Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam en Henog se oggendgebed

49 En toe Henog dit gesê het, was Adam bly en Eva baie verheug. En ten slotte sê Adam: "Amen, die Heer, ons aller heilige Vader, is met ons almal en dus begewe ons ons nou ter ruste en hierdie rus is ook oor al ons kinders! Amen."

[2] En so lê hierdie drie mense hulleself ter ruste en slaap goed tot by die verkwikkende môre, toe `n fris windjie hulle vrolik en versterkend opwek. Die tydstip waarop hulle hulleself neergelê het was volgens julle rekening die negende uur en die tydstip van opstaan was, op dieselfde wyse gereken, die derde uur van die môre. En toe hulle nou aldus versterk op hulle bene staan, verrig elkeen van hulle in sy hart `n stille offer en na die stille daad staan Adam dadelik op en spreek in die aanwesigheid van Henog en Eva die volgende kort gebed uit:

[3] "O groot, liefdevolle, allergewyde Vader, in U mees heilige Naam, wat belaai is met mag, krag en alle heerlikheid, het ek weer voor U aangesig `n nuwe dag bereik! O Heer, laat my gedurende hierdie hele dag sodanig dink en handel, dat die laaste herinnering aan die aandrooi my sag klinkend sal toefluister: Adam, juig, want jy het jou oog nie afgewend van JaHWeH se aangesig en jou voete het nie afgewyk van die spoor van die weg van die ewige liefde, en soos die son ongemerk verligtend en verwarmend langs die uitspansel gaan, volg in jou hart die stille swewe van die Ewige Gees!

[4] O Vader, U wat nog nooit U oog en oor van my afgewend nie, wend dit ook vandag en in alle ewigheid nimmer van my af nie!

[5] O Heer, waar ek vandag ook mag loop, laat U liefde op die weg waarop ek voortgaan elke klip verbrysel, sodat my voete nie daaroor sal uitgly nie en my tot `n val bring of dat deur `n harde stamp teen `n klip, my voet nie beseer sal word en dit my dan sou verhinder dat my lede op U weg volg nie!

[6] O Heer, tel in die môre my hare en laat nie toe, dat daar in die aand een ontbreek nie en tel ook elke sweetdruppel, sodat geeneen van hulle in die aand onrein bevind mag word nie!

[7] O Heer, seën en versterk my, swakkeling, sodat ek, kragtig deur U, vandag en in die vervolg, solank as wat dit U behaag, my kinders, wat U my gegee het, in U allergewyde Naam sal kan seën!

[8] O heilige Vader, verhoor my swak bede in die naam van al U kinders en alle skepsele! Amen."

[9] En toe Adam die opregte gebed beëindig het, sien, toe wend hy homself tot die nog saggies biddende Henog en sê: "Henog, kyk, ek het nou hardop voor God en voor jou gebid en ek het `n groot krag verkry, sodat ek in staat sal wees om julle almal waardig en doeltreffend te seën; dus val my eerste seën op jou! En omdat jy nou geseënd is, staan op en sê ook jou gebed hardop voor God en voor my, sodat ons, ek en jou moeder, na waarde geskat en met besondere vroomheid deur jou sagte môrerooi in jou met liefde vervulde hart gestig mag word. Jy het my gebed gehoor, waarin ek my menslike en vaderlike hartewens uit die innerlike diepte van my hart getrou by die Heer na vore gebring het; maar aangesien jy nie as `n vader kan bid nie, maar as `n seun, laat daarom die stem van die kinderlike liefde van jou hart luid opklink! Amen."

[10] Toe die liewe, vrome Henog hierdie wens van Adam hoor, staan hy dadelik op en dank My en Adam innig en vurig vir die ontvangde seën en begin ten slotte op versoek van Adam die volgende klein gebed tot My te rig:

[11] "O groot God, o heilige Vader, U ewige Liefde vol onmeetlike erbarming en vol heilige barmhartigheid! Hoewel ek goed weet dat U slegs die woorde in die hart waardeer en nie na die klank van die tong luister en die asemtog van die longe nie aansien en elke gebaar van die vlees geringskat, sal ek ewenwel op die vroom versoek van U seun Adam my tong gebruik om U te loof.

[12] O, U heilige Vader, sien, as `n swak kind het ek gister my vermoeide ledemate op die geseënde, sagte lêplek gestrek en daar deur die krag van U mildheid gerus tot by hierdie huidige heilige môre van U oneindige barmhartigheid en het sodoende geheel en al vervul van U erbarming opgestaan!

[13] Wie is in staat om die grootte van U oneindige dade van liefde ten opsigte van my te deurgrond?! O mag ek slegs die oneindig kleinste deeltjie daarvan begryp!

[14] Wat is die mens ten opsigte van U, dat U aan hom dink. U, vir wie se sagte asemtog ewighede soos ligte sneeuvlokkies voor `n heftige storm wegvlug!

[15] Hoe groot, hoe oneindig groot moet U liefde wees, dat die swak mens nog mag bestaan voor U, hoewel hy tog vol ondankbaarheid is in sy vermeende liefde en deemoed ten opsigte van U, hoewel hy tog nog nie van die ewigheid kan weet nie, en sal weet wat se groot skuldenaar hy teenoor U is en hy ook sy eindelose nietigheid ten opsigte van U nooit in sy geheel sal kan meet nie!

[16] O heilige Vader, kyk daarom barmhartig vanaf U oneindige hoogte, met mag en krag op my eweseer oneindige swakkeling neer en vat my hoogs onvolkome liefde tot U barmhartig op; want sien, ook al het ek die volle liefde van al my broeders en vaders in my, wat sou my liefde selfs dan voorstel?

[17] Hele wêrelde is immers slegs `n doudruppel voor U! O, laat dan my swak, onvolkome liefde tot U alles wees wat ek U uit dankbaarheid kan gee; o versterk my voortdurend daarin deur U barmhartigheid! Amen. Amen. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205