Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die verganklikheid van die dinge...`n misverstand.

132. Hierdie heilige woorde van Abedam bring Enos weliswaar volkome tot homself; maar toe hy in die rigting van die môre kyk en niks meer sien van die vanouds vertroude berg nie, was hy nog baie huiwerig. Noudat die omgewing totaal verander was, kon hy homself nie oriënteer nie en hy weet nie so goed wat daar met hom aan die gang was nie.

2. Hierdie ongewone aanblik van die omgewing was egter nie die enigste wat hom heimlik laat huiwer het nie. Deur die verskynsel word die ou gedagte aan die verganklikheid van alle dinge steeds lewendiger.

3. Dit was dus vir ons Enos nog `n aansienlike klip in die see van sy stormagtige lewe.

4. Maar omdat dit natuurlik vir die Hoë Abedam nie verborge kon wees nie, sê Hy dadelik aan hom:

5. "Enos, wat knaag daar aan jou siel? Sien, Ek is nog hier en het nie My mond gesluit nie! Weet jy dan nog nie dat slegs Ek in staat is om op iedere vraag `n lewensgetroue antwoord te gee nie en dit ook sal gee aan diegene wat My daarvoor vra nie?!

6. Maar Ek ken jou gemoed. Daarom wil Ek jou die vraag spaar en jou `n goeie antwoord gee op dit wat jou gereeld in jou hart besighou. En wat jy nou voor jou sien laat die gedagte in jou nog veel sterker en oortuigender opleef.

7. Sien, die verganklikheid van die geskape dinge bedruk jou, waardeur jy jouself voortdurend peinsend afvra: 'Wat sal daar eintlik met die liggaam gebeur as ek, gees en siel, dit eendag sal moet verlaat?

8. Waarom mag en kan die liggaam nie met die gees mooier gemaak en verheerlik word en deur en deur lewend vir altyd en ewig verenig bly nie?'

9. En noudat die berg plotseling tot niet gegaan het en jou die sekere verganklikheid nog meer voor oë gestel is, word die vraag waar jy altyd oor pieker, weer versterk. Daarom huiwer jy nou ook des te meer, namate jy meer en meer na die plek kyk waar Adam so pas eergistermôre die profetiese mening uitgespreek het, dat juis voor hierdie berg, waaroor hy as eerste mens van die aarde nou diepsugtend getreur en geween het, ook eens die laaste mens van die aarde sal treur en vergaan.

10. Ek is egter in die grootste volheid van My oneindige wysheid `n beter profeet as Adam, wat toe heeltemal verniet getreur het, wat baie dwaas was; en Ek sê jou dat, ten eerste, die toenmalige voorspelling van Adam so goed as heeltemal niksseggend was, en die vernaamste rede was waarom Ek by hierdie geleentheid ook `n einde gemaak het aan hierdie noodlottige berg en hiermee ook aan die nog meer fatale voorspelling van Adam!

11. Maar wat die vraag in jou gemoed betref, sê Ek jou ten tweede dat dit nog vele male nodeloser is as die voorspelling van Adam.

12. Hoe kan jy ook maar in die verste verte aan die gedagte kom dat die dinge verganklik is!

13. Glo jy dan dat `n ding vergaan omdat dit uit die bedrieglike sigbaarheid van jou fisiese oë verdwyn?!

14. O hoe sleg kan jy tog dink en sien! Alle dinge is immers niks anders as slegs My gedagtes, wat deur My liefde vasgehou word nie.

15. En die geeste is immers in vryheid gestelde idees van My liefde, waarom hulle dan ook almal `n vrye wil het en `n vry op homself staande lewe!

16. Wanneer ek nou een vasgehoue gedagte van My weer vrylaat, sê My: het dit daardeur dan werklik vergaan, as Ek hom van die vashoudende liefdesbande bevry het en hy nou weer opstyg in die groot kring van My geeste, wat in die vorm van vurige vlamme die hele oneindigheid vul?!

17. O, Ek sê vir jou: ook die eerste mosplantjie wat aan die eerste klip in die see op hierdie aarde ontspruit het, bestaan en leef selfs in hierdie groot kring van My, nog baie goed voort, - en die laaste mosplantjie van die aarde sal eens sy oer- oorgrootvadertjie broederlik lewend ontmoet!

18. So is ook hierdie berg slegs opgelos, maar nie vernietig nie, -

19. En nog minder sal dit eens gebeur met jou liggaam van die gees!

20. Maar soos wat dit nou is, kan dit op die lange duur nie bly bestaan nie; wel sal dit geleidelik aan die voleindigde gees gereinig teruggegee word, ewenwel nie meer in hierdie vorm nie, maar tog as `n ewig onvernietigbare geestelike kleed.

21. Daarom moet niemand ook misdaad en sonde bedryf met sy liggaam nie; want wie so iets doen, sal later in die gees ook met geskeurde klere gekleed gaan!

22. En so bestaan daar geen verganklikheid van dinge nie, maar dit kan wel opgelos word.

23. Begryp dit alles goed en wees volkome rustig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205