Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die skikking van die mandjies en die maaltyd. Die Woorde van die Heer oor die belemmerings en die beperkings as voorwaarde vir die lewe

121 Toe hulle so die hoogte nader, seën die Hoë Abedam die gevulde mandjies daar. Sewe mandjies laat Hy dadelik onder die hele volk verdeel; drie behou Hy daar vir die hoogte en wel die eerste vir Homself en Sy naaste reeds bekende vriende, soos nou ook vir Pura en Hy trek ook viir Set na Sy mandjie toe, - die tweede gee Hy aan Adam en sy kinders en gelas ook die tien reeds bekende bodes om daaraan deel te hê en die derde oorhandig Hy aan al die reeds bekende kinders van die môre.

2. Nadat alles so ordelik verdeel is, dank almal die Hoë Gewer vir so `n heerlike gawe, vly hulle by die mandjie neer en eet en drink; en toe almal heeltemal versadig was en almal ook die Heer in hulle hart gedank het, sê die Hoë Abedam aan alle aanwesiges:

3. "Kinders, wie van julle moeg is, kan gaan rus; maar wie met My wakker kan bly en dit ook wil, kan by My bly! As iemand nog iets wil weet, hetsy `n man of `n vrou, laat hom dan vra en hy sal beantwoord word!"

4. Na hierdie woorde dring almal saam om Abedam en daar was slegs één stem te hore en dit sê:

5. "O Vader, wie sou nou kan slaap solank U wakker is en uit U heilige Mond Woorde van die Ewige lewe stroom?! Staan ons almal dus toe om wakker te bly en lei ons nie in die versoeking van die slaap nie! U heilige Wil geskied! Amen."

6. En Abedam antwoord daarop: "Waak dan in My Naam! Amen."

7. Pura, wat nog naby Abedam sit en rus, vra Hom met lieflike eerbied: "O JaHWeH, mag ek U ook vir iets vra en versoek, dat U My en dus ook almal allerbarmhartig sal beantwoord oor dit wat ek U wil vra?

8. En Abedam sê daarop aan haar: "Sien, My uitverkore Pura, daar bestaan al een ou reël, wat selfs in die laagte tot vandag toe gangbaar is, wat lui: 'Die koning en die vreemdeling het voorrang!'

9. Jy is nou ook nog `n vreemdeling hier; daarom kom dit jou toe om as eerste `n vraag te stel waaroor jy graag `n ophelderende antwoord wil hê. Trek dus maar op los en Ek sal jou alles in kort onthul waaroor jy graag opheldering wil hê! Amen."

10. En onmiddellik stel Pura die volgende vraag: "JaHWeH, Almagtige Skepper van alle sigbare en onsigbare dinge, U weet hoe erg dit daar in die laagte teen U Mees heilige Wil gaan!

11. U is nou ook nog netso almagtig as eertyds toe U hemel en aarde laat ontstaan het; sou dit dan nie vir U moontlik wees om die laagte onmiddellik te verbeter en volkome volgens U wense te omvorm nie?! Want in die laagte weet mense so goed as niks van U nie en mense wil andersyds ook niks meer van U weet nie, soos wat dit sekerlik baie goed bekend sal wees vir U! - O JaHWeH, kan dit nie moontlik wees nie?"

12. En Abedam sê daarop aan Pura: "Luister, My uitverkore Pura, die vraag het jy nie uitgedink nie, maar dit is eie aan die totale op sigself bewustelike oneindigheid!

13. Maar Ek sê ook vir jou, slegs aan jou en die aanwesige kinders, vriende en broer wil Ek iets van naderby daaroor meedeel, maar verder nie aan die totale oneindigheid nie, selfs as sy My telkens weer vir ewig daarna sou vra!

14. Luister maar en luister julle almal: Hindernisse is die grondslag van al die bestaan en voortbestaan! As `n ding bestaan, dan bestaan dit slegs deur sy kenmerkende beperktheid, wat vir die ding self `n duidelike belemmering is.

15. Kyk na die son! As sy nie deur My wil begrens sou gewees het nie en hierdie begrensing nie `n blywende, ewige belemmering vir haar sou wees nie, waarlik, dan sou daar nie één son aan die hemel wees en in die groot heelal dus ook geen aarde wees nie!

16. Kyk hoe beperk `n klip van alle kante is en hoe baie belemmerings hy in homself het; ja, hoe meer beperkinge en belemmerings hy het, des te bestendiger, hegter, gedienstiger en edeler is hy ook!

17. So groei al die gras, en groei ook alle gewasse en bome volgens die wette van die beperking en ten gevolge van die veelvoudige, innerlike belemmerings, wat `n voortdurende onderlinge stryd is van al sy dele.

18. So is die belemmerings en die beperkings die oorspronklike wese van die dinge self, waarsonder dit dadelik sou ophou om te bestaan, en die gehele oneindige skepping bestaan derhalwe uit suiwer belemmerings en beperkings.

19. Slegs Ek is en moet dit wees! - volkome vry en onbeperk, sodat alles deur My sy korrekte belemmering en beperking verkry vir sy bestaan.

20. En net soos dit met die dinge is, so moet dit ook wees met alles wat van die gees is.

21. Sou die lewende gees niks vind waaraan hy homself kan stamp nie, dan sou Hy ook geen bewussyn hê nie en met gevolg ook geen lewe nie.

22. Maar omdat Ek toelaat dat daar vir die gees self oral en altyd baie teenstellinge is, goed en sleg, - die slegte vir die goeie en die goeie vir die slegte, - stamp die geeste self wedersyds aan mekaar en wek mekaar wedersyds op tot lewe.

23. Die goeie word daardeur steeds lewendiger en die slegte word ten slotte ook deur die goeie gewek en gaan dan in `n ander rigting en gaan oor in die ware lewe. Sy word dan steeds vryer van `n belemmering, waardeur sy oorgaan in die ander van die ware lewe.

24. Sien, My uitverkore Pura, so begin my orde en het nooit `n einde nie; maak jou dus geen sorg meer oor die laagte nie, maar glo My, Ek het dit al sedert ewighede voorsien en alles wat daar is en geskied, gebeur volgens My Ewige raadsbesluit!

25. Die laagte sal omvorm word na gelang die hoogte homself sal omvorm; ten slotte sal dit tog gebeur, dat daar één herder en één kudde sal wees!

26. Hierdie hele orde is in die liefde; wees daarom rustig, want Ek weet die beste wat daar is en waarom dit so gebeur!

27. Maar die reine sal dit alles in reinheid sien! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205