Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die Goddelike Woord in die mensehart

61 En toe Henog hierdie woorde beëindig het, staan Set dadelik weer op en sê: "O, wat is ons en wat kan ons doen? Niks!

[2] Toegegee, as ons as mense met mekaar praat, dan kom ons as wys voor; maar nou het dit vir my duidelik geword dat al ons wysheid voor God suiwer dwaasheid is, wat Hom seker nie kan geval nie.

[3] Luister, was my vroeëre rede dan nie een wat slegs aan die edelste hart van `n mens kon ontspruit het nie?! Wat is dit nou? Niks anders as ydele dwaasheid; en daardeur lyk ek soos `n verbysterde mens, wat met sy gedagtes oor die hele wêreld verstrooi, in sy woning na sy huis vra.

[4] Maar, waarom, waarom kon ons nie ons ydele dwaasheid vroeër helder ingesien het nie en laat ons onsself so ontsettend bloot voor die Heer? Dit het gebeur omdat ons almal tesame blind is, anders sou dit immers onmoontlik gewees het dat ons daaroor ons Henog met `n totaal onnodige vraag vir niks sou kon verontrus het. Ons het tog immers self sondermeer die wonderbaarlikste beskikking afkomstig van bo deur Abel, Henog, Enos, Kenan en ten slotte op wonderbaarlike wyse deur Asmahael volgens waarheid bevestig gekry. En boonop wil ons die woorde van Henog eerder wantrou as om ons eie blindheid in te sien! Wat se absurde dwaasheid! Was dit tog maar nooit deur ons begaan nie; want hoe onbetaamlik is dit nou vir my, om my as vader voor julle kinders te moet skaam!

[5] Maar dit is nou eenmaal nie anders nie en laat dit daarom aan die Heer opgedra word!

[6] Maar in my hart dink ek: Die liefdevolle, heilige Vader sal in Sy groot mildheid my en ons almal se besorgde vreesagtigheid ten goede aanreken, en ons in Sy liefde raad gee en nie in Sy wysheid, ten opsigte waarvan ons so buitengewoon nietig is, en Hy sal ons aansien as slapende kinders wat droom dat hulle wakker is, of tenminste met geslote oë van mening wees dat as hulle niks sien nie, die ontwaaktes ook niks kan sien nie!

[7] O Henog, gaan jou gang en skud ons wakker; eens sal die tyd tog kom, dat ons ook sal sien wat jy sien en ons almal deur jou, nou en mettertyd!

[8] In die toekoms sal dit so wees, dat die Heer die kinders tot leraars van hulle ouers sal opwek en die ouers `n kinderlike hart sal gee. En eens sal daar na ons nog kinders kom wat in hulle onmag groter dinge sal verrig as ons met al ons krag. En so sal die wil van die Heer altyd geskied!

[9] En jy, Henog, staan op en sê vir my, of ek so goed gespreek het en verkwik daardeur die harte van ons almal! Amen."

[10] Hierna kyk Henog al die vaders met `n vriendelike liefdevolle glimlag aan en sê: "O liewe vaders, vergeef my my menigmaal skynbare hardheid; want nie ek, julle seun Henog roer my tong om woorde te vorm wat julle kan begryp nie, maar die Heer bestuur haar soos dit Hom geval. Maar die werktuig kan niks daaraan doen as die Heer dit volgens Sy welgevalle gebruik nie! En as ek dan oor dinge spreek waarvan die sin verborge lê soos die kiem in `n saadkorrel, dan leer die gang van sake en hier die goed geordende natuur ons immers reeds, dat ook die kiem uit die saadkorrel nie dadelik `n ryp vrug voortbring, sodra dit in die aarde gelê word nie, - maar die korrel om die kiem moet eers vergaan en verrot; dan eers kom die lewe vry en groei geleidelik op onder menige storms, onder sonskyn en reën tot `n seënryke, duisendvoudige vrug.

[11] Sien, presies so is dit ook met elke woord van die Heer! Soos dit gegee is, sal dit geen vrug voortbring nie, - maar as dit in die aardryk van ons harte gelê word, dan word dit veilig omhul deur sy harde skil daarin gelê. Wanneer hierdie harde skil dan deur ons liefde oplos en in ons hart verteer word, sien, dan sal die lewende kiem of die lewende begrip van hoe om te handel deur die lig van die son van die gees vorendag kom en onder menige stormagtige beproewinge, liefdesreën van bo en barmhartigheidslig van die heilige, liefdevolle Vader goed gedyend rypword tot die onskatbare vrug van alle lewe en van alle liefde in die wysheid van God, ons Vader!

[12] O vaders, sien so is dit volgens die wil van die Heer; en so moet ons ook elke woord van Hom opneem! En eers dan kan ons die Heer laat sien dat ons waaragtige kinders is wat die woord van hulle Vader begryp en Sy stem steeds goed herken. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205