Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Aansien en leiersamp

13 En nadat daar ook aan hierdie drie te kenne gegee was om hulle terug te trek, wend Abedam, die Hoë hom tot Abedam, die bekende en vra hom:

2. "Abedam, vertel my net, wat moet Ek nou met jou doen? Sien, die kinders in die aandland het nog geen leier nie; hoe sou dit wees as Ek jou vir hulle sou gee?"

3. En die ander Abedam antwoord: "O goeie Vader! Ten eerste kan ek U op U vraag, wat soveel lewe in hom dra, geen ander antwoord gee nie as: Dit geskied volgens U Heilige Wil! Want U weet immers sonder meer dat ek te alle tye bereid is om vir U deur die vuur te gaan en om my uit eindelose liefde tot U, alles te laat omvorm wat U Heilige Wil ook maar van my sou wil maak!

4. Die leiersamp is egter altyd so onverbreeklik met `n sekere mate van aansien verbind (vergewe my dat ek soos altyd reguit spreek), dat ek vas daarvan oortuig is, dat U Uself ook nie heeltemal van die amp kan skei nie, solank die leier dit sal wees en bly waartoe U hom allerbarmhartig verkies het. Ek wil U daarom vra, terwille van my ou deemoed, wat my eintlik na U toe gebring het, om my en my groot domheid van die heilige amp te verskoon. Sien, daar is kinders in groot getalle; daaronder sal daar seker nog meer Kisehel’s wees!

5. U weet immers dat ek altyd net my grootste vreugde beleef aan die laagste moontlike posisie en dat ek altyd duisendmaal liewer gehoorsaam was, as wat ek aan iemand anders `n opdrag gegee het; verskoon my daarom dus van die amp!

6. Ja, as U dit goeddink, - so heel onopgemerk en stilletjies sou ek wel U heilige Naam wil verkondig; maar ek wil daarby deur niemand as belangrik beskou word nie!

7. Ek weet weliswaar van U dat selfs die deemoed dan ophou om `n eintlike deug te wees, as mens haar slegs vir haarself in ag neem, omdat mens homself dan vanuit `n sekere egoïsme meer behaaglik voel in die deemoed, - maar, U, o goeie Vader, U sien immers in my hart dat dit by my gladnie die geval is nie, maar dat ek slegs uit liefde en die allergrootste hoogagting vir U, deemoedig is en op grond daarvan ook baie graag al my broeders ten dienste wil staan, want slegs dit alles is my grootste vreugde! Verskoon my daarom van die amp; U Heilige Wil moet egter geskied, soos altyd, ook nou! Amen."

8. Die hoë Abedam vra hom nog eens: "Dus wil jy werklik geen leier wees omdat daar `n sekere aansien aan die amp kleef, wat jy onverbreeklik met die amp verbonde ag; sonder om daarby te bedink dat Ek miskien tog in staat sou wees om die aansien wat vir jou so lastig is, van die amp te skei nie?"

9. En die bekende Abedam gee ten antwoord: "Ja Heer en Vader Abedam, as dit moontlik is, dan mag U my tot leier van die tiers, hiënas, leeus, bere, wolwe, sivetkatte en vosse verkies en ek sal U volg tot aan die einde van die wêreld! As U my na die diepte van die see wil stuur, sal ek gaan en daar U Heilige Wil vervul, - as dit maar nie met aansien verbind sal wees nie!

10. Ek self, kan geen krag nóg mag nóg gesag gebruik nie, maar slegs U liefde in my hart; want as ek soos die ander krag, mag en gesag sou hê, wie sou my dan beskerm teen die aansien wat die amp met hom saambring?!

11. As ek egter in my diepste nederigheid net U liefde het, dan kan ek met die krag van U liefde in my elkeen dien in die saligste deemoed van my lewe!

12. As dit dus U Heilige Wil is, sou ek wel `n onopvallende leier in U heilige Naam wil wees. Amen."

13. En die hoë Abedam sê daarop vir hom: "Luister, Abedam, jou ingesteldheid is goed, en waardig om jou in My groot welgevalle te verheug; maar jou begrip van My ordening van die dinge staan nog baie ver agter by jou suiwer ingesteldheid. Want sien, daar kan tog immers geen amp in die ordening van die dinge wees wat nie met die vereiste mate van aansien verbind is nie; want sonder so `n aansien sou die amp geen amp wees nie, maar slegs `n onbeduidende opening vir teenspraak, waar iedereen liewer vir sy eie dwaasheid veg, as om die wysheid van sy broeder te volg.

14. As die amp egter gepaard gaan met die vereiste mate van aansien, wat uit die nodige krag, mag en gesag bestaan, dan sal die oortreder immers daardeur afgehou word om met die amp en met My ordening te spot en sal uiteindelik verplig word om die reëls van die amp aan te neem en dan minstens solank gedwing word om hierdie reëls na te lewe tot hy hierdie orde geheel sy eie gemaak het as `n riglyn vir sy eie lewe, sodat dit sy eie word en vlot en vaardig gehanteer word, asof dit uit homself voortkom.

15. Nou sien, My geliefde Abedam, dit kan die amp sonder `n korrekte mate van aansien nooit bewerkstellig nie!

16. As jy dus `n dienaar van My wil wees, dan moet jy My wil heeltemal aanneem en jou daarvolgens gedra en getrou handel en van jou wil mag daar niks anders bykom as dan slegs die wil tot gehoorsaamheid nie; en dit is die saad van die ware, innerlike deemoed.

17. Die aansien kleef tog seker nie aan die persoon wat die amp beklee nie, maar slegs aan die amp self en dit verteenwoordig niks anders as Myself in My Liefde, barmhartigheid en erbarming nie, as dit deur My beskik en bestem word met die een wat die amp moet uitoefen. Sou jy My dan die aansien van My gewydheid wil bestry?!

18. Daar sal weliswaar in die toekoms, wat die wêreldse sake aanbetref, nog heelwat verskillende ampte kom en die mense sal hulle tot die uiterste afsloof om so `n amp op die een of ander manier te bemagtig; hierdie ampte sal dan sekerlik nie van My uitgaan nie en al hulle krag, mag en gesag sal vir julle almal nog `n onbekende wêreldse mag wees!

19. Maar so is dit nie gesteld met die amp wat Ek jou hierby oplê nie! Die amp kry jy immers slegs as gevolg van jou groot deemoed; neem dit daarom dus aan soos alle ander dit aangeneem het en handel daarvolgens, dan sal jy werklik `n volkome lewe uit en in My lewe!

20. En ontvang dan ook My seën en wees daardeur `n ware, getroue en werklike leier van al die kinders in die aandland.

21. Vir wie jy in My Naam die hande oplê, dié sal soos jy `n leier van die broeders word met al die liefde en wysheid uit My.

22. Ontvang dus My seën en soos jy My Naam dra, sal jy ook voortaan My Woord dra, My Liefde, My Barmhartigheid en My Erbarming in alle krag, mag en gesag! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205