Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die volle voorraadkamers as vrug van Set se vertroue. Die gesprek tussen die huisbewaarder en die spysdraers oor die Heer. Die Heer maak Hom bekend.

119 Daarop neem die tiental hulle mandjies en gaan vinnig na benede na die huis van Set om daar die mandjies te vul met die heerlikste vrugte, waarvan die voorraadkamers byna oorloop.

2. Dit verwonder die draers en hulle loof JaHWeH.

3. Toe die huisbewaarders by hulle kom, vra die draers of daar reeds baie was wat gebruik gemaak het van die opdrag van Set, wie hier die huisvader was.

4. En die huisbewaarders antwoord hulle: “Waarlik, julle kan dit glo, vandag het daar reeds ontelbaar baie hulle versadig met Set se voorrade; maar tog word dit nie leeg nie! Wel was die hele voorraad voorheen deur `n groot mensemenigte opgeëet, soos dit al tweemaal voorheen gebeur het, waarna die hongeriges hulle toe op die vrugtetuine self gestort het, - maar dit het nie lank geduur nadat die bakke leeg was nie; of op wonderbaarlike wyse was alle bakke in die voorraadkamers weldra weer gevul soos julle hulle nou sien!

5. Kan julle ons nie opheldering gee hoe Hy te werk gaan nie?”

6. Maar een van die tien draers, wat die hoë Abedam gadegeslaan het in al Sy doen en late, vertel daarop in kort aan die wagters:

7. “Broers, glo dit vas, julle het die onbekende Man gesien wie reeds eergister uit die middernag aangekom het met Adam en die ander wie by hom was en wat die kinders wat uit al vier rigtings uitgenooi het. Gister was Hy die hele Sabbat te midde van hulle en het die grootste wonderdade verrig. Vandag is Hy nog in hulle midde en doen dit nog steeds!

8. Sien, dan is dit nie moeilik om te raai hoe die voorraadkamers steeds weer aangevul word nie!”

9. “Weet julle wie hierdie onbekende Man eintlik is?” vra die wagters aan die draer wat gespreek het.

10. En hy antwoord hulle kortliks: “Dat Hy nie op aarde gebore is nie, dit is meer as seker en dit sien ons ook aan die feit dat die andersins so moeilik toeganklike vaders so buitengewoon diep voor hom buig!

11. Maar waarvandaan, wie en wat Hy nou eintlik is, dit weet ons nie; want julle weet immers maar al te goed: As daar onder die verhewe vaders sprake is van geheime dinge, dan moet ons, ons nuuskierige ore mooitjies op `n afstand hou.

12. En daarom is dit vir nou en altyd `n bietjie moeilik om oor dergelike verskynsels duidelikheid te verkry.

13. Ek sou die onbekende wel oneindig graag van naderby wil leer ken, - maar julle weet immers hoe dit gaan!

14. Laat ons daarom maar bly soos ons is, so aardig dom in JaHWeH se Naam; dit sal wel nie vir ewig duur nie!

15. En laat ons nou soos altyd ons opdrag vervul!

16. Maar ons grootvader Set het ons opgedra om aan julle te sê dat elkeen wie hier versadig word, homself altyd daaraan moet herinner om God dankbaar te wees volgens Sy wil. Amen.”

17. Hierna verlaat die draers die hutte en verlaat vinnig die voorraadruimte.

18. Toe hulle nog maar nouliks die deur bereik het, kom Abedam hulle reeds tegemoet, nog met die meisie op Sy arm, en Hy vra die enigsins verskrikte draers: “Waar bly julle die keer so lank met die vrugte?”

19. Maar die draers wis geen antwoord op hierdie vraag nie.

20. En Abedam vra hulle nogmaals: “Het julle dan nie genoeg vrugte aangetref nie?”

21. En weer wis hulle geen antwoord nie.

22. Maar toe Abedam hulle vir die derde maal vra: “Sê My tog waarom julle julleself hierdie keer nie by die tyd gehou het nie!”

23. Eers toe besin diegene hom, wie reeds vroeër met die wagters die woord gevoer het en sê:

24. “Luister, liewe, goeie, onbekende Man! Ons het geen ongeregtigheid begaan nie, behalwe dat ons `n weinig van die vasgestelde tyd afgewyk het, omdat die huisbewaarders ons gevra het wie steeds weer Set se leë voorraadkamers vol gemaak het.

25. En ons hou Jou verantwoordelik, omdat daar aan ons getuig was van so menige groot wonderdaad van Jou wil, waarin Jy byna ewe magtig as God skyn te wees.

26. Sien, dit is dan ook al waarom ons ietwat langer weggebly het; dit kan Jy en ons hoë vader ons tog wel vergewe?!”

27. Daarop antwoord Abedam hom: “Luister, nie alleen sal Ek julle vergewe nie, maar Ek sal julle nou vir die hele ewigheid tot draers van hoër en meer lewende vrugte maak as hierdie hier!

28. Sodat julle weet dat Ek die mag en die reg het om dit te doen, weet dan, dat Ek JaHWeH, God die Allerhoogste, Self is, soos julle My nou sien; wees daarom rustig en volg My! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205