Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Een uitsondering op die toelating van veelwywery

106 Na hierdie woorde kry Henog die opdrag in sy hart om na Horadal te gaan en hy sê aan hom:

2. “Horadal, die Heer wil dat jy en jou tien helpers nou ook voedsel tot julle neem; doen dit dus volgens die wil van die Een wie my daarvoor na jou toe gestuur het!

3. As julle julleself versterk het, staan dan op en gaan met almal op die weg!

4. Volg die twee groot gidse wie julle sal lei; en bly daar, waar hulle julle sal aanwys!

5. Julle sal julle verblyfplek die maklikste herken wanneer julle, julle vrouens en kinders wat in Hanoch agtergelaat is, sien, wie reeds daar op julle sal wag. As blyk van trou het julle, die aanvoerders, hulle naamlik merendeels as gyselaars by Lameg agtergelaat.

6. Dit is die wil van die Heer, dat ek julle dit nou meedeel, sodat julle julleself opgewek kan versterk om daarna vrolik en sorgeloos na die plek te trek waar die Heer `n land vir julle bestem het waar julle kan bly.

7. Aangesien jy dit nou weet, eet en drink dan nou in die Naam van die Heer, soos altyd! Amen.”

8. En Horadal, net soos die tien ander, dank hom vir die belofte en vir daardie bemoedigende berig en neem toe saam met hulle spys en drank.

9. Terwyl hulle hulle maaltyd gebruik, rig die hoë Abedam Hom tot Adam en sê aan hom:

10. “Jou vaderlike onderrig aan hierdie armes was op sigself wel goed, maar `n ding moet tog nog daarby gekorrigeer word, naamlik wat die veelwywery betref.

11. Sien, jy het heeltemal gelyk dat jy die veelwywery as volkome in stryd met my orde voorgestel het en ewe korrek het jy hulle uitgelê waar die slang en die dood altyd huishou.

12. Maar wat dink jy wat die beste vir hulle sal wees, hulle het nou reeds, veral die aanvoerders, - elkeen vir hulle ten minste sekerlik tien vrouens in besit: Moet hulle van mekaar skei en slegs een vrou hou of alles laat soos dit is?

13. As iemand afstand doen van nege van sy tien vrouens en net een oorhou, wat moet die nege ander dan met hulle kinders doen en hoe sal dit daar in hulle harte uitsien? 

14. Of, as hy almal hou en vir die harte van alle kinders van sy tien vrouens sorg en as die vrouens dan sodoende deur hulle man sal hoor, hoe ons hulle, ondanks die enigste ware orde, tog in die toestand gelaat het waarin hulle deur die ysterbande van hulle wet beland het, dan sal hulle ons in hulle harte loof en prys.

15. En ook hulle kinders sal ons groot erbarming en liefde daarin herken, wie ons in die teenoorgestelde geval in hulle harte sou verwens het.

16. Wat dink jy dan wat die beste sal wees, tenminste vir hierdie, wie hulle nou eenmaal in die beklaenswaardige en onordelike toestand bevind?

17. Maar Ek sê vir jou: Vir die kinders van die wêreld, wie te sterk deur hulle vlees gedryf word, is veelwywery beter as niks ontsiende hoerery en verkragting of selfs die skending van jong seuns.

18. Ja, Ek sê vir jou: Veelwywery is ook selfs beter as om in stryd met die orde, om met een vrou te slaap, sonder die oogmerk om kinders te verwek, maar net vir stomme bevrediging van die geslagsdrif en dit in die besonder as die vrou haar reeds in `n sigbare toestand van swangerskap bevind.

19. Want wie tien of meer vrouens het, verwek byna altyd kinders, so dikwels as wat hy een van hulle beslaap; maar as iemand net met `n vrou, in stryd met My orde, herhaaldelik gemeenskap het, verwek hy ten eerste nie net geen vrug by elke gemeenskap nie, maar hy bederf dikwels nog die reeds verwekte vrug en maak bowendien ten slotte sy vrou heeltemal onvrugbaar.

20. Wanneer dit, soos wat jy sekerlik goed weet, selfs reeds by die kinders van die hoogtes plaasgevind het, wie tog uit My barmhartigheid en My seën voortgekom het, hoeveel te meer sal dit dan nie die geval wees by diegene wat uit My oordeel voortgekom het nie!

21. Beoordeel dus nou self wat vir die oomblik, veral vir die kinders van die laagte, die beste sal wees!

22. Ofskoon Ek daarmee in die geheel nie die veelwywery wil invoer nie, en glad nie by julle nie, gaan desondanks daarheen en herroep wat jy gesê het aan hierdie kinders uit die laagte; jy kan slegs daaraan toevoeg, dat hulle hulle kinders daarom nie tot veelwywery moet opvoed nie, maar soos My ware orde dit volgens jou woorde vereis! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205