Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se tweegesprek met die ander vreemdeling. Henog en Adam in `n kritiese situasie.

154. Hierdie woorde delf diep in Henog se hart in en hy oordink elke woord van Abedam in sy hart, maar meer nog dit van die vreemdeling.

2. Maar al die oorweging was hierdie keer tevergeefs; want hy, wat Ek as hoëpriester aangestel het, moes ook `n swaarder proef ondergaan as die ander.

3. Terwyl die vreemdeling iets heeltemal onopvallend met Abedam bespreek, benut Henog die geleentheid om na die ander vreemdeling te gaan om raad by hom te verkry. Wie was die onbekende spreker tog en waar het hy sulke suiwer goddelike wysheid verkry, en wat was sy naam?

4. Maar die ander vreemdeling antwoord Henog: "Hoe kan jy my daarna vra?

5. Ek is immers net `n teëparty vir hom, en ook jy weet dat volgens ou gebruik die teëparty so lank moet swyg as wat die ander die woord voer; en as die ander hom oortuigend aangetoon het dat sy woorde, dit wil sê die van die teëparty, onwaar is, dan het hy hom daarmee ook sy tong gebind en verder elke reg tot spraak ontneem!  

6. Sien, dit het my teëstander met my gedoen; vandaar dat ek volgens die ou gewoonte sonder sy toestemming ook in die geheel geen meer reg het, oor wat dan ook, wat hom betref, hier `n uitspraak te maak nie en wel die allerminste teenoor jou, die huidige hoëpriester van die Heer!

7. Dit was ook nooit die gewoonte gewees dat die strydendes verplig was om hulle name te vermeld nie, om partydigheid te voorkom.

8. Ja, nog altyd moes die strydendes daarom selfs hulle gelaat verskuil en moes selfs met gebroke eentonige stem hulle saak voorlê!

9. Ja, in die laaste tyd mag albei nie eens meer gepraat het nie, maar slegs een van twee moes ook die saak van sy teëstander voordra, sodat die strydendes so onbekend moontlik gebly het en daar des te beter `n oordeel oor hulle gevel kon word, sonder vooroordele!

10. Maar hoe is dit dan nou met hierdie orde gesteld, noudat jy my, die teëstander wat moet swyg, self uitnooi om te spreek, terwyl jy as opperregter my sou moet straf, as ek jou maar net gevra het om ook maar één woord te mag spreek?!

11. Sien, om hierdie ou rede kan en mag ek jou immers nie antwoord nie!

12. Want ofskoon my teëstander veel wyser is as ek, is ek tog ook so skrander dat ek my nie in hierdie val sal laat lok nie!

13. Maar wat ek nou gesê het, moes ek wel sê, want dit is ook `n ou gebruik dat die verskoningsreg elkeen toekom!

14. Betoon daarom medelye met my! En as jy wel `n nuwe orde invoer, deel dit dan vooraf aan die hele volk mee, sodat hulle dan daarmee rekening kan hou vir die geskilledag!"

15. Na hierdie woorde van verontskuldiging wis Henog gladnie meer wat hy moes doen nie en gaan daarom na Adam en vra hom om raad.

16. Maar hy antwoord hom: "Waarom is jy so eiewys? Dit pas tog nie by `n ware regter nie!

17. Besleg jy maar die stryd, - en as dit beëindig is, dan is dit tog voldoende?

18. Die groot wysheid van die een is wel verbasingwekkend, en die streng onderhouding van die ander aan die wette, nie minder nie, daardeur is hy, altans vir my, `n man van die ou stempel. -

19. Maar waarom raak jy onseker? Die Heer Self het jou tog tot vernaamste leraar en priester van die hele volk gemaak! Bly daarby en laat staan die ander dinge wat jou vandag niks aangaan nie!

20. Die stryd is besleg; wat wil jy nog meer?

21. As die aandbewoner Abedam sy landgenoot vroeër herken het as jy, moet jy jou daaroor bekommer? Rus nou, en gee God die eer; dit is al wat ek jou kan aanraai."

22. Hierdie woorde van Adam kalmeer Henog wel ten dele, maar desondanks gaan die woorde van die vreemdeling tog nie uit sy hart nie, en die van Abedam ook nie. En daarom spreek hy Adam weer aan en sê:

23. "Vader, jy het weliswaar in één opsig gelyk; maar die vreemdeling het my uitdruklik gesê dat ek Sy spys aan alle hongeriges moet voorsit! Wat moet ek dan doen? Want as die vreemdeling maar net `n gewone stryder was, hoe kon hy dit dan van my verlang?! 

24. Daarom is waarlik goeie raad `n bietjie skaars hier! Want vir ootmoed is hy te wys; vanuit watter mag doen hy dan so iets?!"

25. Hier begin Adam homself weer te verbaas en sê ten slotte aan Henog: "Ja, daarin het jy wel weer gelyk!

26. Tog dink ek dat rus dit alles weer in orde sal bring! Wil hy deur jou en ons almal herken word, dan sal hy homself ook laat herken, as iets vir hom daaraan geleë is; so nie, dan gee ons God die eer, - en al die res sal volgens God se orde verloop!

27. Wel, laat ons daarby bly; die wil van die Heer geskied! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205