Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die aankoms van twee bodes. Adam en Abedam, die ander een, word in verleentheid gebring.

145. En Abedam antwoord daarop: "O ja, liewe broer Henog, ek begryp dit nou!

2. Slegs wat betref die bewaar van my vroeëre gesproke woorde tot aan die einde van tye, mag jy miskien wel gelyk hê in soverre, dat in God, selfs al ons gedagtes bewaar word en dus sekerlik ook my vroeëre woorde, ook al sou hulle dubbel so leeg wees, as dit tog al was; maar dat dit selfs op kliptafels opgeteken sal word, - dit sou tog `n bietjie te veel verlang wees!

3. Ek weet nog nie so presies wat jy daarmee wil sê nie; daarom kan dit nie in die minste skaad, as jy my `n paar woorde daaroor sou wil gee nie!"

4. En Henog antwoord hom en sê: "Ek sê vir jou in die Naam van die Heer: Nie net jou vroeëre woorde nie, maar ook elke woord wat jy nou gespreek het, sal op kliptafels opgeteken word! - Begryp jy dit nou?"

5. En Abedam antwoord weer: "Ja, nou is dit vir my duidelik; maar nou wil ek ook dadelik nie meer spreek nie, sodat nie nog meer van die leë gepraat uit my mond op die kliptafels te staan kom nie! -

6. Maar kyk, uit die rigting van die aand sien ek juis twee manne wat ons met `n vinnige pas nader; daardeur sal my tong sekerlik rus kry, maar dan kom daar des te meer werk vir my ore!

7. Dit gee my heimlik `n bietjie vreugde dat my voorspelling tog enigsins raak was, naamlik dat mens in die vroeë môre nie te vinnig moet jubel oor die wegbly van twisters nie! Want dit is sekerlik `n paar ware heethoofdiges, omdat hulle hulle voete so vinnig verplaas!

8. Maar nou geen woord verder meer nie; want hulle is byna hier!"

9. En die twee mans nader die vaders op die hoogte met vinnige pas en groet hulle hoogs eerbiedig!

10. Adam tree onmiddellik in sy amp as regter na vore met sy aangewende streng patriargale gesigsuitdrukking en vra hulle ook soos gewoonlik: "Watter geskil het julle hierheen gedryf?"

11. En een van die twee mans antwoord: "Vader Adam, hierdie keer sal jy van ons, waarskynlik wel geen antwoord op hierdie vraag uit ons hart ontvang nie! Daarom sal jy hierdie keer `n ander vraag moet stel; want vandag dryf geen strydvraag ons volstrek hierheen nie!"

12. By hierdie geleentheid merk Abedam by homself op: "Ek dink, ook ek het my voorspelling ietwat te vroeg geprys! O Heer, vergeef my my altyd groot dwaasheid!"

13. Na hierdie woorde van die onbekende voel Adam meteens uit sy rol en wis nie meer wat hy beide moes vra of wat hy anders met hulle moes bespreek of doen nie, en daarom roep hy Henog na hom toeen vra hom wat hy in die geval moes doen.

14. En Henog sê: "Niks...as net wag nie! Want het beide die een of ander rede waarom hulle na ons toe gekom het, dan sal hulle dit sondermeer nog vroeg genoeg aan ons te kenne gee; en het hulle geen ander rede as om ons te sien nie, dan sal hulle wel weer terugkeer, sodra hulle genoeg na ons gekyk het.

15. Daarom moet ons altyd onbekommerd wees oor die waarom van allerlei dinge, maar laat al ons sorg op Hom gerig wees, wat gister nog meer as gewyd in ons midde gewandel het!

16. Sien, alleen daaraan het ons almal behoefte; vir al die ander sal die mees liefdevolle, heilige Vader wel sorg!

17. Daarom, vader Adam, kan jy nou ook heel rustig wees en dus die ou, niksseggende amptelike vorm agterwëe laat! Want Hy het ons almal immers `n nuwe vorm gegee, naamlik die allerheerlikste vorm van die liefde; by haar en in haar sal en wil ons ook nou sowel as ewig bly! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205