Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die vertrek van die patriarge na die kinders van die aand

77 En dadelik stel hulle hulleself op soos Adam verlang en gaan op reis na die kinders wat in die aand woon.

[2] En elkeen van hulle offer sy hart aan My en loof My in stilte, sowel diegene wat vertrek asook die agterblywende kinders van die middag.

[3] En die agterblywende kinders van die middag buig voor die hoofstamouers en dank hulle vir so `n blye boodskap en prys My Naam en loof My liefde uitbundig en word met vreugde vervul oor My groot erbarming.

[4] En sien, onder sulke goeie omstandighede skei die eerste mense van die aarde hier van hulle kinders.

[5] Die weg van die middag tot aan die aand was `n baie indrukwekkende - dit wil sê, slegs vanuit menslike oogpunt gesien! - dit was by uitstek dit wat julle met die uitdrukking "romanties" aangee.

[6] Vanweë die groot, tot vandag toe nog nêrens meer aan te treffe seldsaamheid, wil Ek julle haar ietwat nader onder oë bring; let dus op en beeld dit in julle hart uit!

[7] Die streek waardeur die weg na die aand lei, het so daaruit gesien: Stel julle sewe in een lyn opgestelde kegels van `n grysblou kleur voor, elkeen van hulle seweduisend voet hoog en onderaan met `n deursnee van een sewende myl! Dink julle dan in, dat die een kegel by die ander aansluit asof iemand dergelike kegels sodanig naas mekaar wou geplaas het dat hulle mekaar aan die voet sou aanraak!

[8] Soos wat die sewe kegels in `n front naas mekaar staan, so - stel julle dit voor! - staan daar agter elke kegel nog tien, in steeds afnemende afmetings en met verskillende kleure. Uit die top van elke kegel ontspring `n fontein van suiwer water. Voor die hooffront op `n afstand van ongeveer honderd klafter*, loop `n regte weg, wat so `n duisend voet hoër as die voet van die kegels oor `n kersregop bergrug loop waarvan die noordekant begroei is met die mooiste palms, populiere en platane; maar aan die suidekant is daar buite die genoemde groepe klipkegels met hulle as sterk winde ruisende watervalle niks anders te sien as `n kaal, met hier en daar kort gras en mos begroeide steenagtige bodem nie. *(1 klafter= 1.9m)

[9] Wel nou, dit is dan `n kort beskrywing van die weg van die middag in die rigting van die aand! Dink julle dan nog in, die onbeskryflike uitwerking wat deur die strale van die son voortgebring word, wanneer dit in die tallose waterboë breek en bowendien ook nog deur die openinge tussen die kegels die bontste kleureprag van die daar agterstaande rye kleiner kegels heen skemer. Dan het julle alles kortliks saamgevat waardeur julle julle `n taamlike duidelike beeld kan vorm van die gedeelte van die weg in die rigting van die aand.

[10] Ook hierdie weg was `n lieflingsweg van Adam. Hy het graag hier gewandel, in die besonder op baie warm dae, omdat daar steeds koel winde waai en bowendien wek hierdie aanblik by hom ook steeds groot sielsverrukkinge uit vroeëre tye. Wanneer hy dan daarvandaan terugkeer, spreek hy met sy kinders in baie verhewe woorde oor My liefde, barmhartigheid, wysheid, erbarming, gewydheid, grootte en mag; en vandaar dan ook, dat hy hierdie weg, "Die beskouing oor die sewe magte uit die ewigheid van die groot God JaHWeH" noem.

[11] Toe die vaders nou by hierdie weg aankom en geleidelik aan tot by die middelste kegel loop, laat Adam die tog `n wyle onderbreek om homself `n weinig aan die indrukwekkende natuurtafereel te kan wy.

[12] En dadelik gaan al die kinders sit en verlustig hulleself in die luid rasende dooie natuur.

[13] Na `n kort pouse, waarin daar baie oor My nagedink word, wend Adam homself tot Asmahael en vra hom: "Asmahael, vertel ons eers wat jy van die skouspel dink en hoe dit jou geval!"

[14] Asmahael keer homself vol eerbied tot Adam en sê: "O vader van die vaders van die aarde! Jy vra hier aan die swakke, terwyl daar aan die sterkstes al te groots en te veel aangebied word; maar as ek die hoë en steil, met water bevloeide, spitssuile uit ligblou gesteente bekyk, gevorm deur die magtige vinger van die ewige God, dan dink ek in my hart: Vir die grote is die grote nie groot en vir die kleine het die grote geen nut nie! Wat moet berge dan wel as `n betekenis hê vir `n muggie?! Wat se nut het die vingers van ons hande vir `n vlieg?!

[15] En as ek die magtige skouspel hier bekyk, o vader van die vaders van die aarde, dan bespeur ek baie duidelik dat slegs die grote die grote kan dien; maar die vlieg moet genoegdoening neem met `n zoemende paar vlugtige vleuels!

[16] Vaders, groot en magtige kinders van die Hoogste! Dergelike groot en heerlike dinge is deur die magtige vinger van die Godheid vir julle gevorm, - julle kan hulle gebruik, begryp en roem; vir my is die ongelykhede op die rug van `n vlieg so groot soos berge.

[17] O vaders van die vaders van die aarde, dit wat ek nou gesê het is alles wat ek in staat is om te sê; o leer my om dit anders te sien en, indien moontlik, sulke grootsheid van die dinge geestelik te begryp! Amen."

[18] Toe Adam so `n deemoedige beskeidenheid verneem het, verheug hy homself daaroor en sê, en wend homself tot die res:

[19] "O liewe kinders, luister! Asmahael kom vir my voor soos `n sinds lang tyd braak lêende veld, wat weliswaar gedurende die braaklegging geen vrugte gedra het nie - want dit was slegs `n braak lêende veld - maar wanneer goeie saad op sy aarde gesaai word en vervolgens diep ondergewerk word, is dit verheugend hoe so `n akker in `n kort tydjie honderdvoudige vrug voortbring.

[20] Dit lyk my die geval te wees by Asmahael; want hy is nog maar enkele ure in ons midde, maar met uitsondering van onsself, sou hy baie goed in staat wees om al die ander kinders op die hoogte te beskaam!

[21] Luister, liewe kinders! Indien die armes uit die diepte saam ook maar enigsins die vrugbaarheid van Asmahael benader, waarlik, dan sou dit ewige sonde en `n jammerte wees dat ons hulle nie te hulp sou kom nie!

[22] Daarom sal ons, met God se magtige bystand, ons hede in my woning beraadslaag wat daar in die opsig te doen is.

[23] Die Heer mag ons egter behoed teen enige eiemagtige optrede! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205