Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die vreugde van die stamvaders oor die Heer

76 Nadat hy hierdie woorde beëindig het, dank Henog My weer in stilte en steek toe sy hande uit, gryp die vaders onder die arms en wel in volgorde van afstamming. En sien, vrolik en vreugdevol en heeltemal van nuwe aardse kragte vervul, staan die vaders dadelik van die grond af op en dank My uitbundig vir so `n barmhartigheid en prys hardop My Naam. Ja, die groot vreugde eis selfs hulle voete op, sodat hulle saam met Adam en Eva begin te huppel; en Set was vanweë sy oormatige vreugde nagenoeg uitgelate en huppel so hoog as hy maar kon.

[2] Maar nou gebeur dit dat hy deur sy gehuppel val en sy regter knie `n weinig beseer en dadelik nie meer kon huppel nie. En onmiddellik was hy bedroef; want hy sien dit as `n straf aan en wend homself direk tot My en sê in sy hart:

[3] "O Heer en ons aller goeie, allergewyde Vader! Sien barmhartig op my, arm en gebrekkige swak mens neer; sien, ek was veels te bly in U Naam en het deur die onmatigheid van my vreugde geval!

[4] O heilige, mees liefdevolle, goeie Vader! Help my op, - want voortaan wil ek my nooit meer met my voete, maar des te meer in my hart verheug en U ook liewer meer met my tong loof en prys, en ek wil my voete gebruik volgens U wil en my hande volgens U welbehae; maar slegs vir hierdie keer, o heilige, goeie, mees liefdevolle Vader, neem die pyn weg uit my knie! O, verhoor my bede! Amen."

[5] En terstond hoor hy `n luide stem wat tot sy hart spreek: "Luister Set! Verheug jou altyd oor My Naam; verheug jou oor jou Vader en verheug jou oor alles wat jy ook maar tot My verhef! Maar laat daarby liggaamlike inspanning agterweë, dit dien tot niks, maar verheug jou in die stilte van jou hart! Verheug jou gedurende jou lewe oor die gevinde lewe en trek nie wat aan die dood eie is saam in die vreugde van die lewe nie; dan sal jy nooit skade ondervind, nie aan jou liggaam en nog baie minder aan die lewe van jou gees vanuit sowel jou as vanuit My liefde tegelyk!

[6] Neem goed kennis hiervan en laat dit so diep as wat maar moontlik is in jou lewe saamspeel, dan sal daar nooit `n einde kom aan jou vreugde nie; en staan nou op en wandel blymoedig in My Naam! Amen."

[7] Toe Set dit helder en duidelik in homself gehoor het, begin hy van vreugde te huil en dank My hardop vir so `n onverwagte barmhartigheid.

[8] Nou merk die origes, dat daar iets besonders met Set gebeur het en op Henog na verwonder almal hulleself oor die plotselinge rus van Set en sy innige verblyde stemming.

[9] Set merk dit en versoek hulle om hom in sy vreugde oor die gevinde lewe uit God nou nie te steur nie; vanaand sou hy dit tog van bo af in homself ervaar.

[10] Nou wend Adam homself tot die kinders, dank My, seën hulle almal, seën die kinders van die middag en seën die omgewing en sê toe:

[11]"En nou kinders, dank die Heer en maak julle klaar vir die reis in die rigting van die aand en wel in die bekende opstelling: Asmahael tussen my en Henog op die dier van die waarheid! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205