Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die opdrag van die Heer aan Kisehel en Sethlahem om Horadal se volk na hulle land te lei. Die gevolge van vloek en seën

112 Nadat die hoë Abedam vir Lamel aangesê het om `n rukkie te wag, rig Hy Hom tot Kisehel en Sethlahem en sê aan hulle:

2. “Luister! Net soos wat julle Horadal se volk hierheen gelei het, gaan julle hulle nou lei na die land wat Ek reeds sedert alle tye van die aarde vir dié volk bestem het; want Ek het immers reeds lank, ja sedert ewighede geweet en het altyd geweet wat Ek wil doen en wat Ek sal doen en niemand buite My weet wat Ek sedert ewighede van plan was om te doen nie.

3. Gaan daarom heen en lei dié volk na die plek wat Ek bepaal het!

4. My gees in julle sal die plek baie presies vir julle aandui tot waar julle die volk moet begelei.

5. Wanneer julle hierdie plek bereik het, seën dan die volk in My Naam en seën ook die land en hulle nuwe wonings vir hulle, wat lyk soos die wonings hier op die hoogtes!

6. As julle dit alles gedoen het, keer dan weer vinnig terug, sodat julle die aandmaal nie sal verpas nie: gaan nou! Amen.”

7. Na hierdie opdrag dank beide vir Abedam vir hierdie barmhartigheid en gaan onmiddellik aan die werk.

8. Horadal, oorvloeiend van dankbaarheid, staan al gereed om met sy volk op weg te gaan.

9. Toe die twee van hulle, hulle reeds met enkele treë op natuurlike wyse bereik het, was daar nie meer gerus nie, maar almal het in beweging gekom en die gidse opgewek gevolg.  

10. Met die vertrek van die volk ween Adam en stuur hulle die een seën na die ander agterna, by byna elke tree wat hulle geneem het.

11. Abedam merk dit egter en prys hom en sê: “Adam, as jy in plaas van so menige vloeke wat jy uitgespreek het oor die laagte steeds so sou gehandel het soos wat jy nou handel in die gees van My liefde en erbarming, waarlik, die vlaktes en die diep dale van die aarde sou nie tot `n hel geword het nie!

12. Maar omdat jy aldeur meer regverdiging gevind het in die vervloeking as in die liefde, het dit so ver gekom dat die mense in die laagte gehandel het soos wat jy so pas weer `n nuwe getuienis uit die mond van Lamel gehoor het. Die onweerlegbare bevestiging daarvan bevind haar hier lewendig aan My voete.

13. O Adam, wat kon jy My en die hele skepping nie alles bespaar het nie!

14. Omdat jy egter in die vervloek altyd meer behae geskep het as in die seën, is dit nou die gevolge vir jou en My en sy sal aan die aarde bly kleef tot aan die einde van haar bestaan!

15. Waarlik, Ek sê vir jou, groot en swaar was jou eerste belangrike fout, dat jy My gebod vergeet het en jy jou laat bedwelm het, en goed laat bedrieg het deur jou eie slang, waardeur hemel en aarde uit hulle voeë gelig was. Maar tog kan dit alles eerder en makliker goedgemaak word as die vele vervloekings wat jy, weens Kain se misdaad, oor die armsalige laagte uitgespreek het!

16. Ek sê egter vir jou: Kain se daad was weliswaar baie erg, tog was dit nouliks `n doudruppel ten opsigte van die hele see, vergeleke met dit wat jy al vroeër in die begin teen My onderneem het, toe jy jou as `n meester bo My wou verhef het!

17. Maar kan jy My ooit die verwyt maak dat Ek jou daarom vervloek het?!

18. Wel het My onaantasbare gewydheid, wat jy so ernstig aangetas het, die bodem van die aarde vervloek, sodat sy distels en dorings vir jou sou dra;

19. Maar My groot liefde vir jou het weer spoedig die vloek oor die bodem van die aarde weggeneem, waarop sy, soos jy nou al lank gemerk het, weer opgebloei het en tot `n nuwe tuin geword het!

20. Terwyl Ek die vloek oor die aarde weggeneem het, sien, het jy egter alle vlaktes en dale vervloek en ook al hulle bewoners en jy het dit sover gebring, dat daar nou al, tydens jou lewe, dergelike vrugte ontspruit het op die bodem wat deur jou vervloek is. Hier aan My voete sien jy `n nuwe getuienis daarvan!

21. Ek het vir Farak, `n engel wat deur My geseën is, as leier na die diepte gestuur; kon jy nie, in plaas van om te vloek, dieselfde in My Naam gedoen het nie?!

22. Dan sou die diepte nou heerliker gebloei het as al hierdie hoogtes!

23. O Adam, Adam! Kyk net goed na die meisie wat nou aan My voete lê en wie se hart suiwerder is as die son in die middel van die dag!

24. Wat haar ouers nou oorgekom het, as gevolg van jou vloek, sien, dit sal eendag as gevolg daarvan gedoen word aan die Seun van `n maagd, wie Ek tot lewe sal wek met die gees van die meisie wat hier aan My voete lê!

25. O bedink tog wat jy met jou vloek aangerig het! Maar dit is nou eenmaal so; laat ons daarom vir die toekoms sorg en waar moontlik die gruwels van die verlede vergeet!

26. Adam, roep al jou vloeke terug en gee in ruil daarvoor seën! Gee My seën in ruil daarvoor; want elke slegte werk is immers van meet af aan jou eie werk gewees! Vervloek daarom voortaan nie meer nie, maar seën alles! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205