Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Pura, sittende op Abedam se arm, soek die Allerhoogste

117 Toe Pura dit van Abedam verneem het, word sy met `n byna kinderlike uitgelatenheid bly en vrolik, slaan haar sagte hande om die hals van haar verhewe Draer en lê haar hoof dronk van liefde teen sy heilige hoof.

2. In hierdie liefdevolle houding bly sy so lank totdat almal saam die hoogtes bereik het; toe hulle by die kinders aangekom het, wie hier vol verlange gewag het, ontwaak ons Pura eers uit haar liefdesroes, gewek deur die kinders, wie almal luidrugtig hulle vreugde uiter.

3. Toe sy (Pura) nou hier in die skemering die baie mense gewaarword, by die aanskoue van die hoë Abedam, Sy Naam diepgaande loof en prys, voor Hom ter aarde val, vra sy saggies aan Abedam:

4. “Onbeskryflik liewe Man, aan wie my hele lewe nou hang, kan Jy my nie sê wat hierdie allerhoogste eerbied beteken wat hierdie mense nou betoon nie? Dit lyk my baie goeie mense te wees en tot wie is hierdie eerbied eintlik gerig? Is dit slegs vir Jou bedoel of is hier miskien nog iemand wat hoër is as Jy? O sê dit vir my!”

5. En Abedam sê aan haar: “Kyk net bietjie om jou heen; die Een wat nou regop staan is die Allerhoogste, nie alleen onder die mense nie, maar ook in alle hemele!

6. Kyk dus maar goed om jou heen, dan sal jy die enigste regopstaande heel spoedig en maklik vind!”

7. Hier begin die arme, maar nou meer as ryk Pura met haar groot, donker oë om haar heen te kyk en soek oral deur die hele menigte; maar aangesien selfs Adam, Set, Lamel, Henog en die tien draers van Set, hulle vol eerbied en dankbaarheid vooroor op die aarde uitgestrek het, sedert sy die hoogtes bereik het, was al haar moeite tevergeefs, want sy vind niemand wat regop staan nie.

8. Dit maak haar `n bietjie bang en na `n rukkie vra sy verwonderd aan haar Draer:

9. “Luister, my bo alles liewe en ook baie sterk man, ek soek tevergeefs! Daar staan immers nêrens ook maar `n mensesiel regop nie! Hoe moet ek dit wat Jy so pas aan my gesê het, dan opvat?”

10. En die hoë Abedam druk haar teen Sy heilige hoof, sit haar toe saggies op die grond neer en sê wederom aan haar: “My buitengewoon dierbare Pura, kyk nou tog `n bietjie om jou heen, dan sal jy sekerlik heel spoedig êrens `n regopstaande man ontdek!”

11. En weer begin Pura die groot menigte te ondersoek; maar ook dié keer kon sy niemand ontdek wat regop staan nie.

12. Maar omdat die hoë Abedam haar groot verleentheid sien, buig Hy Hom weer na haar toe, neem haar, Pura, op Sy meer as heilige arm, druk haar teen Hy hoof en sê toe aan haar:

13. “Sien, My allerliefste Pura, wie met sy oë in die verte ronddwaal en nie kyk na dit wat die mees nabye is nie, sal moeilik ooit iets vind en wel die allerminste wat hy graag sou wil vind en ook sou moet vind.

14. Dat jy tot nou toe nog niks gevind het van dit wat jy tog so vreeslik graag wil vind, gebeur slegs deurdat jy jou naaste omgewing buite beskouing gelaat het, en wel die allergrootste nabyheid, Wie jou nou dra.

15. Pura, kyk net vir My en sê My dan of Ek lê of regop staan!

16. As jy dit ontdek het, dan sal jy ook weldra uitvind wie die Allerhoogste is en tot wie hierdie verheerliking gerig is!”

17. Hier slaan die gulhartige Pura nou haar sneeuwit, volle, teer arms bo haar hoof teen mekaar en roep luid uit: “Terwille van die enigste ware God, wat het ek, blinde, gedoen?

18. O Jy, wie beslis die koning van dié volk is, buitengewoon magtig in woord en elke daad, kan Jy my, arme, blinde dwaas hierdie onbegryplik allergrootste vergissing wel vergewe?!

19. Nee, nee, - ek sou nou self wel my afskuwelike oë kan uitkrap, omdat ek Jou, die enigste regopstaande, nie bemerk het nie!”

20. Maar Abedam troos haar en sê: “Wees maar kalm, My geliefde Pura, want nou het jy My al immers halfpad gevind; jou hart vermoed egter ook reeds die ander helfte en so sal dit nie meer lank duur tot jy My heeltemal sal leer ken nie!

21. Maar omdat die volk al weer van die grond af opstaan, sal ons nou daaroor swyg tot die regte tydstip waarop jy alles sal leer ken. Sou jy dit egter in die vlakte opgemerk het wat Ek vir die volkere uit die laagte gedoen het, dan sou jy al geweet het wie Ek eintlik is; maar omdat jy so swak was, was dit nog geen tyd daarvoor nie, daarom het jy nagenoeg doof aan My voete gelê.

22. Nou het jy egter ryk geword; daarom sal jy My ook gou van naderby leer ken!

23. Kyk, hier kom Set al na My toe; laat ons daarom swyg en hoor wat hy wil! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205