Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Pura en Jared. Pura se toegeneentheid en deemoed. Die oproep van die Heer tot die nagrus.

141. Daarop wend die hoë Abedam Homself tot Pura en vra aan haar: "Nou, My liewe dogtertjie, is jy nou tevrede met My reëling?"

2. En Pura antwoord, vervul met die allergrootste vreugde: "O meer as heilige Vader, hoe sou ek nou nie tevrede kan wees nie?!

3. Ek mag immers by U bly, by U, die enigste ware en allerbeste Vader! Hoe sou ek dan wel ontevrede kan wees?!

4. Dat die liewe Jared ook hier bly, verheug my ook buitengewoon; want hy moet immers ook `n ware goeie man wees, omdat U, liewe, heilige Vader, hom so liefhet en van hom getuig dat hy `n man geheel en al na U hart is!

5. O Jared, o Jared, hoe ongemeen, ja hoe onuitspreeklik gelukkig moet jy nou wees, dat jy uit die mees heilige mond van die almagtige groot God, ons liefdevolle Vader, mag verneem dat jy `n man geheel en al na Sy hart is!

6. O getuienis, o jy mees lewende getuienis! Uit die mond van God kom jy via `n mens, die volheid van die Ewige, allersaligste lewe in die skoot van die mees heilige Vader!

7. O ja, my Jared, ek het jou nou ook baie lief, omdat die heilige Vader jou so liefhet; kom hier, kom, en kom sit langs my, en verheug jou saam met my!

8. Nog nooit was `n geskape wese gelukkiger en saliger as wat ons nou is nie, omdat ons die mees heilige Vader in ons midde het en Hom na hartelus kan en mag liefhê!

9. Kom tog, kom tog, liewe, goeie man na die hart van die mees heilige Vader; want ek het jou immers ook lief!"

10. Maar Jared kon homself nie beweeg nie, ja selfs nie sy lippe nie, want sy vreugde was te groot! Daarom wend Pura haarself tot Abedam en sê aan Hom: "Maar sien tog, o liewe, heilige Vader, die vrome Jared wil my versoek nie opvolg nie!

11. Is hy dalk hardvogtig, omdat hy nie aan `n versoek wil gehoor gee nie?"

12. En Abedam antwoord haar: "O nee, My geliefde dogter, vir hierdie oomblik is sy geluk maar net al te groot en kan hy homself nouliks deur hierdie groot saligheid beweeg; gaan daarom na hom toe, en lei hom daarheen, waar jy hom graag wil hê!"

13. En Pura, effens in verleentheid, antwoord vir Abedam: "O liefdevolle, heilige Vader, U wil My nou weer `n bietjie op die proef stel!

14. O sien, ek weet baie goed dat dit absoluut nie gepas sal wees as ek, slegs `n swak meisie, `n man, en nog wel Jared, `n man na U hart, sou wil lei nie; want dan sou dit lyk asof ek my bo hom sou wil verhef!

15. O, laat dit ver van my wees! Want `n vrou moet hom immers altyd uit die grond van haar hart as meester erken, wat U haar tog duidelik en uitdruklik tot meester gegee het; en so kan hy my wel, as hy dit wil, stuur en lei, maar nie ek vir hom nie!

16. Is dit nie waar nie?! As U hom `n klein wenk sou wil gee, dan sal hy sekerlik hier na my sy toe kom!"

17. En Abedam sê daarop aan Pura: "Nou eers is jy `n volkome meisie, noudat jy met jou groot liefde ook die ware vroulike oorgawe en deemoed verenig het; maar roep nog eens vir Jared, dan sal hy onmiddellik aan jou versoek gehoor gee!"

18. En Pura volg die woorde van Abedam onmiddellik op en sê aan Jared: "Jared, wil jy dan nog nie gehoor gee aan my versoek nie?

19. Kyk, ek het reeds die mooiste plek vir jou berei hier; kom tog hier, sodat ek tussen jou en die mees heilige Vader is en wel soos Hy dit vroeër aan my beloof het! Want ek het jou tog ook baie lief; dit kan jy sekerlik van my aanneem!"

20. Eers nou volg Jared, hoogs gelukkig, die oproep van Pura, gaan langs haar sit en prys My in Sy hart vir so `n groot barmhartigheid.

21. Ook Pura was nou heeltemal tevrede en dank My hardop, waar Ek die wens van haar hart verhoor het.

22. Abedam sê egter aan almal: "Kindertjies, julle ledemate het moeg geword! Gaan dus rus, en slaap; maar bly steeds in die gees wakker!

23. En jy, My dogtertjie, gaan nou ook op die grond lê en slaap met `n wakker gees!

24. Ek sal oor julle almal waak en julle môre op die regte tyd wek.

25. En laat dit nou so gebeur, soos altyd! Amen. My seën is met julle almal! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205