Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

`n Evangelie vir die kletsers en mooipraters.

134. Eers hierna kon Mahalaleël sy mond open en die volgende sê:

2. "O heilige, groot Waarheid, ewige Lig van alle lig, watter diepte, watter volheid van die heilige ordening is in U, aller liefdevolste Vader!

3. O, kon ek al hierdie dinge tog maar goed begryp het!

4. Maar, o liefdevolle, heilige Vader, my siel weet nie so goed raad daarmee nie!

5. Die gees verwek die gees, die siel verwek die siel en die vlees wederom die vlees!

6. En alles sodanig, dat die een bestaan in die ander en ook deur mekaar, en wel so, dat ook die een uit die ander voortkom en die een `n voorwaarde is vir die ander; die een is daar vir die ander.

7. Uit al die dinge bestaan die mens in sy voleinding en dit is die einddoel van al die geskapenes!

8. O Vader, hoe oneindig groot is U Wysheid! U spreek nooit een oorbodige woord nie, en elke woord uit U mond is in die hoogste volheid werklik waar.

9. Van dit alles is ek heel goed bewus en ek begryp die een en ander ook wel; maar ondanks dit alles moet ek helaas tog weer die droewige getuienis oor myself gee, dat ek van U vroeëre barmhartigheid so menige woord, - ek wil nie sê geheel en al nie, maar tog naastenby, - vir die grootste deel, nie bepaald onbegryplik was nie, maar tog in `n sekere sin duister was! Dit wil sê, wat die woord self betref, het ek wel elke woord presies begryp; maar agter die woord, - ek wil eintlik hier sê, dit wat U eintlik daarmee wou aandui, of beter gesê, met betrekking tot die innerlike sin daarvan, - sien, o liefdevolle, heilige Vader, dit is dit waaruit ek nie heeltemal wys kan word nie!

10. Ek weet maar al te goed dat dit enkel en alleen in myself lê; maar hierdie ietwat treurige wetenskap help my nie, omdat ek die binnekamers van die woord nog nie daarmee kan beskou nie!

11. Daarom wil ek U, o mees liefdevolle Vader vra, indien dit U mag behaag, dat U vir my ook in die agtergrond van U meer as heilige woorde, al is dit maar `n piepklein liggie sou wou aansteek; anders sien ek alles soos in die nagtelike duister!

12. Maar alleen as dit U behaag, - soos reeds gesê! Amen."

13. Abedam antwoord hom onmiddellik en sê: "Mahalaleël, waarom gebruik jy tog soveel woorde vir dit wat jy heel maklik met één woord kon sê en wel:

14. “Ek is blind, Vader; maak dat ek kan sien!”

15. Sien, dit was immers genoeg gewees; waaroor dan soveel leë gepraat, wat die eie blindheid meer verontskuldig as aankla?!

16. Maar Ek sê jou dat dit juis in jou fyn praatlus lê, dat jy geen lig agter My woorde kan sien nie.

17. Werp dit van jou af en word `n opregte, eerlike mens, sonder onnodige onderdanigheid, dan sal jy weldra legio sonne agter My woorde sien, wat alle binnekamers van My woorde geheel en al vir jou sal belig!

18. Want alle fynpraatjies is geurige offerrook vir die eie hart; maar wanneer die hart so in newels gehul is, wie se skuld is dit dan, wanneer selfs die helderste strale van die lig slegs dof deurskemerend tot die hart deurdring en nouliks die buitekant van die hart verlig, terwyl dit die binneste totaal onverlig laat?

19. Dus, soos gesê, weg met die fynpraatjies, dan sal die hart spoedig genoeg lig verkry!

20. Gaan maar na enige een en jy sal niemand vind wat daaroor kla dat My woorde duister is nie; ja, jy kan dit selfs aan die arme meisie uit die laagte vra en sy sal jou met weinig woorde laat weet of sy geen lig agter My woorde aangetref het nie!

21. Maar Ek dink dat My getuienis voldoende is en dit nie nodig sal wees om spesiaal te verduidelik of hulle waarvan Ek self getuig dat hulle My woord begryp het, dit inderdaad begryp het nie!

22. As jy egter afstand wil doen van jou fynpraatjies, dan sal jy in jou gees ook gewaarword van almal wat baie lig agter My woorde aangetref het!

23. Maar as jy, soos wat jy sê, begryp het dat die een verwekking `n voorwaarde is vir die ander en dat alles in mekaar en deur mekaar ontstaan en bestaan en ten slotte dat die volkome mens die lewende einddoel van alle dinge is wat heeltemal korrek is, - voeg dan nog `n regte hoeveelheid suiwer liefde daaraan toe, dan sal jy spoedig en maklik sien wat daar nog alles in die binnekamers van My woord verborge is.

24. Want die liefde is die sleutel waarmee iedereen die geslote kamers van My woord kan open.

25. Doen dit so, dan sal dit dadelik nie meer nodig wees om jou oor die nagtelike duisternis in die kamers van My woord in sulke mooi formuleringe te bekla nie!

26. Begryp dit, - en handel daarvolgens! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205