Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die wonder van die menswording van die oneindige God. Maria as Pura, wat die gees betref

123. Na hierdie woorde wend die hoë Abedam Homself tot Set en sê aan hom: "Broer van liefde, jy weet hoe lief en dierbaar jy vir My is; daarom moet jy ook nie aarsel om jou tot My te wend met die vraag wat jy in jou hart dra nie!

2. Want wanneer Ek die kinders van die wêreld opneem as My kinders en vir hulle doen wat hulle van My vra, hoeveel te meer sal Ek dit dan wel vir jou doen, omdat jy `n ware broer van My liefde is; gee daarom maar te kenne wat jou hart nie met rus laat nie!"

3. Na hierdie barmhartige aansporing kom Set nader en sê: "O meer as goeie, bo alles heilige Vader, ek dank U uit al my krag, omdat U my hart nou lug verskaf het; want waarlik, ek was in groot verwarring en wis nie hoe ek `n uitweg moes vind nie!

4. Maar nou is alles duidelik en as `n allerheerlikste uitweg straal U vir My!

5. En so open ek dan ook verheug my hart en gee dit op hierdie oomblik deur my mond weer, wat ek sedert U eerste bespreking met die wonderlike Pura as `n drukkende las in my gedra het!

6. Dit is nou die donker las van my hart: U het aan die kind `n belofte gedoen, waarby ek my, hoe ek dit ook wend of keer, niks anders kan voorstel nie as die volgende:

7. Dat U Uself nooit in `n sekere sin sal onttrek van U oneindige gewydheid nie en Uself deur die Almag van U liefde, as `n kind in die liggaam van die meisie wil verwek, dus as `n mens beklee met vlees en bloed!

8. Dit bring my in verwarring, omdat ek enersyds geen ander betekenis in U mees heilige Woorde kan ontdek nie, - andersyds huiwer ek weer oor die gedagte, omdat ek my geen groter onmoontlikheid kan voorstel, as juis hierdie gedagte nie!

9. Want dit is natuurlik gedink tog immers klinkklare dwaasheid om te dink dat dit moontlik sal wees om `n seder in `n strooihalm te steek, of `n berg in die eier van `n grasmuggie te steek, of selfs die hele see in `n hol haselneut te stop en so gaan dit maar aan!

10. Volgens U Woorde sal die meisie U, die oneindige God, eens in haarself opneem, sodat U Uself dan in haar met vlees en bloed sal beklee!

11. Met U oneindige Gees dra en lei U tog die hele oneindigheid. Hoe kan die liggaam van so `n kind dan plek bied aan U en U Gees?!

12. Nee, nee, - waarlik, dit is slegs gebeusel; ek kan eerder verstaan dat iemand vir my sê: 'Een atoom kan die hele aarde bevat!', as dat die liggaam van `n soortgelyke meisie U sou omvat in die volheid van U oneindige Gees!

13. Ek versoek U vuriglik, om vir my en die ander te vertel hoe ons dit moet verstaan; U heilige Wil geskied altyd en ewig! Amen."

14. Daarop neem die Hoë Abedam Set se hand en gee hom die antwoord:

15. "Set, hoe ontsettend kleingeestig dink jy tog oor My! Sien, as dit so sou wees soos jy dink, hoe sou dit dan vir My oneindige gees ooit moontlik gewees het, om iets eindigs te skep en tog die hele oneindigheid in die eindige te verberg?!

16. Herinner jou die visioene van die twaalf bodes en bedink wat hulle elkeen in homself gevind en gesien het!

17. Bedink, hoe daar in `n klein saadjie van `n seder, nie alleen die boom verborge lê, wat jy in volle wasdom voor jou sien nie, maar `n oneindige aantal sulke bome, - in één haselneut is soveel haselneute, dat as hulle nie weer sou vergaan nie, hulle in tweeduisend jaar reeds meer ruimte sou inneem as die hele aarde self!

18. Sien, as so iets vir My moontlik is en nog onnoemlik veel meer, wat jou, as jy dit sou weet, nog veel onbegrypliker sou voorkom as dit, dan sal dit wat nou so volkome onmoontlik vir jou voorkom, vir My ook moontlik wees!

19. Maar sowel jy as al die ander moet weet, dat onder hierdie belofte nie verstaan moet word dat hierdie meisie ooit weer vanuit die hemele op aarde sal kom om My daar in vlees en bloed te ontvang nie, daarvoor sal daar sekerlik wel `n ander maagd aanwesig wees; maar sy sal dan dieselfde gees van liefde en geloof hê, net soos wat die meisie dit nou het!

20. En so sal dit vir die meisie nie nodig wees om weer na die wêreld te kom nie, maar `n ander maagd sal daarom met `n geheel gelyke gees tot lewe gebring word.

21. So moet jy en al die ander dit begryp!

22. Want sien, by My is baie dinge moontlik wat julle mense julle nie eens kan voorstel nie!

23. Glo daarom vas aan My Woorde; want net soos Ek dit aan jou sê, so sal dit ook onvermydelik gebeur! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205