Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die lied oor die lewe van Kenan, die sanger.

129. Hierdie kort vertroosting was heeltemal toereikend, nie net vir die ander Abedam nie, maar ook om alle ander opgewonde gemoedere weer tot rus en orde te bring.

2. Nadat alles dus weer in orde was, roep die Hoë Abedam vir Kenan na Hom toe en sê aan hom:

3. "Kenan, opregte sanger van My dag, Ek sien reeds vir `n lang tyd `n goeie lied in jou siel, en ook hoe jy skaars kan wag om dit te laat hoor om My te prys; sien, nou is dit die tyd daarvoor, laat dit dus hoor! Amen."

4. Die versoek het vir Kenan meer beteken, as wanneer hy deur My tot die posisie van eerste ligengel van alle hemele verhef sou geword het en so gee hy dan ook onmiddellik die volgende, reeds lank in hom aanwesige, loflied ten gehore, wat as volg lui:

5. "Heilige Vader, Ewige Liefde, eindelose God,

U, `n Heer van alle sterkte, mag en krag,

watter eindelose volheid van lewe in die suiwerste Liefde, is U!

6. O heilige lewe, suiwerste saligheid van wesens,

van mense en engele, U is te verhewe, te heerlik, te salig,

om deur `n menslike tong geprys te word

en te waardig om met ons skelklinkende woorde geloof te kan word!

7. Neem daarom ook my loflied aan,

soos wat U hom aanneem wat dit vir U hier,

nietig van aansien van U, tot lof en prys aanbied!

8. Die lewe, die lewe, hoe soet is die lewe,

hoe wonderlik heerlik vir hom, wat dit waardig en dankbaar geniet,

net soos U eindelose liefde, o heilige Vader,

dit hom getrou gegee het!

9. Watter eindelose vryheid en van elke dwang en druk,

bevryde volheid in elke gedagte

 en elke gewaarwording en wending van die gees!

10. Waar is die oord, ja waar êrens `n punt in die oneindige ruimte,

wat onbekend sal bly vir my gees,

wat nie waar te neem sou wees nie en nie te begryp

en te verstaan in al sy dele nie?!

11. Waar skitter die son,

waar skyn vanuit eindelose vertes

`n swak straal van haar verligte bestaan,

wat my gees eers na lang ruimtes van tyd kan bereik?!

12. O mense, o broer, en vaders en kinders!

Probeer dit net, kyk, daar agter heel diep aan die einde van die uitspansel,

daar skitter heel sag `n allerkleinste sterretjie!

13. Probeer om dit met julle gees te bereik

en ondersoek dan die tyd vir julle geestelike inspanning,

ek sê vir julle: Skielik sal julle dit bereik en innerlik

die heerlikste wonders van die lieflike lig aanskou!

14. Slegs `n puntjie vir die vleeslike oog, en hoe groot is dit vir die gees,

die lewe vanuit God! Een magtige son,

vervul van die wonders van die lewe van liefde van die heilige Vader!

15. O sien, hoe vry en hoe lig het die Ewige gees van ons hart,

die wonderbaarlike lewe in ons,

al die eindelose ruimtes oorwin; daar staan Hy,

`n magtige held in die ontsettende diepte en kyk met heilige skroom

en sien die skitterende puntjie uitgroei tot `n onnoemlike verhewe son

vol wonders van die lewe van Liefde van die heilige Vader!

16. O wat is die lewe?!

U goddelike lewe, U sien en oordink en voel die wonders,

van die goddelike mildheid en is hier in alle eindelose volheid van wonders self

die allergrootste wonder en sien en voel en bemin die Vader,

die Ewige oneindig Almagtige Skepper voor jou en in jou!

17. O heerlike lewe, watter heilige geskenk is jy vir die wat nie bestaan nie

en nou is en self in die saligste vreugde verheug oor die bestaan,

ja oor die Ewige Bestaan in die aangesig van Hom,

wat dit vir ewig onnoemlik liefhebbend uit Homself in die lewe geroep het!

18. O vaders en broer en kinders, hier is Hy, die Vader,

die heilige Gewer van die lewe; hier val ons neer voor Hom,

voor die Skepper, die heilige Vader, en ons dank en prys Hom in die suiwerste liefde van ons harte,

omdat Hy ons die heerlike, heilige lewe van die liefde uit Hom so liefdevol gegee het!

19. Spreek die amein uit met my, al julle vaders en broers en kinders!

20. En U, o my heilige Vader,

neem die armsalige liedjie vol barmhartigheid aan, asof dit iets vir U beteken,

en laat my die heerlike lewe van die liefde uit U altyd loof en prys!

21. O heilige Vader, U kom toe ewig alle eer en lof! Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205