Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Set se vraag om vir die spysiging van almal te kan sorg. Die leë voorraadkamers. Die seën van die dank

118 Toe Set by Abedam aankom, val hy voor Hom neer en vra Hom: “O Abba EmmanuEl JaHWeH, mag die mens Set, U vra dat U hom, net soos gister, toestaan om die hoogtes wederom van spys en drank te voorsien?!

2. Ek weet weliswaar dat dit van my kant `n suiwer dwase vraag is, want wie sou daar in U teenwoordigheid kan honger hê?!

3. Maar omdat U gister ongeveer teen hierdie tyd allerbarmhartig Self om spys en drank gevra het, het ek myself afgevra of dit voortaan `n reël moet bly, of sal ons by die oue bly of alleen by die reël van die maag?

4. O Abedam JaHWeH, wees nie kwaad vir my oor hierdie, dalk totaal dwase vraag nie! U altyd heilige wil geskied, nou sowel as ewig! Amen.”

5. Toe Set sy vraag beëindig het, buig Abedam Hom vinnig na die grond en hef Set op, neem hom by die hand en sê toe aan hom:

6. “Luister, liewe broer Set, jou vraag, wat aan jou edel voorneme ontspruit, wat My altyd welgevallig is, was volkome korrek en tereg, en dit is altyd beter om op `n ordelike tyd spys en drank tot julle te neem, as onordelik volgens die verlange van die maag.

7. Maar luister nou en sien: Omdat jy vandag jou bediendes die liefdevolle opdrag gegee het, dat hulle alle hongeriges moes uitnooi na jou voorraadkamers, het hulle dit ook volkome getrou gedoen.

8. Maar omdat daar na die uitnodiging, onmiddellik baie, baie hongeriges en dorstiges daar opgedaag het, het dit dan ook gebeur dat jou hele voorraad binne enkele oomblikke verteer was.

9. En nou is die vraag dus: Waar wil jy, My liewe broer Set, spys en drank vandaan haal noudat jou voorraadkamers volkome leeg is en selfs die vrugte in jou tuin nie gespaar was nie?!”

10. Aanvanklik laat dié berig Set ietwat versteend staan; maar nie uit nyd ten opsigte van diegene wie sy provisiekamers leeggemaak het of uit enige ergernis dat die uitgenooide gaste by hierdie geleentheid so weinig daarop gelet het wie Set was, en hoe elkeen wat binnegelaat was, hulle in sy woning moes gedra het nie, maar hy staan slegs ietwat versteend, omdat hy nie oombliklik geweet het waar hy nou spys en drank vandaan moes kry nie.

11. Dit duur egter nie lank nie en Set oordink by homself, word baie vrolik en sê daarop: “O JaHWeH, bo alles heilige en liefdevolle Vader, wie se liefde is so groot as U s`n?!

12. Sien, my kamers was vol van dit wat U my gegee het vir my en vir elke broer! U, en nie my liefde nie, het die gevulde kamers vir die behoeftiges geopen; hulle het dit geledig volgens U altyd heilige wil.

13. Soos U egter die son steeds vul met nuwe onverganklike lig en die hele aarde alom vul met die steeds opnuut verwekkende krag van U barmhartige liefde, en U dit selfs nie `n druppel minder laat word nie, dit alles is vir U eindeloos veel makliker as wat dit vir my is om `n muggie op te tel, en daarom is ek ook uitermate vas daarvan oortuig, dat U, o liewe Vader, my geledigde kamers al lank weer ryklik gevul het met alles waaraan ons, volgens die liefde, billikerwyse behoefte aan het!

14. Gaan daarom, my draers, met julle tien, nou vinnig na my kamers benede, vul die mandjies en bring dit dadelik weer hierheen; en wie daar maar kom en wat te eet en te drink verlang, hom sal onmiddellik aangereik word waarna hy honger en dors het!

15. Maar daarby sal elkeen herinner word aan Hom, wie hier is en die enigste Gewer is van alle goeie gawes. Dit geskied!”

16. Hier omarm Abedam vir Set en sê aan hom: “Set, nou eers het jy alles volkome gedoen! Sien, voorheen het jy weliswaar ook die voorraadkamers vir die volk geopen, maar toe het jy vergeet om hulle te herinner om dankbaar te wees ten opsigte van die enigste Gewer; daarom kon die kamers ook leegraak. Nou het jy die volk ook die Gewer in herinnering gebring; daarom geskied dit volgens elkeen van jou woorde!

17. Voortaan sal jy jou kamers nooit meer leeg aantref nie. Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205