Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die vraag van Pura, die meisie uit die laagte, na die persoon van Abedam

116 Maar toe Adam en alle aanwesiges gehoor het wat die hoë Abedam oor die meisie gespreek het, loof en prys hulle Hom bo alles.

2. Lamel tel haar dadelik op sy arm en gaan voor Abedam staan, soos Abedam gevra het.

3. Die meisie het alle woorde van Abedam goed begryp, en ook uit die woorde van Adam en die luide lofuitings uit die mond van alle aanwesiges het sy stilletjies afgelei dat daar iets heel besonders agter Abedam moes skuil. Haar aangebore nuuskierigheid laat haar nou nie meer met rus nie.

4. Om presies te wete te kom wat se besondere man Hy eintlik was, bring sy haar mond ietwat bevrees na Lamel se oor toe en sê met `n lig bewende stem aan hom:

5. “Liewe, groot en baie sterk vriend! Kan jy my miskien vertel wie hierdie man eintlik is, wat soos ek verstaan, “Abedam” genoem word?

6. Want sien, ek vra dit vir jou, omdat dit vir my baie vreemd voorkom dat hy nie anders daaruit sien as elkeen van julle nie; maar Sy woorde skyn, ja is werklik hemelsbreed verskillend van alle nog so verhewe klinkende woorde wat uit `n ander mond kom; dit lyk asof hulle die hele hemel en die hele aarde deurdring!

7. Maar wat my die allermeeste vreemd voorkom is dat al my angs en droefheid my heeltemal verlaat, so gou as wat ek Hom in die oog kry. Dit sou vir my nou volkome onmoontlik wees om te treur en te ween oor my so erbarmlik tereggestelde ouers!

8. Daarom, liewe, groot en baie sterk vriend, vra ek jou om my iets van naderby te vertel oor hierdie buitengewoon merkwaardige Man, in wie se blik reeds `n veel groter mag skuil as in die arms van die kragtigste mense!”

9. Maar Lamel wis nie wat hy nou moes doen nie en sit daarom `n gesig asof hy baie diep hieroor moes nadink.

10. Maar omdat hy dit ietwat te lank laat duur vir die geduld van die meisie, vra sy daarom ietwat bevreemd:

11. “Luister, liewe, groot en baie sterk vriend, wie my nou op jou sterk arm dra, volgens die wil van die Een na wie ek jou gevra het, waarom maak jy asof jy my wel `n antwoord wil gee, maar bly jy desondanks so stom asof jou tong in jou mond versteen is?

12. Of het ek miskien `n fout gemaak deur iets vir jou te vra wat nie betaamlik sou wees vir `n skepsel uit die laagte nie?!

13. O ek vra jou, sê my nou tog iets!”

14. Hierop sê Abedam aan Lamel: “Lamel, het jy `n gebod van My om te swyg?

15. Ek weet nie dat Ek of iemand dit vir jou in My Naam gegee het nie; daarom kan jy wel spreek wat regmatig is!

16. Maar Ek sien al dat jy nie uit jouself die moed daartoe het nie; gee die kindjie daarom hier, sodat sy onderweg op My arm te wete kan kom waarna sy verlang, - loop jy nou agter My! Amen.”

17. Nou neem die hoë Abedam die meisie op Sy arm, wat buitengewoon bly word daaroor en haar weldra met dieselfde vraag tot Homself wend en nog lewendig daaraan toevoeg:

18. “O jy, liewe, gewyd skynende Man, jy sal tog seker nie so verleë wees as die man agter ons, wie hom nie verwerdig het om vir my, `n arme meisie, antwoord te gee, sodat hy stom gebly het oor dit wat ek hom gevra het, - en sal Jy my `n antwoord gee op my vraag?!”

19. Hier druk Abedam die meisie aan Sy heilige bors en sê aan haar: “My liewe Pura, jy sal alles te wete kom wat jy maar wil!”

20. Nou verbaas die meisie haar aangenaam, omdat die man, wat nog vir haar onbekend was, haar met haar eie naam aangespreek het.

21. Maar Abedam spreek verder met haar oor Homself: “Jy lyk verbaas dat jou naam aan My bekend is; maar as jy My beter sal leer ken, sal jy jou volstrek nie meer daaroor verwonder nie, maar dan sal jy jou oor heel ander dinge verbaas! 

22. Maar as jy nou bereid is, luister dan: Sien, jy het dit self gesê, My woorde is veel verhewender as die uit die mond van elke ander, en skyn die hemel en die hele aarde te deurdring, en in My blik skuil vir jou meer krag as in alle, nog so sterk mensearms! Ook het alle angs en droefheid jou verlaat toe jy My in die oog gekry het!

23. Nou sien, My liewe Pura, as jy dit alles reeds in My ontdek het, wat ontbreek daar dan nog om My inniger te ken?!

24. Ek sou dit wel oombliklik vir jou kan sê en jou deur woord en daad toon wie Ek eintlik is, - maar jy sou dit nie kan verdra nie; dit sou jou doodmaak en geheel en al ten gronde rig!

25. Daarom gee Ek jou nou, in plaas van die volledige antwoord, raad en sê vir jou: Wees lief vir My bo alles in jou hart, dan sal jy daarin spoedig volkome ervaar wie Ek eintlik is!

26. Vra egter nie of jy so iets mag nie; want Ek sê dit immers vir jou! Het My daarom alleen maar openlik bo alles lief! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205