Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Oor die wese van die drievoudige verwekking. Die regte vleeslike verwekking.

133. Na hierdie onthulling was alle vaders, selfs Adam nie uitgesonderd nie, volledig tevrede gestel en keer, gehoor gewend aan die innerlike opdrag van Abedam, vol dankbaarheid terug na hulle vorige plek. Nou roep Abedam vir Mahalaleël na Hom toe en sê aan hom:

2. "Mahalaleël, weet jy nou alles wat vir jou en jou totale nageslag van nut sou wees?

3. Is daar vir jou niks meer onbekend nie, laat dan `n nuwe vraag maar liewer agterweë; maar as daar êrens nog iets duister is vir jou, kom dan nou vorendag daarmee, - want daar moet geen duistere kloof in julle harte agterbly nie! 

4. As jy dus iets weet en vind wat jou druk, spreek dit dan uit, soos reeds gesê! Amen."

5. Mahalaleël dink `n wyle na; want hy het wel `n goeie vraag, maar hy durf nie daarmee vorendag kom nie.

6. Abedam sien die opregtheid waarmee hy, Mahalaleël, niemand wil aantas nie, en veral nie die lieflike, jong Pura, wat haarself nog steeds naby Abedam bevind nie, en daarom sê Hy aan hom:

7. "Mahalaleël, Ek ken jou opregte hart; daarom sal Ek jou ook onthef van die stel van jou vraag en jou dadelik `n goeie antwoord gee op die stille vraag van jou gemoed. Luister dus net soos julle almal:

8. Wat die natuurlike verwekking betref, wat die mens die meeste met die diere in gemeen het, sê Ek julle dat dit in die algemeen nie verander kan word nie, maar wel in baie besondere, geestelik self onderskeidende gevalle. Want deur die liggaamlike verwekking as sodanig, word nóg die gees, nóg die siel verwek, maar slegs `n vleeslike liggaam, wat eers in totaal die moederliggaam gevorm moet word voordat dit tot die opname van die siel en hierdie dan weer tot opname van die gees in staat is; en so het alles sy goeie rede en bestaan in Sy goeie orde.

9. Die vlees verwek die vlees, die siel die siel, en die gees die gees!

10. Maar luister daarom hoe en waarom dit so is, ten einde dit te begryp:

11. Julle weet dat alles op die gebied van die geestelike, wat die enigste kragtige en eintlik substansieël wesenlike is, self slegs via die ooreenkomstige teenstelling kan manifesteer. Hierdie teenstelling is `n strewe van die eintlike hoofkrag, om homself teen te hou en sy innerlike drang te volg sodat hy daardeur self waarneembaar word vir homself.

12. Dink nou jou gees eens in! Waardeur manifesteer hy homself?

13. Sien, deur homself te verstaan, wat die liefde in die reinste sin van die woord is, oftewel die liefde tot My! As die gees homself nie vasgryp nie, sal hy homself nooit as iets selfstandig kan sien nie, maar sal hy steeds net `n deel van My oneindige algemene Gees bly, wat self nie van homself bewus is nie.

14. Dieselfde is ook die geval met die siel, wat in die algemene sin van die woord die totale vegetatiewe lewe van die totale natuurlike wêreld is. In haar algemeenheid vat sy haarself of kan haarself in tallose punte beetgryp, waar die dinge dan ook sigbaar begin te word, volgens die orde wat Ek in die algemene siel gelê het.

15. Maar tog is dit slegs `n stille, onbewustelike aandrang of verwekking van die siel deur die in haar bestaande orde, wat van My afkomstig is.

16. Die verwekking word slegs dan `n bewustelike proses, as alle deeltjies van die siel mekaar in haar geheel vasgryp en hulle innerlike drang volg, mekaar nader, om ten slotte so dig op mekaar gedruk te word dat sy ontbrand.

17. Omdat dit dan lig word in hulle midde, herken hulle mekaar en gryp mekaar vas, waardeur hulle een volledig op homself staande geheel vorm.

18. Hierdie verwekkingsdaad van die siel gebeur deur dit wat verstaan word onder die naasteliefde. So herken die mens die ander dan voortdurend deur die naasteliefde; wie die naasteliefde nie ken nie, ken ook nie sy broer nie.

19. Wel, na hierdie twee voorafgaande innerlike verwekkings kan dan ook die vlees homself verenig met sy teendeel, en kan dan sy innerlike drang volg, sodat die wetmatige proses homself voltrek.

20. Deur hierdie innerlike drang gaan die teenoorgesteldes na mekaar oor, verenig hulleself, en so word tussen twee uiterlik verskillende individue, `n na homself lykende bestaande medium gevorm. Na gelang dit by die geslagsdaad nader aan die een of die ander teendeel was, sal sy hoedanigheid ook met die een of met die ander teendeel ooreenkom volgens My orde, wat ook in die vlees geleë is, waarmee die korrekte selfliefde of liefde van die vlees bedoel word.

21. Sien, daarom is die vleeslike liefde en die doeltreffende verwekking ewe geregtig as die van die gees en van die siel, indien dit geskied volgens My vasgestelde ewig bestaande orde.

22. Maar gaan dit daarteen in, dan is dit geen verwekking van lewe nie, maar van die dood en daarom `n groot sonde, omdat die lewe van die siel en die gees selfs deur so `n verwekking ondergrawe en vernietig word.

23. Laat julle almal dit goed begryp en handel daarvolgens, dan sal al julle verwekkings regmatig en vir My welgevallig wees! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205