Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Kenan se Belydenis

55 Toe Adam en die res hierdie verklarende toespraak gehoor het, sien, toe was hulle almal hoogs verwonderd dat Henog in staat was om sulke hoogs wyse woorde te uiter en by dit alles tog so `n beskeie jongman was, dat niemand so `n groot wysheid, wat selfs vir Adam tot swye gedwing het, van hom verwag het nie!

[2] En Kenan neem die woord en sê: "O vader Adam, sien, tot nou toe was ek `n siener en moes elke dag voorafgaande aan die Sabbat my en julle visioene en die waarnemings aan die uitspansel in die begin van die nag en ook die op die aarde aan julle vertel en uitlê, sodat jy dit dan kon seën en aan jou kinders deurgee!

[3] Maar die Heer het nou eiehandig Henog se tong geseën en losgemaak! Sien, daarom waag my tong dit nie meer om homself te roer vir julle en vir die res van die vaders en kinders nie; laat daarom die liefdevolle, wyse Henog ook hierdie diens op homself neem. Eens het ons sy liggaam met oggenddou gewas, maar nou het ons self des te meer behoefte om deur hom met die oggenddou van sy gees gewas te word, wat ryk is aan druppels van sy geseënde tong!

[4] O Henog, was my met jou barmhartigheid van bo; want ek beken en erken: Wie nie met die water gewas word nie, sal ten gronde gaan en sy lewe sal verwelk soos die gras waarop geen tot lewebringende druppel geval het nie.

[5] Die Heer het dit slegs aan één in sy geheel gegee, sodat die ander dit van hom kan neem, so dikwels hulle dit wil gebruik. Want die lewe is weliswaar aan almal gegee, maar die onsterflikheid nie; slegs één dra dit vir almal in homself. En diegene wat haar van hom wil neem, die sal net soos hy onsterflik word; maar diegene wat haar oor die hoof sal sien, die se lewe sal deur die dood geneem word op `n tydstip wat die groot Heer Sy sekel aan die dor gras sal lê.

[6] As ons ons hand op ons hart lê, dan neem ons baie goed sy slae in die korrekte afgemete tussenposes waar en op dieselfde manier sal Henog dit ook waarneem. Maar as ons ons kloppende hart vra: "Waar gaan jy heen, my onrustig kloppende hart?" dan sal ons daaruit `n dowwe, verwarde antwoord ontvang, wat aaklig genoeg sal lui: "Ek klop voortdurend op die ysterpoort van die ewige dood en wag in groot angs totdat dit oopgaan en my vir ewig sal verswelg!"

[7] Maar as ons dit aan die op dieselfde manier kloppende hart van Henog vra: "Waar gaan jy dan heen, troue, liefderike en vroom kloppende hart?", dan sal sy ons op `n helder toon antwoord: "Luister, broeders, ek klop onophoudelik op die ligte poorte van die lewe en is volledig oortuig van die soet sekerheid dat dit spoedig sal oopgaan om my in die eindelose volheid van die lewe uit God op te neem, waarvan nou slegs een klein doudruppeltjie my besiel en verlewendig.

[8] O vaders, broeders en kinders, dat dit so is, het ek baie dikwels in my droomgesigte gesien; maar dat dit nie so sal bly nie, dit leer die eie liefde tot lewe vir elkeen: Ons kan dit nie aan mekaar gee nie, omdat ons dit nie het nie; maar ons kan dit neem van diegene wat dit het. Henog het dit van bo ontvang; as hy dit egter wil en ook aan ons mag gee; dan lê dit immers by ons om dit te neem.

[9] O Henog, laat jou tong vol lewe daarom maar gerus spreek, sodat ons almal van ons voetsole tot aan ons kruin gewas kan word met die dou van die lewe wat ryklik uit God se geestelike, ewige môre van die lewe van jou geseënde tong vloei; vader Adam, laat Henog daarom in my plek optree en ons die tekens van die lewe aan die hemel asook op aarde duidelik en goed laat sien! Amen."

[10] En toe Kenan die goeie woorde gespreek het, staan Adam op en sê: "Kenan, jy was my voor gewees in my wens; mag Henog daarom in kort dit doen waarna julle almal verlang en waaraan ek `n geweldige behoefte het! Amen."

[11] Henog staan dadelik uit eerbied op en sê: "O vaders, luister dan! Die sterre volg hulle loop en skitter nou eens meer, dan weer minder en ook die winde waai dan weer vanuit die een en dan weer vanuit `n ander hoek en volg ruisend hulle weg na die vertes en dra dikwels ligte wolkies, dikwels hele massas op hulle wiekende vleuels voort, en so val die dou en die reën, en die gras wieg saggies en die struike swiep met trillende loof, en ons weet nie die oorsaak daarvan nie en sou ons hoof daaroor wil breek; maar as die oes uiteindelik kom, dan sê ons: "Die Heer het Sy elemente wys gelei, want die oes het so goed uitgeval!" En ons bekommer ons dan weinig meer daaroor waarheen die winde die wolke gedra het.

[12] Sien, dit is ook die beste verklaring! Want wat die Heer doen, is wys gedoen; maar ons doen daar goed aan, as ons alles sonder sorg aan die Heer oorlaat en Sy weë nie wil deurgrond nie, maar in plaas daarvan, liewer onsself en die lewe in ons soek.

[13] Sien, dit is die beste uitleg waarin alle geheime verborge lê. Maar onderweg meer daaroor! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205