder Eva, slaan julle oë op en aanskou die groot Heilige wat onder ons is - ja kyk na die liefdevolle, wat homself nie aan Sy woord hou nie - `n Vader wat onder ons, Sy kinders, is!

[8] O Vader, my rede is ten einde en mog Die Een wat my hierdie woorde ingee, nou spreek; want my tong verstom voor Hom!

[9] O, U heilige Vader, sê U Self in U liefde die groot Amen!"

[10] En sien, soos Henog dit oorbring, was dit ook en Ek spreek voor almal sigbaar die groot Amen. En toe hulle My in die oog kry, val hulle almal voor My neer in die stof en aanbid My, hulle heilige Vader, met groot wroeging in hulle hart. En geeneen van hulle durf sy oë opslaan nie; maar Ek roep hulle almal by die naam en gebied hulle om hulle hoofde op te hef, sodat hulle hulle heilige Vader mag herken. En hulle kyk op en Adam herken My en wil spreek; maar sy tong gehoorsaam nie aan sy groot liefde nie en Ek kry medelye met hierdie swak kinders en daarom bly Ek `n tyd lank in hulle midde.

[11] En sien, so was dit dan, dat niemand dit aandurf en ook deur groot vrees en liefde heeltemal nie in staat was, om ook maar één woord oor sy lippe te bring nie. En Ek het so `n medelye met `n dergelike armoede en grenslose skroom, dat Ek hulle moed en krag inblaas, sodat hulle in staat sou wees om die donderende klank van My stem te verdra en die hoëre sin van dergelike woorde uit die mond van die ewige liefde goed te begryp, wat hulleself soos `n groot vloed uitstort uit die oerbron van al wat word en is.

[12] Toe al hulle sintuie aldus nou versterk was en daardeur ook hulle siel en hulle gees, staan Adam op, ondersteun deur sy kinders en sê vol liefde en deemoedige vertroue: " U, O heilige Vader, U wat die ewige liefde Self is, U het ons, wat almal met sonde belaai is, barmhartig mild en vol liefde in U groot barmhartigheid aangesien; daarom waag ek dit, arme kneg van die sonde in my oneindige nietigheid voor U aangesig, om U met bewende hart te bid en te vra: O heilige Vader! Waar is nog `n lewende vesel aan ons te vind, wat ook maar enigsins waardig is om juigend te kan sê: Omdat dit nog onbedorwe was, is U daar of wil U na ons toe kom?!

[13] Maar al ons hare het sleg geword en elke vesel van ons lewe nutteloos! O, wil U ons barmhartiglik openbaar wat U liefde tog beweeg het, om so barmhartig tot so `n diepte af te daal nie!

[14] O allergewyde Vader, neem ons deur wroeging ingegewe bedes en vra nie sonder barmhartigheid aan; maar soos altyd geskied ook die keer U allergewyde Wil!"

[15] En sien, toe Adam dit uit die diepste van sy hart in My aanwesigheid gesê het, val almal weer op hulle knieë en aanbid My in hulle vir mense onuitspreeklike liefde; Ek kom egter nader aan hulle en laat hulle, nadat hulle hulle liefde voldoende geuiter het, opstaan en hulle oë en ore open en My woord duidelik laat hoor.

[16] En eers toe dit gebeur het, rig Ek die volgende woord tot hulle harte, wat sintuiglik of natuurlik aldus lui:

[17] "Kinders, luister! Aldus spreek Hy, wat julle `n onsterflike siel en `n lewende gees uit Homself gegee het, sodat julle My groot liefde vir julle sal ken. Ek wil julle eenmaal die ewige lewe gee uit julle liefde tot My en uit My liefde tot julle, wanneer die groot skuld van die Liefde hierdie skuld aan die Gewydheid gedelg sal hê in `n tyd, wat Ek daartoe eers uit My sal maak. Soos Ek julle almal gemaak het uit My barmhartigheid, so sal Ek ook hierdie tyd berei uit My Liefde.

[18] Soos Ek nou `n Gees van barmhartigheid in julle midde is, sal Ek dan `n mens onder die mense wees, vervul met die hoogste liefde. So sien julle nou ook in, dat Ek, julle Vader, as `n hoë, ewige Gees met alle krag en mag tot julle gekom het en julle weet goed dat Ek dit is, wat nou hieroor tot julle spreek. Tog sal julle latere kinders My nie dadelik herken in die swak, arme broeder wat onder hulle is nie, en hulle sal My vervolg en gruwelik mishandel en sal met My doen wat Kain vir Abel aangedoen het. Maar dit sal moeilik word om die Heer van die lewe te dood; want My skynbare dood sal aan al diegene die ewige lewe gee wat sal glo dat Ek Die Een is wat as `n magtige Redder onder hulle gekom het, beklee met alle mag van die liefde om die skuld te versoen, wat julle ongehoorsaamheid oor julle gebring het, soos ook oor die hele aarde en oor alle sterre. Want daar is ook kinders wat by die oerbegin uit jou, Adam, voortgekom het. Maar die ongehoorsaamheid sal vir die ongelowiges en die halsstarriges in hulle boosaardige eieliefde tot `n ewige oordeel en sodoende ook tot `n ewige dood word.

[19] En so sal Ek sewemaal kom; maar die sewende maal sal Ek in die vuur van My gewydheid kom. Wee dan diegene wat onsuiwer bevind sal word! Hy sal voortaan nie meer bestaan nie, behalwe in die ewige vuur van My toorn!

[20] Sien, in die begin van die wêreld was Ek reeds eenmaal hier om alle dinge te skep ter wille van julle, en julle ter wille van My. In groot watervloede sal Ek spoedig terugkom om die pes van die aarde af te was; want die dale van die aarde het vir My `n gruwel geword, gevul met vuil slik en vol pes, wat uit julle ongehoorsaamheid ontstaan het. Daar sal Ek ter wille van julle kom, sodat die hele wêreld nie ten gronde gaan nie en daar `n geslagslyn sal bestaan, wie se laaste telg Ek sal wees.

[21] En Ek sal vir die derde maal verskeie kere kom, soos nou ongetel tot julle, nou eens sigbaar, dan weer onsigbaar in die Woord van die Gees om My weg voor te berei. En Ek sal, wanneer die nood hoog is, vir die vierde maal in `n stoflike liggaam kom, in die groot tyd van die tye. En Ek sal dadelik daarna vir die vyfde maal kom in die gees van liefde en wyding vir almal. En Ek sal vir die sesde maal innerlik kom tot elkeen, wat `n ware en ernstige verlange na My in sy hart sal dra en Ek sal `n Leier wees vir diegene wat homself vol liefde in hulle geloof deur My na die ewige lewe laat trek. Maar Ek sal dan ook ver van die wêreld wees; maar wie opgeneem sal word, die sal lewe en My Ryk sal vir ewig met hom wees.

[22] En ten slotte sal Ek nog eenmaal kom, soos reeds gesê; dog die laaste koms sal `n blywende koms vir almal wees, op welke manier dan ook!

[23] Luister en begryp goed: Bly in die liefde; want Sy sal julle redder wees! Bemin My bo alles, - dan sal julle lewe vir ewig wees; bemin mekaar egter ook, sodat die oordeel julle kwytgeskeld word! My barmhartigheid en My eerste Liefde bly met julle tot aan die einde van alle tye! Amen." En hulle oë was gesluit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205