Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Heer spreek oor die skade wat vloek en toorn teweegbring

108 Nadat Adam dit van Horadal gehoor het, was hy so ontroerd en ween soseer van buitengewone vreugde, dat hy oor sy hele liggaam gebewe het en nie in staat was om te doen wat hy nou juis so graag wou nie, naamlik om `n baie kort en eenvoudige woord oor sy lippe te bring nie.

2. Maar Abedam sien hoe dit met Adam se hart gestel was; daarom loop Hy dan ook na hom toe en sê: “Adam, wil jy hierdie lasteraars nou nog steeds vervloek?!

3. Sien, daarom moet die mens met niks so suinig wees as met die uitspreek van die regterlike en in die besonder, die vaderlike vloek nie!

4. Want wie kan My weë deurgrond en wie my raadsbesluite deurvors?!

5. En as iemand sy vloek uitspreek oor verskynsels waarvan hy die oorsaak nie ken nie, is dit nie baie wel moontlik dat hy die vloek uitspreek oor My groot liefde, erbarming, geduld, lankmoedigheid, goedheid, barmhartigheid, sagmoedigheid en daardeur ook oor My hele goddelike orde daarin nie?

6. En as iemand hierdie orde vervloek het, watter seën sal later vir sy gees daaruit voortkom?

7. As iemand My liefde, erbarming, geduld, lankmoedigheid, goedheid, barmhartigheid en sagmoedigheid deur `n vloek veroordeel het, het hy hom dan nie sy eie veroordeling op die hals gehaal nie, omdat hy vooraf juis dit alles veroordeel het, waardeur hy die ewige lewe uit My kon geneem het?!

8. Wat het die mens eintlik wat hy nie eers van My liefde en erbarming ontvang het nie, en waar wil hy iets vandaan kry anders as uit My liefde, erbarming en barmhartigheid?!

9. Maar as hy eers My liefde veroordeel en haar vir altyd verban het deur `n vloek daaroor uit te spreek, hoe, vertel My dit, Adam! hoe moet hy dan verder water uit die bron put wat hy voorheen heeltemal toegegooi het met grond, klippe, sand en allerlei puin?!

10. Daarom moet die een broer nooit die ander oordeel nie, tensy Ekself die uitdruklike bevel daartoe gegee het!

11. Wie egter op eie gesag oordeel, het dan oor homself die doodsoordeel gevel, omdat hy die lewe van al die lewe uit hom verban het!

12. Veronderstel dat iemand so geweldig kwaad geword het vir sy broer, dat hy sy huis in die nag aan brand wil steek, en hy met sy slegte werk begin, maar dat daar, van die fakkel van die vertoornde man, `n vonk op sy eie huis sal val, sodat hy dit aan brand steek voordat hy die huis van sy arme broer met sy fakkel kon bereik, aan wie sal die boosdoener dan later die skuld kan gee dat hy nou deur daardie vreeslike vuur van al sy eie hawe en goed, al sy lewensmiddele en sy woning beroof is?!

13. Wat Ek jou hier met dié beeld getoon het, gebeur met elke toornige, geestelik in sy eie huis; want voordat hy die verderflike brand van die vloek van die veroordeling wil aanrig by sy broer, het hy al lank vooraf in sy eie huis die alles verwoestende brand veroorsaak wat daar alles verteer en vernietig, waarmee Ek hom baie goed toegerus het vir die ewige lewe!

14. Laat niemand daarom `n vloek uitspreek oor `n broer wie stellig `n sonde teen hom begaan het.

15. Maar, laat hy, in plaas van `n vloek, altyd `n seën oor hom uitspreek dan sal hy sy broer en homself ook altyd waaragtig oordeel, nie tot verderf nie, maar tot die ewige lewe!

16. As Ek alle dinge sou geskape het tot verderf en om dit ten gronde te laat gaan, sou Ek dan as die ewig heilige en eindeloos wyse God wel wys gehandel het, deur ooit iets te skep?!

17. Ek is van mening, dat selfs die ergste en mees boosaardige dwaasheid nouliks tot so `n daad in staat sou wees, Ek wie `n heilige, ewige, oneindig wyse en allerliefdevolste God en Vader van al My kinders is!

18. Omdat Ek dus alles geskape het vir die ewigheid, selfs so, dat selfs nie eens die minste gedagte wat die allergeringste mens allervlugtig gedink het, verlore sal gaan nie; - om welke rede sou julle julleself dan oor en weer wil veroordeel tot julle verderf?!

19. Onthou daarom dit, Adam, dat Ek alleen die ware regter is; maar wees jy `n ware seun van My, wat altyd oordeel soos Ek alle dinge beoordeel, naamlik:

20. Nie deur te vervloek nie, maar deur My liefde, erbarming, geduld, lankmoedigheid, goedheid, barmhartigheid en sagmoedigheid.

21. Doen jy en al die ander nou net so, dan sal julle altyd die ewige lewe hê vanuit My! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205