Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die deemoediging van die eiewyse Abedam deur die vreemdeling.

150. Nou wend die Vreemdeling Homself egter tot Abedam en sê: "Broer en vriend Abedam, as My beslis belangrike redenasie jou so erg in die war bring en jy My met `n volgende selfs oor alle berge heen wil wegpraat, sien, dit kan jy immers noual doen; en as jou vermeende oorwinning dan slaag, dan het jy Henog en jouself immers vir alle verdere kommentare van die lewe en die Liefde behoed!

2. Ek meen egter, as die lewe geen kinderspel is nie, maar `n saak van groot erns, dan kan soortgelyke vrae tog wel van groter belang wees as jou behaaglikheid.

3. Origsins het Ek jou nog met geen enkele vraag lastig geval nie; waarom wil jy dan blaas, terwyl jy jou tog glad nie gebrand het nie?!

4. Maar soos wat gesê is, as jy sin het daarin om My in `n hoek te dryf, begin dan maar onmiddellik, en aan die end sal blyk wie hier as oorwinnaar uit die stryd kom!

5. Ek is egter daarvan oortuig dat jy in hierdie stryd verreweg aan die kortste end sal trek!

6. Let dus op jouself, as jy wel nog sin mag hê om jou met My in `n woordestryd te begeef!

7. My wysheid bring jou van stryk, omdat dit die van jou oortref, en in die besonder nou, omdat jy van mening is om deur die aanwesigheid van JaHWeH, aan Wie se Sy jy voortdurend was, en die Wysheid gewoonweg met die paplepel na jou toe gekom het, en al jou broers in die aand daarom dommer moet wees as jy, sodat jy hulle jou groot oormaat aan wysheid eers goed kan laat voel.

8. Maar weet jy nie en het jy nie gehoor nie, dat alleen die liefde, die geduld, die deemoed en die sagmoedigheid die enigste basis is van alle Wysheid nie?!

9. Kan jy nou wel sê dat dit in jou is, as jy jou vir My vererg, en dit om geen enkele ander rede as dat jy My as diepsinniger en wyser aansien as jouself nie?!

10. Ja, oor die rede wil jy selfs vir God, die Ewige Trou en Waarheid, van `n afwysing beskuldig!

11. Abedam, sien, kyk eers in jou hart! Hoe moet dit daarmee gesteld wees, dat jy Hom vandag reeds kan verloën, van wie jy gister nog die grootste, wonderbaarlikste weldade ontvang het?!

12. Het die Hoë Abedam nie meer van jou verdien, as dat jy Hom nou wil verloën en jy My liefdeloos oor alle berge wil wegpraat uit pure naywer oor My wysheid nie?!

13. O, hoe sleg het jy die woorde van Abedam begryp!

14. Wanneer het Hy dan wel iemand aanbeveel om afgunstig te wees op Wysheid?

15. Hoe kan jy egter ooit aanspraak maak op die ware Wysheid, as jou hart vol ergernis is?!

16. Reinig daarom eers jou hart en dan sal blyk vir hoeveel Wysheid daarin plek sal wees!

17. Begryp jy dit? - Ek sê egter vir jou: Begryp dit of stry met My! Want Ek is volkome opgewasse teen jou krag; want Ek ken jou en die Hoë Abedam beter as jy!"

18. Hierdie woorde neem Abedam so ernstig ter harte, dat Hy van groot berou begin huil, en Hy bid die vreemde broer om vergewing en vra hom ten slotte:

19. "Broer, omdat jy My in alle wysheid duisendvoudig oortref, dit wat ek nou duidelik uit jou waaragtig ware suiwer hemelse vermaning verneem het en omdat jy ook uit die aand afkomstig is, word my helper en plaasvervanger! Want wat moet ek doen vanuit my groot dwaasheid?!

20. Die hoë Abedam het my `n dergelike amp beslis net as beproewing van my deemoed opgelê, wat ek nou des te duideliker insien; daarom sal dit wel goed wees dat jy my plaasvervanger word!"

21. Maar die vreemdeling antwoord hom: "Dink jy dan dat die hoë Abedam `n sogenaamde grap met jou wou gemaak het? - O, dan het jy Hom sleg geken en begryp!

22. Sien, van hom wat Hy geroep het, het Hy ook sekerlik voorsien waarom Hy hom geroep het! Maar Hy werp daarom nie die Wysheid in `n geroepene se skoot nie, maar dit moet elke geroepene self gaandeweg sy eie maak, en daarom het Hy hom die weg deur baie duisende woorde getoon en derhalwe getrou uitgestippel.

23. Bly jy daarom waartoe jy geroep was, en bewandel die uitgestippelde weg; dan sal jy jou verleende amp ook totaal magtig word! - Dit moet jy goed begryp en daarvolgens handel!"

24. Hierdie woorde rol soos hewige donderslae deur Abedam se siel en Henog en al die vaders verbaas hulleself oor die groot wysheid van die vreemdeling.

25. Adam sê daarop aan Set en ook aan die ander: "Waarlik, ek moet beken, die wysheid van hierdie vreemdeling is groot!

26. As hy uit die môre gekom het, sou ek gedink het dat die vlam van Purista reeds agter hom is; maar uit die aand verwag jy nie so-iets nie!"

27. En die Vreemdeling antwoord Adam daarop: "Wat sê jy nou? Het Asmahaël dan nie op die voorsabbat uit die diepte na julle toe gekom nie?! Waarom sou daar dan nie ook `n wyse broer in die aand kan wees nie?!

28. Sien, dit is `n foutiewe beoordeling van jou!" En Adam weet nie wat om daarop te sê nie.

29. Die vreemdeling wend Homself daarop tot Henog en versoek hom vir die oplossing van Sy vraag; maar Henog versoek die vreemdeling om hom eers Sy eie mening daaroor mee te deel, en dan eers sou Hy met 'ja' en sekerlik nie met 'nee' antwoord.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205