Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog se geregverdigde geslotenheid

60 En sien, nadat Set aldus gespreek het staan Adam op en sê: Die woord van Henog was `n harde woord en Set se woord was `n gevoelige woord!

[2] Mag dit wees, dat julle beide met reg gespreek het, maar dat die een vanuit die hoogte spreek, hard en onbegryplik en die ander egter gevoelig en begryplik, dan dra daar, wat my betref, niemand skuld nie; maar dit is wel so: Mens gee die kinders geen kos, waarteen hulle tande nie opgewasse is nie! En so is, Henog, jou kos hierdie keer te hard; daarom is dit aan julle om die aangereikte kos sagter te maak, sodat ons dit tot ons voordeel sal kan verteer! Amen."

[3] Hierna staan Henog weer op en begin die volgende baie gedenkwaardige woorde aan almal te rig, en sê:

[4] "O dierbare, hooggeagte vaders! Dat vader Set so welgemeen voor my aangesig ingetoë en vol waardigheid gespreek het; is waar, regverdig en billik en toon helder en duidelik, dat hy van mens tot mens gespreek het. Want dit is dus ook die wil van bo, en derhalwe het elkeen die reg van die liefde om in menslike sake in te spring en dit des te meer in tye van nood en van verlange. En iemand sou nouliks werd wees om `n mens te wees, indien slegs die een of ander onbeduidende rede hom daarvan sal weerhou om te doen en te sê wat reg laat geskied aan plig en liefde.

[5] Maar, liewe hooggeagte vaders, sê of vra julleself af wat daar gedoen sou moet word in die geval dat aartsvader Adam, om nie self te moet spreek nie, my omtrent die een of ander vraag van die kinders `n kort, harde en baie besliste antwoord vir hulle sou gegee het. Die kinders egter, sou die antwoord nie begryp nie en ek, as die oorbringer, het dit ook self nie grondig begryp nie, maar net soveel as wat die aartsvader my uitgelê het, weliswaar onder voorwaarde van die gebod, voorlopig oor die verklaring nie te rep, sodat die harte van die kinders, wat betref die denke, nie al te traag sou bly nie, maar steeds meer gewek sou word. Maar indien die kinders dan vanweë die ietwat duister antwoord my sou aanval en my sou verplig om begrypliker en duideliker te spreek, - o vaders, oordeel self: Wie se wens staan hier hoër, Dié van die aartsvader, of dié van die op `n ongeleë tydstip weetgierige kinders?

[6] O vaders, julle kan nie anders as om dit volledig met my eens te wees dat ek deur my geregtelike swygsaamheid die gebod van die aartsvader tot aan die tyd wat dit hom geval, goed opgevolg het, op dieselfde manier as waarop ek dit vandag voor sonsopgang by my liggaamlike vader Jared gedoen het, omdat die woord van die aartsvader hoër staan as al die begerige verlange van al sy kinders! En as ek daaroor swyg, verrig ek dan nie my regmatige, verhewe plig nie?!

[7] Hoe kan dit dan, terwyl julle goed weet dat wanneer ek spreek, ek nie uit myself, maar uit die Heer spreek, dat julle my dan verwyt om uit myself te gespreek het, terwyl julle tog nog gister die sprekendste bewys gekry het hoe sigbaar duidelik die Heer my swak tong begelei het?!

[8] Maar omdat julle dit nie aan my, maar deur my aan die Heer gevra het en julle dus nie van my stem nie, maar van die Heer raad kry, vra julleself dan af, wie die verwyt tref!

[9] Kan ek meer doen as die wil van die Heer of kan ek maar soveel gee as wat ekself ontvang het?!

[10] En ook as ek dit volledig sou ontvang het, maar die wil van die Heer sou my bepaalde beperkinge opgelê het om julle voorlopig maar soveel te sê soos wat ek nou net ook presies gedoen het, omdat in Sy wysheid die Heer Self opsetlik `n dergelike handelswyse van my verlang het. En omdat ek die Heer in alles vrees en liefde gehoorsaam, o liewe vaders, sê en oordeel self of ek nie goed handel as ek die wil van die Heer as hoër beskou as alle nuttelose verlange van die mense, wat met mekaar, ten opsigte van Hom, niks is nie en sonder Hom ook niks kan doen nie, maar met Hom egter alles!

[11] O vaders, sien, vir my is die verwyt ewe oorbodig as vir `n boom, wat geen ander vrugte kan voortbring as wat die Heer in hom gelê het nie; of dit nou soet of bitter smaak, maar wat die Heer betref, sê vir my, waar bevind die wese homself wat nie ewig elkeen van Sy woorde sou kan goedkeur, waarvan dit nog ewighede sal duur eer dit volledig begryp word.

[12] As julle my egter uit die Heer vra, glo dan ook dat ek uit die Heer spreek; maar twyfel iemand in sy hart, dan is die vraag en antwoord immers sonder meer nutteloos omdat hy geen geloof het en sy eie hart wantrou.

[13] Hoe kan iemand egter deur sy broeder vas in die liefde word, as sy hart aan die Heer twyfel?! Vertrou daarom die woord van die Heer, sodat julle vas in die liefde mag staan!

[14] Die seun is weliswaar nie bo die vader gestel nie; maar wanneer die Heer met die seun spreek, dan is hy die seun van die Heer en mag die vader nie besorg wees oor die stem van die Heer in die seun nie.

[15] Ek, Asmahael en Abel het julle tog immers die wil van die Heer meegedeel, as dit vir ons almal `n wonder is; waarom dan nog een vra?! Maar handel in liefde en `n geloof aan die Heer is hier op sy plek; en wat bo dit uitgaan, laat dit vir ewig aan die Heer oor! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205