Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Adam se visioen: Die vrou op die son vertrap die kop van die slang

114 Toe Adam hierdie tweede toespraak van Abedam gehoor het, word sy hart onmiddellik weer vervul met berou. Nou eers sien hy hoe sake met hom en met sy orde staan en hoe anders JaHWeH se orde eintlik was, noudat JaHWeH, as sigbaar in Abedam, Sy ewige orde bekend maak.

2. Noudat hy dit ingesien het, val hy ook dadelik voor Abedam neer en begin smekend die volgende uit die diepste van sy innerlike te spreek:

3. “O JaHWeH, mees heilige Vader, in Abedam hier sigbaar voor my, sien, twee Adams lê hier voor U in die stof van hulle totale nietigheid; die een is `n algemene, maar die ander is `n individuele, op homself staande Adam.

4. O JaHWeH, mees heilige Vader! Neem barmhartig die algemene van my weg en laat ek die tyd wat my nog gegun word vir myself lewe, sodanig dat dit U mag behaag!

5. Want nou eers sien ek duidelik in dat dit volkome onmoontlik vir my is om die algemene Adam weer terug te bring op die weg van U ewige, heilige orde, ofskoon ek hom maar net afgekeer het van die weg van die verderf en van die ondergang.

6. Sien my daarom allerbarmhartig aan in die eenvoudige persoon wie hier voor U lê in die stof van alle nietigheid en verhef hom tot die lig en sodoende tot eenheid met U!

7. Maar wat my voormalige algemeenheid betref, neem hierdie eindelose las barmhartiglik van my af en doen met my algemeenheid soos dit vir U welgevallig mag wees.

8. O JaHWeH, neem haar op U skouers!

9. U heilige wil geskied altyd en ewig! Amen.”

10. Met hierdie woorde van Adam gaan die natuurlike son weliswaar onder, maar Abedam laat Adam in sy hart die opgang van `n ander son sien, en toon aan hom `n stralende vrou, wie op die son staan en die kop van `n slang vertrap wat onder haar voete is en heeltemal om die son gedraai het.

11. Abedam buig Hom vooroor na Adam, raak hom aan en sê vir hom om op te staan; en toe Adam hom eindelik opgerig het, neem Abedam hom weer by die hand en sê:

12. “Adam, wat sien jy nou?” En Adam antwoord:

13. “O JaHWeH, `n nuwe son sien ek in my opgaan, - maar ondanks haar hemelse skoonheid, was sy tog byna van alle kante deur `n kragtige slang vasgedraai!

14. Maar weldra sien ek `n groot stralende vrou op hierdie son kom; hierdie vrou het geen vrees vir die slang nie en trap met geweld op sy kop.

15. Maar toe die slang moeite doen om die sterk vrou te oorweldig en in haar hak te byt, sien, toe werp die vrou `n appel na die kop van die slang; die slang hap na die appel en byt hom daarin vas.”

16. Hier swyg Adam en slaan hom drie maal hard op sy eie bors en sê daarna nog:

17. “O JaHWeH, dit was my groot skuld voor U!”

18. Maar Abedam antwoord hom: “Adam, waaroor jy so pas gevra het, het Ek reeds gedoen, en wel soos jy dit in jouself gesien het!

19. Sien, nou is die algemene Adam heeltemal van jou afgeneem en is jy gelyk aan elke kind uit jou!

20. Sorg daarom nou vir die oorblywende tyd van jou lewe, en leef `n klein lewe in My orde en vaderliefde!

21. Maar wat die algemene Adam betref, sien, dit het Ek, as die son van alle hemele en wêreldsonne en wêrelde op My geneem, soos jy gesien het toe die slang hom om My son gedraai het!

22. Die meisie hier uit die laagte is die vrou wat jy op die son sien staan het en die kop van die slang sien vertrap het!

23. Nie haar liggaam nie, maar haar siel en haar gees moet jy beskou! 

24. Die meisie het meer in die laagte gely, as wat `n mens ooit gely het; maar eendag sal sy `n vergoeding kry wat so groots is, dat die hele oneindigheid met die grootste eerbied daarvoor sal terugdeins!

25. Begryp dit goed, Adam, jy, die enkelvoudige nou; want dit sal gebeur, waarlik, waarlik, waarlik! Begryp dit! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205