Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die oggendmaal op Maandag. Die Heer leer aan die twaalf bodes skryf en lees en die broer van Lameg om metaal te bewerk. Henog se roeping tot hoëpriester. Die vermanings van die Heer, die seën en die afskeid van die kinders van die hoogte.

142. Net soos op die Sondag (Eerste dag) en op die Sabbat word ook op Maandag (Tweede dag) deur Abedam `n geseënde oggendmaal gebruik, wat Set ook nou weer versorg het.

2. Na die oggendmaal roep Abedam die bekende twaalf bodes na Hom toe, leer hulle om die woorde deur ooreenkomstige skriftekens met skerp griffels op kliptafels te skryf en dit dan ook dadelik te lees. Hy gebied hulle om dit ook aan al die ander broers te leer, miskien nie die skryf nie, maar ten minste tog wel die lees.

3. Daarna gebied Hy hulle ook om volgens die ingewing van hulle gees elke woord op te skryf wat deur Sy mond gespreek was, saam met dit alles wat die ander in Sy teenwoordigheid te sê gehad het, en dan moes dit alles bewaar word by die hoofstamvader vir latere tye.

4. Hierdie versameling moes dan die naam “Die Heilige Boek, of Die Oorloë van JaHWeH” kry; en die oorloë moes die laaste deel vorm.

5. So word die twaalf in `n kort tydjie toegerus; vervolgens gee Hy Jared die opdrag om saam met Hom op te staan en die meisie saam met Hom na Sy huis te begelei en gee tewens al die ander vaders die opdrag om Hom te volg na die huis van Jared en deels van Hom.

6. En elkeen staan op en volg Hom.

7. In Jared se huis sê Hy (Abedam) aan Pura: "Sien, My dogtertjie, hier is die goeie verblyf; want dit is My huis, omdat dit `n huis is van die suiwerste liefde wat daarin woon in Jared, Henog, Metusalag en My Lameg, wat waarlik so pas uit My hand een van My liewe dogters as vrou uit My hand verkry het, net soos sy broers, wat die mans is van haar susters, en wat geheel en al kuis is.

8. Jy sal dan ook hier bly tot jou gees volledig ryp is, omdat Ek jou dan sal wegroep van die aarde en jy die ryk van die ware, Ewige lewe sal binnegaan!"

9. Daarop wend Hy Homself tot Jared en sê aan hom: "Jy is `n wyse vader van Henog, Metusalag en Lameg, wees dit ook vir die kind, wat jy heeltemal regstreeks uit My hand ontvang! Wat jy derhalwe in My Naam vir hierdie dogter van My sal doen, dit sal ook volkome wees; maar sy sal geen man nader voordat Ek dit uitdruklik vir jou sal gee nie! Amen."

10. Daarop roep Hy die broer van Lameg na Hom toe, lei hulle vervolgens na hulle werkplek, wat daar op wonderbaarlike wyse gebou was deur Sy Almagtige Wil, en Hy toon hulle die ware erts in die berge, leer hulle vervolgens in kort bewoordings om dit te reinig in kolevuur en dit dan tot allerlei noodsaaklike gereedskap te smee en Hy seën die berg en die werk van hulle hande.

11. Hierna begeef Hy Homself weer na die huis van Jared en ontvang daar die twee teruggekeerde bodes, wat Sethlahem en Kisehel heet en Horadal op die Eerste Dag (Sondag) begelei het na die bestemde land vir hom en sy volk, wat tussen die môre en middernag geleë was. Hy ontbied ook hulle broer, rus hulle uit met Sy liefdeskrag en gee hulle die opdrag om na Hanoch in die laagte af te gaan.

12. Vervolgens ontbied Hy alle hoofpatriarge uit die vier streke na Hom toe en bind elkeen van hulle, vanuit Sy allergrootste Vaderliefde, met klem op die hart, dat hulle almal wat nou die leer verneem het, dit ten eerste getrou in hulle eie hart moes bewaar en dat hulle ook al hulle kinders daadwerklik in hierdie leer moes onderrig.

13. Toe ontbied Hy ook vir Henog en maak hom tot `n ware hoëpriester van Sy liefde, barmhartigheid en erbarming, en deel ook almal mee, dat hulle hulleself in alles tot Henog moes wend as hulle gees en die krag wat aan hulle verleen was, nie toereikend sou wees nie.

14. Ten slotte waarsku Hy almal teen die laagte en teen verdere betrekkinge met haar dogters; maar Hy gee hulle met hierdie waarskuwinge geen gebod nie, maar laat alles oor aan hulle vrye wil.

15. Teen die aand lei Hy hulle almal weer na die bekende hoogte en skryf daar die wet van die liefde nogmaals in hulle harte, seën hulle en laat almal ten slotte gaan, sodat hulle weer na hulle eie streek kon trek. Hy beveel Purista aan om trou te wees in haar taak en laat haar toe ook gaan. 

16. Aan die einde roep Hy die hoofstamvaders en Abedam, die ander een, nog na Hom toe en sê aan die vaders: "Kinders en broer van My liefde! My liefde bly in julle midde; dit is die blywende seën van die Vader en Hy by julle!

17. Jy, Abedam, gaan nou saam met My, waar Ek jou die aand ten tye van die voorsabbat aangetref het; maar julle ander begeef julle na julle wonings! Amen."

18. En almal begin te ween; maar die Hoë Abedam verlaat hulle skielik en word op die plek ook onsigbaar vir die bekende Abedam.

19. Hy keer egter vinnig terug en berig aan die vaders, hoe die Allerhoogste voor sy oë verdwyn het.

20. En Adam nooi hierdie Abedam in sy woning, en hy bly nog drie dae in die huis van Adam, Set en Jared, en trek toe nadenkend na sy eie streek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205