Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Liefde en die Seën van die Heilige Vader as Teken van Sy Geestelike Aanwesigheid

(Vervolg van 7 Jan. 1842)

1 En Abedam sê aan hulle: "Wel nou, luister dan: Ek het met groot welbehae die uitinge van julle harte verneem; derhalwe is julle almal waarlik die allerbeste daaraan toe, - maar soos Ek nou onder julle vertoef, dit weet julle, kan Ek ter wille van julle vrye lewe nie bly nie en moet Ek julle as sigbare Vader spoedig weer verlaat!

2. Hoe sal dit dan wees wanneer Ek nie meer in julle midde sal wandel nie en julle behoefte kry aan hoëre kragte en magte? Wie sal dan in My Naam onder julle werksaam wees?

3. Wie sal julle aanstonds behoed van allerlei kwaad en wie sal weldra alle kwaadaardige vervolging van die wêreld van julle harte afwend, indien daar by niemand van julle `n hoëre krag en mag sou inwoon as dierbare nalatenskap van My aan julle almal, as `n magtige beskerming vir alle vervolging en versoekinge van die slang?

4. Oorweeg julle dit en antwoord My! Amen."

5. En almal wat deur hierdie vrae op die proef gestel was, antwoord eenstemmig: "O, EmmanuEl, U woorde is meer as slegs die allersuiwerste waarheid, o Abba, U is liefde!

6. As ons vleeslike oë dan ook nie langer die onuitspreeklike barmhartigheid het om U, o Heilige Vader, Self te sien nie, soos wat ons U nou sien, hoewel geheel onwaardig, dan sal U, o Abba, met die verdwyning van U heilige sigbaarheid tog nie U liefde van ons wegneem nie, maar veeleer ons, verlate kinders, toestaan om ons hart aan U oneindige en bo alles heilige vaderliefde te verwarm en daardeur nuwe lewenskrag te ontvang.

7. O Abba! Slegs dit vra ons van U, dat U ewig ons alle Vader sal bly en ons nimmer met U seënende hand sal verlaat nie, - dan het ons almal krag en mag genoeg om alle versoekinge te weerstaan en alle gevare van die wêreld te bestry en volledig te oorwin!

8. U Heilige Wil geskied nou, soos altyd en ewig! Amen."

9. En Abedam roep met luide, ontroerde stem: "Waarlik, waarlik, sê Ek, as julle My Liefde het, dan het julle alles, - ja meer as wat alle hemele van die hemele ooit kan bevat!

10. Julle het die hoogste loon uitverkies, wat ewig aan julle sal behoort en niemand sal dit van julle afneem nie!

11. Waarlik, almal wat getrou in My Liefde bly, van hom sal die dood wegvlug en wyk soos sneeu vir die hittige strale van die somer se middagson!

12. En daarom bly Ek in liefde by julle, nou en tot in alle ewighede! Amen."


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205