Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die hardnekkige vreemdeling. Henog se goeie ontwykende antwoord. Die teenvraag van die vreemdeling en Henog se nuwe verleentheid.

148. Toe die Vreemdeling reeds geruime tyd gewag het en nog steeds geen antwoord gekry het nie, wend Hy Homself weer tot Henog en vra hom: "Henog, swyg jy, omdat jy My geen antwoord waardig ag nie? Wil jy My geen ja of nee gee nie? Of het jy miskien in jouself nog steeds geen oplossing gevind nie?

2. Ek versoek jou daarom om My `n antwoord te gee of my op een of ander wyse uitsluitsel te gee; want ek staan daarop dat dit tussen my en hierdie broer totaal lig word!"

3. Nou dink Henog nie lank meer na nie, maar sê aan die vreemdeling: "Luister, liewe broer, jou en jou broer se vraag is van `n dusdanige aard, dat daar nie eintlik veel daarop te sê is nie! Want eintlik is jou stelling net so waar en korrek as die van jou broer, en eintlik sê die een dieselfde as die ander; slegs die woorde is anders. So sien ek dit; maar omdat daar vir jou sprake is van `n belangrike verskil, is dit vir my onmoontlik om die verskil tot `n verligtende middel te maak, omdat daar vir my heeltemal geen sprake is van `n verskil nie! Want `n gedwonge lewe is immers slegs `n skynlewe; en wat is `n skynlewe? Tog onmoontlik iets anders as `n skynbare beweging, wat eintlik heeltemal geen beweging is nie!

4. Wanneer byvoorbeeld tydens die nag `n gebroke wolk langs die maan trek, dan lyk dit vir ons oë dat die maan langs die wolke verbytrek; is hierdie skynbare beweging ook nou `n werklike?

5. Sekerlik nie! In die opsig is die maan dood; want nie sy nie, maar slegs die wolke beweeg hulleself.

6. Net soos `n dergelike beweging geen beweging is nie, maar suiwer stilstand, is ook `n gedwonge of geoordeelde lewe geen lewe nie, maar, ten opsigte van die ware lewe, `n totale dood.

7. Want wanneer iets wat nie leef nie, maar net saamgetrek word deur iets anders wat wel leef, soos ek byvoorbeeld my kleding met my lewende liggaam saam sleep, dan leef dit daarom nog nie, maar is dit sondermeer dood vergeleke met my lewe. Hoewel dit ook `n eie krag moet besit, sodat dit nie uiteenval of selfs geheel vergaan nie en my nie tot kleding kan dien nie!

8. Sien, dit is egter al wat ek jou as antwoord op jou vraag kan gee!

9. Maar wil jy beslis `n duidelike lig met die verskil kry, dan bly daar niks anders vir julle oor as om julle tot mekaar te wend of `n beter tyd af te wag nie; miskien kan ek dan meer lig werp op hierdie saak as nou!

10. Origens moet ek opmerk dat dit veel beter is om God uit alle mag lief te hê en jou broer meer as jouself, as om jou met dergelike wyshede besig te hou.

11. Doen dit, dan sal die verskil tussen, wat `n gedwonge sondige lewe is, of wat die dood is, julle nie so besighou nie; want alleen daardeur sal julle waaragtig lewend word!

12. Want wie die lewe het, is wel baie onverstandig, as hy homself besighou met wat van die dood is!

13. Handel julle nou soos julle wil; maar let goed hierop!"

14. En die Vreemdeling antwoord Henog daarop: "My liewe Henog, jy het weliswaar in één opsig glad nie ongelyk nie; maar as jy sê dat die lewende homself nie oor die dood moet bekommer nie, dan wil ek tog wel van jou weet wat jy daarmee bedoel?!

15. Sien, God is immers volledig lewend; maar ten opsigte van Hom is alle mense dood! Indien Hy Homself nou as die enige Lewende in Sy groot liefde, erbarming en wysheid nie sou bekommer oor die dooie mense, dus oor die algemene dood nie, hoe sou dit dan met die lewend word van die mense daaruit sien?

16. As ons egter `n ewebeeld van God is, dan weet ek in die geval, op grond van jou ware goeie leer, in alle erns nie hoe ek my as so `n goddelike ewebeeld moet beskou nie; want die lewendes het geen verlosser nodig nie, maar die dooies wel!

17. Sien, nou sit ons al weer met `n probleem!

18. Maak dit vir my duidelik en ek sal my met alles tevrede stel!"

19. Nou kyk Henog tog wel heel vreemd op; en Abedam sê:

20. "Dit word steeds duideliker: ons het daar ingeloop en niks anders nie! Ek wou al begin juig oor jou wyse leerstelling; maar hoe lyk ons nou weer?!

21. Nee, dit is `n sterk argument! Soos `n berg bo-op `n miershoop, wat alles vernietig!

22. Nee, oor so `n argument sou selfs `n aartsengel geen raad daarmee geweet het nie!

23. Broer, weet jy wat? Laat ons voor God en die wêreld maar mooi ons amp neerlê, dan sal dit sekerlik beter gaan met ons; want nog so `n saak sal ons almal ons bietjie lewe kos! Ja, ja, laat ons dit doen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205