Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se swakheid

79 Nadat Henog hierdie woorde uitgespreek het, buig hy vol eerbied voor al die vaders en dank My vervolgens in sy hart vir die groot barmhartigheid, waardeur dit hom nou wederom gegee was om vanuit My soveel suiwer goeie en ware dinge aan die vaders te verkondig.

[2] Toe staan Adam op en sê: "Amen!" en vervolg deur te sê: "My baie geliefde Henog, hierdie keer sien ek baie duidelik dat die woorde wat jy nou gespreek het, nie in jou liggaam ontstaan het nie, maar die Heer, ons aller almagtige Skepper en allergewyde Vader, het hulle vooraf getrou in jou hart gelê!

[3] Want waarlik, liewe kinders, welke mens sou so-iets vanuit homself kan bedink en wie het hierdie steenformasie in al haar wonderlikheid so duidelik en begryplik kon onthul, soos jy deur die mag en die groot erbarming van die allerhoogste God?!

[4] Dit is wel die eerste keer dat ek jou so volledig begryp het en dat, om dit so uit te druk, vanuit sy diepste wortels.

[5] Maar een ding staan my nog nie onmiskenbaar en duidelik voor oë nie en dit is: Dat ek my nog steeds nie goed kan voorstel op welke manier jy die heilige woord wat jy dan gespreek het, in jou ontvang en dit hoor en dit dan dadelik uitspreek, sodat dit klink asof dit van jou was, terwyl die eindelose diep betekenis tog juis baie opmerklik die stelligste teendeel bied, ja, so `n stellige teendeel as `n volkome rustige wateroppervlakte waarop nie die geringste oneffenheid te ontdek is nie.

[6] O Henog, nie nou, maar op `n ander uur waarop dit meer geleë kom en wat die Heer welgevallig is, toon en ontvou dit aan ons almal, sodat ons daardeur `n innerlike norm kry waarna ons in staat is om te beoordeel, hoe en wanneer iemand van ons in staat sal wees om in sy hart die heilige woord vir homself of vir ons almal te verneem.

[7] Ek sê dit nog eens vir jou: Nie nou nie, maar te gelegener tyd! Ons almal dank nou die Heer, dat Hy ons waardig bevind het vir so `n belangrike leer en daarna sal ons onsself opstel om die reis te vervat en wel in die reeds bekende volgorde in die naam van JaHWeH! Amen."

[8] En almal doen in die innerlike diepte van hulle hart soos Adam dit beveel het.

[9] Toe hulle gereed was om hulle dank aan My te bring, staan hulle op en maak hulleself reisvaardig.

[10] Maar voor hulle hulleself in beweging begewe, sê Adam vir Set: "Luister, my geliefde Abel-Set, ek het honger - my ledemate, wat besig is om moeg te word, sê dit vir my - maar julle ken die gelofte van die huidige dag, wat ek met julle almal aan die Heer gedoen het, toe die kake van die dier ons almal tesame laat huiwer het.

[11] Wat is hieraan te doen? Ek sou dit wel vir Henog wil vra; maar waarlik, hier op hierdie plek is dit die eerste keer in my lewe dat ek geen moed het om `n kind te vra - wat bowendien nog `n kind van `n nakomeling is! - hoe ek my moegheid, sonder om my gelofte te breek, die hoof sal bied!

[12] Gaan na hom toe en vra hom saggies vir sy raad! Amen."

[13] Terstond gaan Set na Henog en sê: "Luister, Henog, ons vader Adam is deur `n hewige moegheid in al sy ledemate bevange! Hy verlang geweldig na `n maaltyd, - maar sy gelofte gebied hom om die hele dag deur niks te eet nie. Vertel my, indien dit vir jou moontlik is: Op welke ander manier sou die aartsvader sy moegheid kan kwytraak?

[14] O beste Henog, doen wat in jou vermoë lê! Want ofskoon ek ook tot lewe gekom het, voel ek tog in die eerste plek `n lewe van swakte in my en nie een van sterkte nie; daarom sou ek vir die aartsvader `n baie swak steunpilaar word!

[15] Maar jy het dit in oorvloed; gee daarom raad of hulp! Amen."

[16] Henog begewe homself oombliklik na Adam en sê: "O vader laat jou nie deur die versoeking oorval nie! Dit is die Heer Self, wat dit op jou laat afkom om die innerlike sterkte van jou verbond te beproef.

[17] Toe jy nog nie bestaan het nie, kon die Heer jou tog in die lewe roep, sodat jy `n vry mens en `n vry gees sou word, volkome na Sy ewebeeld.

[18] Jy is nou al lank `n vrye waarnemer en ontvanger van die onnoemlike uitstroming van Sy oneindige liefde, erbarming en barmhartigheid; hoe kan jy jou dan deur kleinmoedigheid laat verklein en voor die gebrekkige materie van jou vlees bewe, wanneer die voortskrydende sterwensproses jou vermaan dat nie die liggaam, die steeds meer verouderde omhulsel van die innerlike lewe, maar die gees van die liefde, wat die einste, innerlike lewe is, tot lewe in God bestem is?!

[19] Laat die liggaam tog vermoeid raak; en wanneer dit tot in die setel van die lewe swak sal word, word dit des te ligter en sal homself vinniger oorvloedig in die gehele siel uitstort en sal hierdeur ook op die beste wyse elke vesel van die liggaam vir `n toekomstige ewige lewe voed.

[20] Want die gees sal dan die lewe van die liggaam in homself opneem en dan sal die dood niks anders hê om te wurg as homself nie, wat weer die leë vlees self is.

[21] O vaders, bou in julle swakte op JaHWeH se krag, dan sal julle jubel oor die teruggekryde krag in die mag van julle lewe en sê:

[22] "O Heer, goeie, allergewyde Vader! Ek was nie en U het my in die bestaan geroep; en ek bestaan in al die moedige volheid van krag in die blye, ligte lewe vanuit U. Dit behaag U, om my met menige swakhede te beproef; ek herken deur U barmhartigheid die nuwe beproewing en bring U in my afgematte staat `n offer van kinderlike liefde. U het nou weer my vermoeidheid aangesien en ek leef nou juigend `n nuwe, verbasingwekkende salige lewe in U, o JaHWeH! Aan U is in ewigheid alle roem, prysinge, eer, lof en dank toegedaan!"

[23] O liewe, ons aller agtingswaardige vader Adam! Glo my, die swak Henog: Daar sal geen uur verby wees, of julle ledemate sal kragtiger word as die van die sterkste tier; maar julle moet vashou aan die verbond! Want die Heer verag altyd die trouelose wankelmoedigheid van die hart.

[24] Maar laat julle voorhande tot aan die aand deur my gelei word en julle onder julle arms vasgryp en julle sal die volslae wonderbaarlike leiding van die Heer spoedig volledig erken! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205