Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die onbekende spreek woorde vol diep wysheid oor die doel van sy koms. Henog se vermoede.

146. Hierdie woorde van Henog bring Adam weer heeltemal tot rus; maar die onbekende wat reeds vroeër gespreek het, tree nou na Henog toe en sê aan hom:

2. "Henog, jou woorde geval My! Jy is `n waaragtige leraar en profeet; want jy predik die liefde.

3. Die liefde is ook die rede wat My en soos jy sien, nog `n broer hierheen gebring het.

4. Want ons wil nie redetwis in die teenwoordigheid van julle, wat met die Gees van die Liefde vervul is nie, maar juis die Gees van die Liefde wil ons in julle ondersoek en wel so asof dit vreemd vir ons was; en as ons haar deurgrond het, dan sal ons haar nie van julle afneem nie, maar in alle volheid behou, soos wat sy in julle is!

5. Sien, dit is die rede waarom ons hierheen gekom het! - Die son gaan immers ook op en onder, waardeur dag en nag op aarde ontstaan; maar in die son self, wat `n baie uitgestrekter wêreld is as die aarde, is geen nag nie, omdat die son geheel en al lig is. 

6. Dit blyk ook die geval te wees by die mens, as hy nie geheel en al deurvors is in sy liefde nie, dan lyk hy soos `n planeet, waarop dit nou eers dag en dan weer nag word.

7. Maar as hy in sy hart deurvors word, dan word sy hart soos `n son, en sal daar verder geen nag meer wees in sy siel nie!

8. So deurvors `n bruidegom immers ook sy bruid en sy dan weer die bruidegom; daardeur word hulle liefde steeds ligter, omdat hulle mekaar steeds beter ken en dan ook des te inniger liefhet.

9. En as hulle liefde dan voluit gloei, word hulle verenig, vir ewig geheel en al verlig, omdat hulle mekaar heeltemal ken en dan eers in die ken `n volledige welgevalle in mekaar vind.

10. Laat ons mekaar dus wedersyds ook so deurvors, sodat ons liefde `n volkome liefde sal word!"

11. Hier moedig Abedam vir Henog aan en sê: "Broer, watter leraar sal ek eintlik wees in my geboortestreek as daar sulke buitengewone wyse mans is?!

12. Want, staan my toe, in vergelyking met hulle, byt ons beide immers alweer in die stof! Nee, dit is onbegryplik vir my, waar hulle sulke wysheid vandaan kry!"

13. Maar Henog sê: "Abedam, wees rustig; want daar sal nog iets onbegrypliker tevoorskyn kom! Want hierdie twee mans geval my uitermate goed! - Begryp jy dit?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205