Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die amp as `n verdeemoediging voor God en voor die wêreld. Henog spreek oor die verskil tussen die lewe in God en die lewe in die mens. Die vraag van die vreemdeling oor die verskil tussen skepsel en kind van God.

149. En Henog sê daarop aan Abedam: "Liewe broer, ek merk nou, hoe langer hoe meer, dat jy in die eerste woorde wat jy vandag tot vader Adam en tot my gerig het, tog niks ongelyk gehad het nie!

2. Maar ons ampte kan ons tog nie so maklik neerlê as wat jy dink nie! Want as ons vaders ons sou roep, dan sou ons dit wel sonder verdere omslag kan doen.

3. Maar sien, omdat die Almagtige, heilige Wil Self ons werklik geroep het, deur middel van Hom, wat dit behaag om jou naam te dra, kan ons ons ampte nie so maklik neerlê as wat jy dink nie! Want solank ons moet erken dat die Hoë Abedam die Heer God Sebaot Self was, moet ons ook onder alle omstandighede die las wat Hy op ons gelê het, gewillig en met liefde dra.

4. Want Hy het sekerlik nie die amp vir ons wêreldlike verheerliking gegee nie, maar vir ons altyddurende verdeemoediging teenoor Hom en ook teenoor die wêreld!

5. Maar erken ons of sou ons veeleer kan erken, dat die Hoë Abedam nie Die Een was waarvoor Hy Homself deur woord en daad uitgegee het nie, dan sal ek ook die eerste wees wat jou raad sal opvolg!

6. Maar ek glo dat dit nie so maklik te doen is nie. Want wie kan so praat soos Hy gepraat het en wie kan sulke dade verrig soos wat Hy voor ons oë verrig het?! Wie het ooit so `n liefde in `n mens ontdek, en wie het ooit in die nabyheid van `n mens so `n verrukking ondervind as wat ons almal in Sy teenwoordigheid ondergaan het?!

7. Sien, om sulke maar al te oorweldigende redes, kan ons dan ook onmoontlik anders as om te glo, dat Hy dit was, soos Hy Self getrou aan ons almal te kenne gegee het.

8. Maar omdat ons dit dus moet glo, moet ons tog ook in alle liefde, dankbaarheid, geduld en sagmoedigheid en groot deemoed die las dra, wat Hy ons Self opgelê het!

9. Maar beide van ons kan daarvan verseker wees, dat Hy dit sekerlik nie gedoen het om ons tot `n val te bring nie!

10. Daarom moet jy ook nie glo dat Hy ons in die steek gelaat het nie, maar Hy wil dit so hê en daarom sal dit ook goed wees, omdat Hy dit so wil hê! Dit sal nie tot ons nadeel strek nie, maar ons sekerlik net tot voordeel strek; en daarom bly ons ook in Sy mees heilige Naam waartoe Hy ons geroep het! Amen."

11. En Abedam stem heeltemal in met hierdie woorde van Henog en sê: "Ja, ja, liewe broer, ek kan sien, dink en spreek wat ek maar wil, daar bly ten slotte vir my niks anders oor as om my so te gedra soos jy tereg gesê het nie; want iets verstandiger sou ek my hele lewe nie oor my lippe gebring het nie

12. Ek glo nou ook vas, dat Hy aan diegene, aan wie Hy `n amp gegee het, ook sekerlik nie die verstand sal weier of weerhou nie!

13. Maar sien, die vreemdelinge wag op `n antwoord van jou; skeep hulle tog net af, en sê wat jou ook maar te binne skiet! Praat hulle gewoon omver, sodat hulle dan vir die woorde so sat word dat hulle ons so spoedig moontlik weer sal verlaat; want dit lyk vir my na `n paar uitgelese vasbyters!

14. Sien daarom dat ons so vinnig as moontlik van hulle ontslae raak!"

15. En Henog wend homself daarop tot die vreemdeling en sê aan Hom: "Luister, liewe broer, jou opmerking is so reg en goed en waar, dat niks daarteen in te bring is nie, - slegs skyn dit hier nie so heeltemal toepaslik te wees nie; want daar is tog wel `n oneindige groot verskil tussen ons lewe en die lewe in God!

16. Ons lewe sal selfs in die mees volkome toestand `n afhanklike lewe bly, terwyl die mees heilige, mees volkome lewe in God ewig vry en totaal onafhanklik is. Soos wat ons dit sien, bestaan daar vir God geen dood nie, maar voor Hom is alles deur Sy wil bepaal, net soos die lewe, so ook die oordeel of die dood.

17. Voor God leef alles; voor God kan geen oordeel bestaan nie, maar alleen Sy Ewige orde, wat Hy Self is, vry vanuit Homself.

18. Maar alle skepsels bestaan as gevolg van hierdie vrye orde in Hom, bepaal deur die omstandighede van hierdie vrye orde.

19. Dus kan ons, as Sy skepsels, ons gekondisioneerde omstandighede immers nie op Hom oorbring nie en onsself nie met Hom op dieselfde hoogte stel daardeur nie!

20. En so kan die Skepper wel vir alle omstandighede van Sy skepsels sorg, maar ons doen voldoende as ons maar net Sy heilige wil vervul.

21. Die son gaan op en onder en bring ons die dag; kan ons dit verander?! Of die son dit doen deur die oordeel of deur `n vrye, lewende wil, waarom moet dit vir ons `n las wees; want ons weet immers tog dat sy slegs die weg kan gaan wat Sy orde vir haar vasgestel het!

22. En so is dit ook min of meer met ons mense. Ons kan weliswaar vry op die aardbodem rondloop, maar niemand kan die aardbodem verlaat en homself vry verhef na die wolke aan die hemel nie!

23. Daarom dink ek dat julle dit by my vorige uitspraak moet laat en nie weer met `n nuwe redenasie moet kom nie! Dit moet julle goed in ag neem!"

24. En die Vreemdeling antwoord: "Liewe Henog, jy het baie goed gespreek, en Ek sal dit aanvaar; maar nou sou Ek nog graag die verskil tussen skepsels en die kinders van God wil leer ken!

25. As daar geen verskil is nie, dan het jy volkome gelyk; as daar egter wel één is, dan sal jy bereid moet wees om jou woorde weer terug te trek of dit vinnig reg te stel!

26. Laat My dit weet, anders gee Ek jou geen rus nie!"

27. Hier staan Henog nog meer verstom. Abedam sê egter: "O geduld, verlaat my nou nie!

28. Wanneer hy met nog so `n opmerking kom, dan kry hy met my te doen! Waarlik, ek sal hom oor alle berge heen praat! Hy sal nog lank oor dergelike woorde uit my mond nadink!

29. Broer Henog; nou moet jy tog antwoord! Maar laat dan die geveg aan my oor, as hy miskien met nog so `n opmerking mag kom!

30. My betoog sal hom sekerlik oor alle berge dryf! - Broer, jy begryp my tog goed?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205