Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Horadal word tot ware leier van sy volk aangestel. Die drie tekens van barmhartigheid vir Horadal

109 Na hierdie woorde rig die hoë Abedam Hom tot Horadal en sê: “Maar jy, Horadal, wat die heilige vonkie van Farak so getrou in jou hart bewaar het deur alle storms van versoekings heen wat deur die slang en vanuit haar deur die wêreld veroorsaak was, sien, hier voor jou staan nou meer as die vonkie van Farak, `n oneindige son, Ekself, van wie Farak getuig het, - Ek, die ewige, oneindige, almagtige God, die groot Skepper van alle dinge, wat die hemel en alle eindelose wêreldruimtes van die uiters klein tot die allergrootste vervul, - Ek, die mees heilige, allergrootste, die aller suiwerste, ewige liefde, - Ek, die enigste ware Vader van jou en van al Adam se kinders, Ek, wie alleen die lewe het en dit vanuit My gee, - Ek, - Ek staan nou voor jou!

2. Jy het die vonkie van Farak so trou in jou hart bewaar en het aan Hom geglo, wie jy nooit gesien het nie, asook aan die heimlike roep in jou; en jy het nie daaraan getwyfel dat Ek met hierdie heimlik stille roep, My wil aan jou te kenne gegee het nie. En toe jy die roep in jou verneem het en herken, het jy ook dadelik streng daarvolgens gehandel. Aan jou sê ek kort en goed: Omdat jy My in die kleine waaragtig trou gebly het, sal jy My ook sekerlik van nou af aan des te trouer bly, aangesien jy nou die Een Self sien en hoor oor wie Farak aan die volk in Hanoch gepredik en geprofeteer het, - en daarom sal jy ook by jou volk meer verteenwoordig as die plek van Farak in Hanoch!

3. Horadal, met hierdie woorde gee Ek jou nou verantwoordelikheid oor die grote, omdat jy My in die kleine trou gebly het, en Ek maak jou sodoende tot `n ware leraar en leier van jou volk!

4. Sien, daar is nog baie blindes onder hulle; maar met My lewende woord sal jy hulle almal siende en lewend maak!

5. Van nou af sal jy My wil egter nie saggies meer in jou hoor, soos in die laagte nie, maar soos jy My nou hoor, sal jy hom, dit wil sê My wil, altyd in jou, buite jou en bo jou hoor! Ook al sal jy My nie sien soos nou nie, tog sal jy My altyd hoor soos nou!

6. Horadal, Ek sê vir jou, jou geloof is groot; want sonder `n teken, behalwe dit van My twee bodes wie Ek jou gestuur het, het jy geglo dat dit waaragtig Ek is, wat dit vir jou gesê het!

7. Waarlik, vir jou was die tweede klein teken, die seëning van die voedsel en die drank vir jou volk, nie nodig gewees nie, omdat jy reeds lank in jou hart so vas aan My geheg was, nog voordat jou oë My wese gesien en jou ore die stem van die Vader uit My mond gehoor het!

8. Omdat jy nou vir My, jou God en Vader, gesien en gehoor het en jy vas glo dat Ek die Een is wie dit aan jou sê en jy My gevra het of jy My mag liefhê, waarop Ek jou reeds tevore die drie groot woorde gegee het, wil Ek jou as loon nou ook drie groot tekens gee, omdat jy so vas geglo het dat dit waaragtig Ek is, die enigste ware, ewige, oneindige, almagtige God en Skepper en Beskermer en Bestuurder van alle dinge en die enigste ware, mees liefdevolle Vader van alle mense en engele.

9. Hierdie drie groot tekens sal wees, dat jy ten eerste op wonderbaarlike wyse spoedig in die land wat nuut toebedeel is vir jou en jou volk, alles wat Ek jou vooraf beloof het, behoue en goed sal aantref.

10. Ten tweede sal jy in die toekomstige krag van jou wil, volgens My woord, altyd ervaar waartoe Hy alles in staat is wat dit nou aan jou openbaar, beloof en waaragtig gee.

11. En as derde teken sal jy altyd My lewende woord en die ewige lewe daaruit behou.

12. In hierdie drie groot tekens sal jy al My eindelose liefde vir jouself, sowel as vir jou volk, eers heeltemal besef en ook hoe bowenal goed Ek, jou heilige Vader, altyd is!

13. Ontvang nou My volle seën, - en gaan dan op die weg!

14. Die twee bodes sal jou begelei in die land wat nie ver van hier geleë is nie, tussen môre en middernag.

15. Maar laat jou wapens hier agter by Adam as teken dat My vaderliefde sterker is as alle mag van die slang!

16. En gaan, deur My geseën, in My Naam op die weg! Amen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205