Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog spreek tot Horadal en sy leër

101 Maar nou roep die hoë Abedam vir Henog na Hom toe en sê aan hom: “Henog, kyk, hierdie verblindes is nie in staat om woorde uit My mond aan te hoor en in hulle lewe op te neem nie, omdat hulle hele gees reeds `n gees van die slang is! 

2. Die woorde wat uit My mond kom is dodelik vir diegene, wie nou meer vanuit die gees van die slang lewe.

3. Open jy nou daarom jou mond in My Naam en deel hulle My wil mee soos wat jy dit in jouself sal vind!

4. Eers daarna sal Ek drie woorde sê aan die mense van dié geslag (saadlyn), hetsy tot lewe of tot die dood! Amen.”

5. Toe Henog hierdie opdrag van My verneem het, dank hy My in die volheid van sy liefde vir My, loof en prys My hardop ten opsigte van almal uit die diepte en rig toe die volgende woorde tot Horadal:

6. “Horadal, luister, wat jy nou uit my mond sal verneem, begryp dit goed en oorweeg dit diep in jou hart; want wat ek jou nou gaan sê, is nie my woord nie, maar enkel en alleen die heilige woord van die Een wie in ons midde is en my geroep het om Sy heilige wil aan jou ore bekend te maak, omdat jy die stem van Sy mond nie sou kan verdra sonder om die lewe te laat nie.

7. Want jou huidige lewe is `n lewe van leuens en alle boosheid wat uit die leuen voortkom, en dit is die ou, hoogmoedige, weerbarstige, afvallige gees, wat nooit meer wou omkeer tot Hom, wat hom laat ontstaan het nie, maar homself in plaas daarvan liewer voorlieg dat hy die almagtige gees van alle geeste is, terwyl hy tog swakker is as `n vlieg en geen ander krag het nie as slegs in die leuen, waarin hy `n groot meester is.

8. `n Soortgelyke lewe is geen lewe nie, maar `n absolute dood; dit kan hy egter nie staande hou as die lewende stem van God oor hom kom nie, maar gaan volkome ten gronde, net soos die leuen in die lig van die waarheid.

9. Maar solank die leuen nie aan die lig gebring word nie, volhard sy in haar bedrieglike skynbestaan, asof sy werklik bestaan; maar in die lig van die waarheid hou sy plotseling op om te bestaan asof sy nooit daar was nie.

10. Die woord uit God se mond is immers die allerhoogste lig! As dit in volle omvang oor jou sou kom, terwyl jy niks anders as suiwer leuen is nie, wat se gevolge sou dit nie vir jou hê nie?!

11. Sodat jy nietemin kan sien hoe groot die liefde van JaHWeH is, het Hy my opgedra om in Sy Naam met jou te spreek.

12. En Sy liefde is so groot dat Hy selfs die leuen ontsien deur Sy almagtige lig terug te trek, en maar net baie weinig daarvan te laat terugkeer; so kan selfs die leuen, as sy vrywillig die vonkies van Sy lig wil opneem, in `n werklike lewe oorgaan, wat geleidelik aan in staat sal wees om ten slotte selfs die volle omvang van die goddelike lig te deurstaan en dan ook in en vanuit dié lig oor te gaan in Sy oneindige liefde om daarin `n nuwe skepsel te word, ja `n skepsel van die liefde, om so die kindskap van die hemele te beërwe en daarna ten slotte selfs die kindskap van God.

13. Sien, hierdie woorde uit my mond is nou die terugkerende vonkies; as jy dit in jou wil opneem, kan daar met jou gebeur wat ek so pas uitgespreek het!

14. Volhard jy egter in jou leuen, dan sê ek vir jou, in die Naam van die Een wie nou as `n ware, uiters liefdevolle Vader in ons midde is:

15. Sien, die Heer van hemel en aarde, die almagtige God van die ewigheid tot ewigheid, kom en sal kom met baie van Sy gewydes (heiliges) om met Sy lig `n oordeel te hou oor al wat leuen is, en om alle goddeloses te straf wat in die leuen lewe vanweë hulle goddelose werk en goddelose lewenswandel, waardeur hulle goddeloos was; ook vanweë die hardheid en die baie laster wat sulke goddelose sondaars teen Hom geuiter het! (Judas 14-15: Uitgewer)

16. Wie is egter goddeloos? Sien, wie net soos jy, `n lewe in die leuen lei, waarin geen waarheid meer bestaan nie!

17. Die waarheid is egter die goddelike lig, wat nie in die leuen aanwesig is nie; maar wat een en al leuen is, waarvoor elke waarheid `n dodelike oordeel is, dit is tog sekerlik net so goddeloos soos jy en al jou handlangers!

18. Teen hulle is die onvermydelike oordeel nou deur God aangesê; want Hy sal nie Sy oneindige lig altyd temper om die sondaars te ontsien nie.

19. Maar wanneer Hy sal kom met Sy lig, vertel my dan net hoe `n sondaar, wie se wese een en al leuen is, homself dan sal kan handhaaf?!

20. Staan nou op, en versamel jou leuenagtige volk om jou heen, maar versamel ook hierdie vonkies in jouself en sorg daarvoor dat die volk dit ook doen!

21. Werp julle wapens van die leuen weg en trek die kleed van berou aan en van die ware deemoed, sodat julle mag ervaar wat die liefde van die groot God alles doen voordat Hy die oneindige lig van Hom laat uitgaan, waarin alle gedagtes openbaar word!

22. Trek derhalwe in die rigting van die middernag en laat niemand meer wens om Hanoch weer te sien nie! Want die Heer het vir julle almal reeds `n land berei; daarin sal julle voortaan `n lewe lei van ware ommekeer tot God.

23. Gaan nou en vervul vir die eerste keer die wil van die ware God, dan sal Adam julle seën, sodat julle dan in vryheid na julle toegewese land mag trek!

24. Die wil van die Heer sy met julle! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205