Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se woorde aan syne en die kinders van die middag

68 Toe Adam dit gehoor het, word hy buitengewoon bly en sê: "O kinders! Laat almal hulleself saam met my verheug, want ek het waarlik die werklikheid van die paradys gevind! Negehonderd jaar van doofheid is daar reeds verstreke, waarin ek die dieregeslag nie meer verstaan het nie; maar nou kon ek weer die weldadig aandoende skerpsinnigheid van die dier begryp en hieroor verheug ek my mateloos!

[2] O gelukkige, onsterflike Henog! Groot is jou lig en groot is die Liefde in jou! Die Heer sy ewige lof, dank, prysing en roem daarvoor dat Hy ons deur jou so `n groot barmhartigheid bewys het!

[3] Wat was ons almal sonder Haar? Niks anders as halfver­standelike bewegende masjiene, wat ten slotte hulle eiewaan sou verbruik het en die meester van die natuur sou `n armsalige slaaf, so nietig soos `n muggie, geword het, wat by die sien van `n boompadda, deur groot vrees gedryf, sou gevlug het soos `n lam by die aanblik van `n verskeurende wolf. En wel, omdat hy nie weet wat in hierdie of daardie woon nie en die allerminste, dat sy eie siel `n laaste en volledige gevormde onsterflike siel is, ja `n siel waarin alle siele van die skepsele verenig is! En omdat hy, vir driekwart dood synde, dit vanuit homself onmoontlik te wete kon kom, hoe sou hy dan wel sy innerlike lewe, sy liefde, sy gees en die suiwer goddelike afkoms daarvan kon begryp het?!

[4] O Henog, o kinders! Die wondermooie, duidelik hoorbare, luide woorde van die tier sal julle volledig geskok het en die beskuldigde kinders van die middaggeweste nog meer; maar vir my het dit verheug. Want eens het ek nie slegs aan die hoof van die geslag gestaan nie, maar van alle skepsele, van die grootste tot die kleinste, van die sterkste tot die swakste; ja, alle elemente het onder my woord geval en son, maan en sterre was nie doof vir my woord en verlange nie!

[5] Tog kan dit my weinig skeel dat ek dit nie meer kan nie en ek wil ook nie meer daaroor treur of die Heer daarom vra dat hy my dit alles weer sou wou gee nie; want alles kom daarop neer dat ons goed leer begryp om die Heer bo alles te bemin. Want daarin is alle lewe verborge, - soos in die vroeëre mag en wonderlike vermoëns alle versoekinge en met haar die val verborge gelê het.

[6] Om `n meester te wees, beteken om groot, wys en magtig te wees; maar wanneer dit die mens, wat deemoedig sou moet wees, ten deel val om `n meester te wees, waarlik, dan kom dit die deemoed duur te staan! Maar het die mens sy heerskappy aan die voete van die Heer neergelê en in plaas daarvan die liefde verkies en het hy homself daardeur klein gemaak voor die Heer, luister, dan word die deemoed maklik vir hierdie kleintjie!

[7] Wat moet hulle, wat deur sy deemoed en liefde hulleself tot eiendom van die Heer gemaak het, Hom nog gee?! Maar het ons eenmaal in die liefde die Heer se eiendom geword, wie het dan nog behoefte aan mag?!

[8] Gaan die krag van die Heer dan nie sondermeer bo alles uit nie?! Is ons egter in die liefde van die Heer, dan sal ons ook in die mag en die sterkte van die Heer wees! En so sal die swakste in die Heer in alles sterker wees as diegene wat vanuit homself die kragtigste is, en alle elemente sal homself dan ook volgens sy wil skik!

[9] Wat het dit my destyds gebaat om `n dergelike mag van God te hê? Abel se swakheid in die Heer het teen al my mag opgeweeg! O Heer! Sien, nou vra ek U nie meer om mag en krag nie, maar om swakheid vra ek U, sodat ek in die deemoedige vernietiging van myself in staat sal wees om U bo alles lief te hê; want het ek slegs U in my hart omvat, o Heer, dan is die hele wêreld en al haar mag en krag vir my soos `n verdampte doudruppel, wat eens was en nou nie meer is nie.

[10] O, kinders! Sien, dit is dit, waarom die woord van die dier my opgewek gemaak het; nie omdat ek sou dink dat die Heer aan my my vroeëre mag en wêreldse heerlikheid weer verleen het nie, o nee, maar omdat ek in my deemoedige swakte `n nuwe eiendom van die liefde van die Heer geword het! Want my swakheid aarsel om die tong van die dier aan te raak; maar die magtige woord van die Heer versterk my vingertoppe en dit maak die tong van die dier los om woorde van wysheid te spreek. O kinders, dit is oneindig baie meer as om die aard van die hele skepping te begryp; die eerste is slegs maar menslik, maar die tweede is suiwer goddelik en niks kan daarmee vergelyk word nie

[11] En nou, kinders, luister! Ten slotte nog een woord tot julle gerig. Laat alle kinders nader tree en eers `n woord van my aanhoor, dan `n woord van Set en ten slotte `n woord van Henog, sodat die wyse vermaning van die dier volledig tot sy reg kom; daarna sal Enos en Kenan julle die dag van môre afkondig en sodra die son vandag na die aand neig, sal julle van al die werk uitrus.

[12] Maar voor ons hierdie streek sal verlaat, moet ook Asmahael vanaf sy draer iets sê oor die gebied in vergelyking met die diepte, sodat die kinders `n lewende getuienis oor hulle dwaasheid gegee word; dan `n klein versterking en vervolgens die seën en dan vertrek ons! Amen."

[13] En dadelik nader Henog die skare, spreek hulle moed in en die kinders van die middag tree nader en wag met groot vrees en bewing wat daar oor hulle heen sou kom.

[14] Toe almal `n ordelike, volgens leeftyd ingedeelde plek ingeneem het, gaan Adam voor hulle staan en begin die volgende gedenkwaardige woorde tot hulle te rig:

[15] "Kinders wat die streek bewoon waarbo, vanuit my woning gesien, die son op die middel van die dag staan, sê my, die stamvader van alle stamvaders, of julle die woord goed begryp het, wat `n ongeveinsde woord was uit die mond van die onbedorwe natuur van die andersins spraaklose dier!"

[16] En die kinders beaam dit en beken hulle skuld onder `n stortvloed van trane van berou. En Adam spreek verder:

[17] "Dit kom julle ten goede te pas, dat julle julle euweldaad berou; want die Heer maak erns met sy volk! En julle sou passend tereggewys geword het en julle skouers sou met onheil belaai word as julle dit nie berou het waarvan die dier julle so pas op gewys het nie.

[18] Meen julle dat julle ongehoorsaamheid ophou om ongehoorsaamheid te wees en julle sonde nie meer `n sonde nie omdat julle teruggekom het? Geen sprake daarvan nie, sê ek vir julle; want nie die vrees vir die Heer en nog minder die liefde tot Hom het julle daarvan afgehou om julle sondige voornemens uit te voer nie, - nee, die angs vir die krag van dit wat teen julle getuig was deur die dier het julle daarvan afgehou.

[19] En sodoende word julle tot julle groot skande deur middel van die dier deur die Heer tereg; want die Heer het julle julle heerlikheid ontneem en het in die plek daarvan julle hart met groot angs en vrees gevul vir dit waarvoor julle sou moet vlug en wie se meester julle sou moet wees!

[20] Sien tog eens, hoe hierdie ongehoorsaamheid julle tot slawe gemaak het!

[21] Waarlik, as julle julle misdaad nie hewig berou het nie, dan sou die dier vir julle tot `n wrede regter geword het!

[22] Maar dit is nie genoeg dat julle julle daad berou vanweë die groot skande waarmee die Heer julle geslaan het, of dat julle julle daad berou omdat die Heer `n groot deel van Sy barmhartigheid aan julle onttrek het en julle aan die grenssteen van Sy erbarming geplaas het nie. Of omdat die Heer die dier, julle regter, julle tot getuie gestel het en hom nou op wonderbaarlike wyse opgewek het om as aanklaer teen julle te spreek. Maar: As julle julle daad of julle voornemens waaragtig wil berou, dank dan die Heer met `n blye hart dat Hy julle nog behou het in die oordeel en ween daaroor dat julle vir slegs een oomblik Sy so oneindige, heilige Vaderliefde kon vergeet het, terwyl tog daagliks die son vanaf die hoë hemel julle luid toeroep: "Kinders, julle goeie, heilige Vader het my vir julle geskape; erken Sy groot liefde!" - en die maan roep julle toe: "Kinders, luister, ter wille van julle skep julle liefdevolle, goeie, heilige Vader my tot `n troue wagter en `n konstante begeleier van die aarde, sodat ek vir julle `n voortdurende getuie van Sy oneindige liefde sou wees!" En alle sterre roep julle toe: "O kinders, ons aantal is groot en eindeloos; ons is merendeels die sonne van ver wêrelde, wat almal gedeeltelik met julle wese ooreenkom, sowel vir elke atoom afsonderlik, as in die verveelvoudiging daarvan tot in die oneindige! Sien, vir julle is ons gemaak, vir julle is die gehele oneindigheid gemaak! O, sien en erken hoe magtig, groot, liefdevol, goed en gewyd julle Vader is!"

[23] En die hele aarde roep julle toe: "O kinders, luister, ek en alles wat ek dra, is vir julle! Soos `n teer moeder moet ek julle deur eindelose ruimtes dra, julle daagliks aan my steeds toeganklike borste laat suig, moet ek my wend en keer, sodat dit dag en nag vir julle sal word, sodat julle, as kinders spelend, na julle werk rus het! O kinders, wie sou in staat wees om die talryke werke te tel wat ek ter wille van julle in en buite my moet verrig! Sien, so het uit groot liefde, wat bo alles uitgaan, julle goeie, heilige Vader dit alles vir julle beskik!"

[24] O kinders, vra dit aan die water, - dit sal julle dieselfde sê; vra dit aan die dale, die berge, - hulle sal julle dieselfde sê; vra dit aan al die gras, die plante, die struike, die bome, vra dit aan alle diere, - julle sal oral een en dieselfde woord verneem. Ja, elke doudruppel sal julle hardop verkondig en elke sonstoffie sal julle toefluister, dat God, JaHWeH en Heer, die goeie, liefdevolle, heilige Vader van ons almal is en ons ter volledige vorming gestel het onder suiwer liefdevolle, weldoenende wonders van Sy vaderhart, sodat ons ons op hierdie wyse in die liefde tot Hom sou bekwaam om steeds groter en nog groter weldade en salighede te ontvang en ten slotte selfs die mees onuitspreeklike: Die ewige lewe in Sy skoot!

[25] O kinders, sien, sien hoe goed ons heilige Vader is; hoe kon julle Hom ook maar één oomblik vergeet en dit nog vanweë so `n onbelangrike saak!

[26] En nou, as julle julle ongehoorsaamheid waaragtig wil berou, daar is dit, soek daarin en herken die ware rede van julle berou; want al die ander is ydel en het geen nut nie!

[27] Ons almal het aan die ewige liefde ontspruit en is daarom die kinders van een en dieselfde Vader, wat in Sy ewige glorie en Sy oneindige gewydheid en in Sy liefde by ons woon en ons by Hom. Daarom moet ons ook met alles aan Sy liefde geleë wees. Want slegs in en deur die liefde is ons Sy kinders; slegs deur die liefde kan ons Hom as God en Heer waardig prys; deur die liefde kan ons Hom leer ken; in die liefde kan ons Hom benader en almal so, deur en in die liefde, lewe en die ewige lewe vind en behou.

[28] God is in Sy gewydheid nie toeganklik nie, in Sy wysheid ondeurgrondelik, in Sy barmhartigheid onmeetlik, in Sy mag bo alles vreeslik, in Sy krag vir ewig onoorwinlik. Sy lig is die lig van alle ligte en Sy vuur die vuur van alle vure. En sodoende is Hy in alles `n onaantasbare en ook baie onkenbare God, wat ons nie wil en ons ewig van Hom afstoot; maar juis hierdie God is ook die allerhoogste liefde Self. Die liefde versag Sy goddelikheid soseer dat Hy ons wil; en as ons van Hom hou, dan stort Hy deur die liefde Homself vanuit al Sy goddelikheid in ons uit en maak ons tot Sy kinders, en maak Hom dan aan ons kenbaar as die beste, mees liefdevolle, heilige Vader in alles waarna ons maar in staat is om te kyk, om Hom steeds meer lief te hê, om vreugde in Hom te skep en Hom selfs ten slotte in die vrye, ewige lewe as sodanig volledig te sien.

[29] Bedink daarom goed, kinders, wie en wat God is, - en wie en wat ons heilige Vader is en handel getrou daarvolgens! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205